Bybele Beginsels
Study 9: Die Oorwinning Van Jesus
Die Oorwinning Van Jesus | Die Bloed Van Jesus | 'N Offerande Vir Ons En Homself | Jesus As Ons Verteenwoordiger | Jesus En Die Wet Van Moses | Die Sabbat | Inset (Die Kruis, Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?) | Vrae

9.6 Die Sabbat

Een van die "Christen" gebruike van vandag, en dit sluit aan by die Wet van Moses, is die dat die Sabbat gehou moet word. Sommige groepe beweer dat ons die Joodse Sabbat presies moet hou soos die Wet van Moses dit definieer. Baie ander glo dat Christene 'n spesifieke dag van die week behoort te hÍ waarop hulle God moet aanbid Ė en hulle doen dit op 'n Sondag.

Die eerste punt wat onthou moet word is dat die Sabbat die laaste dag van die week was toe God na ses dae van die skepping gerus het (Eksodus 20:10,11). Sondag is die eerste dag van die week en dit sal dus nie korrek wees om dit as die Sabbat te hou nie. Die Sabbat was spesifiek "gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig" (EsegiŽl 20:12). As sulks was dit nooit bedoel om bindend te wees op nie-Jode nie.

Die vroeŽ Christene wat weer die Wet wou onderhou, word deur Paulus as volg vermaan : - " maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae (byvoorbeeld die Sabbat) en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het" (GalasiŽrs 4:9-11).

Dit is hoe ernstig dit is om die Sabbat te probeer hou om jou saligheid te bekom. Dit is duidelik dat die hou van die Sabbat irrelevant tot saligheid is :- "Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God" (Romeine 14:5,6).

Om hierdie rede is dit te verstane dat ons nie lees dat die vroeŽ gelowiges die Sabbat gehou het nie. Inteendeel, dit word duidelik gestel dat hulle op "die eerste dag van die week",

met ander woorde Sondag, saamgekom en brood gebreek het (Handelinge 20:7). Dit was 'n wyd verspreide praktyk aangesien Paulus die gelowiges in Korinthe laat weet het om kollekte op te neem "op die eerste dag van die week" (1 KorinthiŽrs 16:2), met ander woorde, die dag waarop hulle gereeld vergader het.

Alle gelowiges word as priesters beskou (1 Petrus 2:9) Ė die priesters in die Ou Testament hoef nie die Sabbat te gehou het nie (MattheŁs 12:5). As ons die Sabbat wil hou moet ons dit behoorlik doen Ė ons het vroeŽr gewys dat dit nutteloos is om die Wet van Moses gedeeltelik te hou aangesien dit tot ons veroordeling lei (GalasiŽrs 3:10; Jakobus 2:10). Saligheid is deur die wet van Jesus te onderhou Ė nie deur die wet van Moses nie. Israel was nie toegelaat om enige werk op die Sabbat te doen nie :-

" Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 'n heiligheid, 'n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word. Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie" (Eksodus 35:2,3).

"Toe sÍ hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: MŰre is dit rusdag, 'n heilige sabbat van die HERE. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bÍre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die mŰre toe" (Eksodus 16:23).

Hulle was dus verbied om kos op die Sabbat voor te berei. In Numeri 15:32 Ė 36 lees ons van 'n man wat gestraf is met die dood omdat hy hout bymekaar gemaak het op die Sabbat (heel waarskynlik om vuur te maak om kos gaar te maak).

Die denominasies wat leer dat die hou van die Sabbat bindend op hul lede is, behoort dus vir die wat die wet verbreek met die dood te straf. Daar moet ook geen kook van kos of die gebruik van energie in enige vorm wees nie.

Ortodokse Jode van vandag stel 'n voorbeeld van die soort gedrag wat op 'n Sabbat verwag word; hulle bly die hele dag binnehuis behalwe vir godsdienstige redes en is nie persoonlik betrokke by kos voorbereiding nie. Hulle reis ook nie. Meeste 'Christene' wat daarop aanspraak maak dat hulle die Sabbat hou skiet ver tekort m.b.t. die Jode se voorbeeld.

