Bybele Beginsels
Study 9: Die Oorwinning Van Jesus
Die Oorwinning Van Jesus | Die Bloed Van Jesus | 'N Offerande Vir Ons En Homself | Jesus As Ons Verteenwoordiger | Jesus En Die Wet Van Moses | Die Sabbat | Inset (Die Kruis, Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?) | Vrae

9.5 Jesus En Die Wet Van Moses

Jesus was die volmaakte offer vir sonde en is die ideale HoŽ Priester wat ware vergifnis vir ons verkry. Die ou sisteem van diere-offerandes en hoŽ priesters is dus na Jesus se dood mee weggedoen (HebreŽrs 10:5-14). " Want met verandering van die priesterskap (van die Leviete na Christus) kom daar noodsaaklik ook verandering van wet" (HebreŽrs 7:12).

Christus was " een wat dit geword het nie kragtens die wet van 'n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe" (HebreŽrs 7:16).

Dus " aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van 'n beter hoop waardeur ons tot God nader" (HebreŽrs 7:18,19).

Dit is duidelik hieruit dat die wet van Moses beŽindig is met Jesus se dood. Om op 'n menslike priesterskap of diere-offerandes te vertrou, beteken dat ons nie die volheid van Christus se oorwinning aanvaar nie. So 'n geloof beteken dat ons nie Jesus se offer as totaal suksesvol aanvaar nie, en dat ons voel dat werke nodig is om ons verlossing te bewerkstellig, eerder as 'n geloof in Christus alleen. " En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe" (GalasiŽrs 3:11 vergelyk Habakuk 2:4).

Ons eie pogings om aan die letter van God se wet gehoorsaam te wees sal ons nie regverdig nie; sekerlik het elke leser van hierdie woorde alreeds daardie wette oortree. As ons die wette van Moses wil onderhou moet ons probeer om alles daarvan te onderhou. Ongehoorsaamheid aan net 'n deel daarvan beteken veroordeling aan die wat onder die wet is :- "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie" (GalasiŽrs 3:10).

Die swakheid van ons menslike natuur beteken dat ons dit onmoontlik vind om die wet van Moses ten volle te onderhou. Ons is egter deur Christus se volkome gehoorsaamheid daaraan vrygespreek van enige verpligting om dit te hou. Ons redding is as gevolg van God se gawe deur Jesus, eerder as ons persoonlike werke van gehoorsaamheid. " Want God het - wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees - deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees," (Romeine 8:3). Dus sien ons : " Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word Ö" (GalasiŽrs 3:13).

As gevolg hiervan word daar nie meer van ons vereis om enige deel van die wet van Moses te onderhou nie. Ons het in Studie 3.4 gesien dat die nuwe verbond in Christus die ou verbond van Moses vervang het (HebreŽrs 8:13). Deur sy dood het Christus " die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim (het) deur dit aan die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus" (Kolossense 2:14-17).

Dit is baie duidelik - as gevolg van Jesus se dood aan die kruis was die wet uit die weg geruim sodat ons enige druk om enige dele daarvan te onderhou (bv. die Sabbat en feeste), kan weerstaan. Soos met die res van die wet was die doel hiervan om vooruit te wys na Christus. Na sy dood was hulle vervul en is daar dan nou geen rede om hulle te onderhou nie.

Die vroeŽ Christen kerk van die eerste eeu was onder konstante druk van die ortokose Jode om dele van die wet te onderhou. Dwarsdeur die Nuwe Testament is daar herhaaldelike waarskuwings om sodanige voorstelle te weerstaan. In die lig hiervan is dit merkwaardig dat daar vandag verskeie denominasies is wat gedeeltelike gehoorsaamheid van die wet voorhou. Ons het voorheen gewys dat enige poging om die wet van ouds te onderhou moet poog om die HELE wet te onderhou, anders word ons outomaties verdoem as gevolg van ongehoorsaamheid daaraan (GalasiŽrs 3:10).

Daar is 'n element in ons menslike natuur wat neig om te hou van die idee dat ons geregverdig kan word deur werke; ons hou daarvan om te voel dat ons iets doen met betrekking tot ons saligheid. Die gee van tiendes, herhaling van gebede, gebede in sekere posture, ens. is derhalwe gewild in sommige godsdienste.

Saligheid deur geloof in Christus alleen is 'n leerstelling uniek aan ware Bybel-gebaseerde Christendom. Waarskuwings teen die hou van enige gedeeltes van die wet van Moses ten einde saligheid te verkry is volop in die Nuwe Testament. Sommige het geleer dat Christene besny moes word volgens die wet van Moses; en so "die wet onderhou".

Jakobus ontken prontuit hierdie idee namens die ware gelowiges :-"Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sÍ dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, Ö. " (Handelinge 15:24).

Petrus spreek diegene wat geleer het dat die wet gehoorsaam moes word, as volg aan :- "Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te lÍ wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook" (Handelinge 15:10,11).

Onder inspirasie is die apostel Paulus net so uitgesproke en beklemtoon hy dieselfde punt oor en oor :-

"terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie" (GalasiŽrs 2:16),

"En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe" (GalasiŽrs 3:11),

"en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie" (Handelinge 13:39).