Dit word dikwels gesÍ dat die Sabbat een van die tien gebooie is wat aan Moses gegee was en dat, alhoewel die res van die wet mee weggedoen is, die tien gebooie nog gehou moet word. Die Sewendedagse Adventiste onderskei tussen die 'morele wet' van die tien gebooie en die sogenaamde 'seremonieŽle wet' wat hulle glo weg mee gedoen is. Hierdie onderskeid word nie in die Bybel geleer nie. Dit kan gewys word dat die tien gebooie (insluitend die Sabbat) deel was van die ou verbond wat Christus weg mee gedoen het.

- Deuteronomium 4:13 sÍ " Toe het Hy (God) aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe" Dit moet weer daarop gelet word dat hierdie verbond, gegrond op die tien gebooie, tussen God en Israel gemaak was, en nie die nie-Jode van vandag nie.

- Moses het die berg Horeb bestyg om die twee tafels waarop die tien gebooie geskryf was, te ontvang. Later sÍ Moses die volgende hieroor: " Die HERE onse God het by Horeb met ons 'n verbond gesluit " (Deuteronomium 5:2), m.a.w. deur daardie 10 gebooie.

- Dit was in hierdie tyd dat God " op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe (het)" (Eksodus 34:28). In hierdie selfde verbond was besonderhede ingesluit oor die sogenaamde "seremonieŽle" wet (Eksodus 34:27). As ons redeneer dat dit nodig is om die verbond wat in die tien gebooie is, te hou, dan moet ons elke detail van die hele Wet onderhou, aangesien dit alles deel is van dieselfde verbond. Dit is natuurlik onmoontlik om dit te kan doen.

- In HebreŽrs 9:4 lees ons van "die tafels van die verbond". Die tien gebooie was op hierdie tafels van klip geskryf wat die "ou verbond" uitgemaak het.

- Paulus verwys na hierdie verbond as "geskryf op klip", met ander woorde op die tafels van klip. Hy noem dit "Ö die bediening van die dood,ÖÖ die bediening wat veroordeel,ÖÖ. wat moes vergaan,Ö." (2 KorinthiŽrs 3:7-11). Die verbond wat met die tien gebooie geassosieer word, kan sekerlik geen hoop op saligheid gee nie.

- Net een van die tien gebooie word "die wet" in Romeine 7:7 genoem : "want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesÍ het: Jy mag nie begeer nieÖ."

Die voorafgaande verse in Romeine 7:1-6 beklemtoon hoe die 'wet' mee weggedoen is met Christus se dood Ė die 'wet' sluit dus die tien gebooie in. Die gees van (beginsels agter) die tien gebooie bestaan nog maar die hou van rituele (soos bv. die Sabbat dag) het verval. Sodoende word die gees van nege (9) van die tien gebooie in die Nuwe Testament bevestig. Gebooie nommers 3,5,6,7,8 en 9 kan byvoorbeeld in 1 TimotheŁs 1 gevind word en gebooie nommers 1,2 en 10 in 1 KorinthiŽrs 5. Die vierde gebod (ten opsigte van die Sabbat) word egter nooit in die Nuwe Testament as verpligtend op ons genoem nie.

Die volgende lys versgedeeltes toon aan hoe die ander nege gebooie (maar nie die Sabbat nie) in die Nuwe Testament bevestig word :-

Eerste gebod - EfesiŽrs 4:6 ; 1 Johannes 5:21 ; MattheŁs 4:10

Tweede gebod - 1 KorinthiŽrs 10:14 ; Romeine 1:25

Derde gebod - Jakobus 5:12 ; MattheŁs 5:34, 35

Vyfde gebod - EfesiŽrs 6:1,2 ; Kolossense 3:20

Sesde gebod - 1 Johannes 3:15 ; MattheŁs 5:21

Sewende gebod - HebreŽrs 13:4 ; MattheŁs 5:27,28

Agste gebod - Romeine 2:21 ; EfesiŽrs 4:28

Negende gebod - Kolossense 3:9 ; EfesiŽrs 4:25; 2 TimotheŁs 3:3

Tiende gebod - EfesiŽrs 5:3 ; Kolossense 3:5.