Dit is 'n duidelike teken van dwaling van baie gelowe dat baie van hulle gebruike gebaseer is op elemente van die wet van Moses - ten spyte van die leringe dat die wet nie onderhou moet word nie, aangesien dit deur Christus weggedoen is. Ons sal nou kyk na 'n paar voorbeelde van hoe die wet van Moses die basis vorm van hedendaagse "Christen" praktyke.

PRIESTERS:

Die Rooms Katolieke en die Anglikaanse kerke gebruik 'n stelsel van menslike priesters. Die Rooms Katolieke beskou die Pous as hulle ekwivalent van die Joodse hoŽ priester. Die Bybel verklaar egter :- ".. daar is een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus," (I TimotheŁs 2:5). Dit is dus onmoontlik dat die Pous of enige ander priesters ons middelaars kan wees op dieselfde basis as die priesters onder die ou verbond. Christus is nou ons HoŽ Priester in die hemel, en hy offer ons gebede aan God. Daar is absoluut geen Bybelse bewys dat die gesag van die geÔnspireerde apostels in die eerste eeu, Petrus byvoorbeeld, oorgedra was aan daaropvolgende geslagte of spesifiek die Pous nie.

Die gawes van die Heilige Gees is onttrek en alle gelowiges het gelyke toegang tot die Woord (sien Studies 2.2 en 2.4). Hulle is dus almal broers en geeneen het 'n meer geestelike verhewe posisie as 'n ander nie. Inderdaad, alle ware gelowiges is deel van 'n nuwe priesterskap omrede hulle in Christus gedoop is, en hulle nou die lig van God aan 'n wÍreld in duisternis voorhou (I Petrus 2:9). Hulle sal derhalwe koning-priesters in die Koninkryk, wat Jesus op aarde sal vestig met sy koms, wees (Openbaring 5:10).

Die Katolieke gebruik om hulle priesters "Vader" te noem (ĎPousí beteken ook Ďvaderí), is lynreg in teenstelling met Christus se woorde, " En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is" (MattheŁs 23:9). Jesus waarsku juis daarteen om enige medemens die tipe geestelike respek te toon wat deur moderne priesters vereis word :- "Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders" (MattheŁs 23:8).

Die swierige gewaad wat deur priesters, biskoppe ens. gedra word, se oorsprong is in die spesiale klere wat deur die priesters en die hoŽ priester onder die wet van Moses gedra was. Die klere het heengewys na die volmaakte karakter van Christus, en soos met die res van die wet is die doel daarvan nou vervul. Dit is tragies dat klerasie wat die glorie van Christus moes uitwys nou gedra word tot die glorie van die mans wat dit dra.

Die Katolieke idee dat Maria 'n priester is, is totaal verkeerd. Ons gebede is in Christus se naam, nie Maria s'n nie (Johannes 14:13,14; 15:16; 16:23-26). Christus is ons enigste HoŽ Priester, nie Maria nie. Jesus het Maria streng aangespreek toe sy hom wou oorhaal om dinge vir ander te doen (Johannes 2:2-4). God bring mense na Christus toe Ė nie Maria nie (Johannes 6:44).

TIENDES

Hierdie gebruik was ook deel van die Wet van Moses, waardeur die Jode 'n tiende van hulle goedere aan die priestelike stam van Levi gegee het (Numeri 18:21). Aangesien daar nou geen rituele priesterskap bestaan nie kan dit nie verpligtend wees om tiendes aan kerkleiers te betaal nie. Hier het een verkeerde idee (aangaande priesters) tot 'n ander verkeerde idee (tiendes) gelei. God self het nie ons offerandes nodig nie aangesien alles aan Hom behoort (Psalm 50:8-13). Ons gee net terug aan God wat Hy aan ons gegee het (1 Kronieke 29:14).

Dit is onmoontlik vir ons om ons redding te verkry as 'n resultaat van ons materieŽle offers (finansieŽle bydraes). In dankbaarheid teenoor God vir Sy gawe aan ons, behoort ons ons lewens op te offer Ė nie net 'n tiende van ons geld nie.

Paulus het 'n voorbeeld in hierdie verband gestel en werklik beoefen wat hy gepreek het: "Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer - dit is julle redelike godsdiens" (Romeine 12:1).

VLEIS

Die Joodse Wet het sekere vleissoorte as onrein geklassifiseer. Hierdie praktyk word vandag nog deur sekere denominasies beoefen Ė veral met betrekking tot varkvleis. Omdat Jesus " die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, "Ö..daarom, "laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie," (Kolossense 2:14-16).

Jesus het dit duidelik gestel dat niks wat 'n mens eet hom geestelik kan besmet nie. Dit wat uit die hart kom is wat 'n mens onrein maak (Markus 7:15-23). Sodoende verklaar Jesus dus alle voedsel as "rein" (Markus 7:19). Petrus word in Handelinge 10:14,15 dieselfde les geleer as Paulus in Romeine 14:14 :- "Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein."

Paulus redeneer vroŽr, in Romeine 14:1,2, dat dit 'n teken van geestelike swakheid is om sekere vleissoorte te weier. Ons houding teenoor kossoorte " bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie" (1 KorinthiŽrs 8:8).

Die grootste waarskuwing is dat die gebruik om sekere vleissoorte af te keur, sou kom van Christene wat dwaal :- " wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken" (1 TimotheŁs 4:3).