Bybele Beginsels
Study 9: Die Oorwinning Van Jesus
Die Oorwinning Van Jesus | Die Bloed Van Jesus | 'N Offerande Vir Ons En Homself | Jesus As Ons Verteenwoordiger | Jesus En Die Wet Van Moses | Die Sabbat | Inset (Die Kruis, Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?) | Vrae

9.4 Jesus As Ons Verteenwoordiger

Ons het gesien dat die offerande van diere nie heeltemal verteenwoordigend van die sondige mens was nie. Jesus was verteenwoordigend van ons, en moes " in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen" (Hebreërs 2:17). Dit gaan voort : "Hy het die dood vir elke mens gesmaak" (Hebreërs 2:9).

As ons sondig (bv. ons humeur verloor), kan God ons om Christus se onthalwe vergewe (Efesiërs 4:32). Dit is omdat God ons beskou asof ons "in" Jesus is, en dus deur Jesus se geregtigheid bedek is. God kan ons dus genadig wees omdat Jesus ons sondelose verteenwoordiger is. As Jesus God was, eerder as 'n mens met 'n totale menslike natuur, kon hy nie ons verteenwoordiger wees nie. Hierdie is nog 'n voorbeeld van waar een verkeerde idee na 'n ander lei. As gevolg hiervan het teoloë baie ingewikkelde verklarings ontwikkel om Jesus se dood te verduidelik.

Die algemene siening van die afvallige Christendom is dat die mens se sonde hom by God in 'n posisie van skuld geplaas het wat hy nie kan betaal nie. Christus het toe deur sy dood aan die kruis hierdie skuld betaal.Menige Evangelis het dit al as volg uitgedruk: "Dit was asof ons almal teen die muur aangetree was, gereed om deur die duiwel geskiet te word. Jesus storm toe in; die duiwel skiet hom toe in plaas van vir ons en ons is nou vry."

Hierdie uitgebreide teorieë is sonder enige grondige Bybelse ondersteuning. Daar is ook 'n ooglopende teenstrydigheid - as Jesus namens ons gesterf het, behoort ons nie te sterf nie. Aangesien ons steeds menslike natuur het moet ons nog sterf; redding van die sonde en die dood sal eers finaal by die oordeelsdag verkry word as ons onsterflikheid verkry. Ons het dit nie verkry ten tye van Jesus se dood nie. Die Bybel leer dat redding moontlik is deur Jesus se dood EN opstanding - nie net deur sy dood nie. Christus het vir ons gesterf - eenmalig. Die teorie van plaasvervanging sou beteken dat hy vir elkeen van ons persoonlik moes sterf.

As Christus 'n skuld betaal het met sy bloed, word ons redding iets wat ons as ons reg kan eis. Die feit dat saligheid 'n gawe is wat deur God se genade en vergifnis te weeg gebring word, word uit die oog verloor as ons Jesus se offer as 'n skuldbetaling beskou. Dit blyk dan asof 'n woedende God tevrede gestel is toe Hy die fisieise bloed van Jesus sien. Wat God egter sien, as ons berou het, is Sy seun as ons verteenwoordiger wie ons probeer navolg.

Die woorde "Christus het vir ons gesterf" (Romeine 5:8), word ongelukkig misverstaan as sou Christus in ons plek gesterf het. Daar is verskeie verbintenisse tussen Romeine 5 en 1 Korinthiërs 15 (bv. vers12 = 1 Korinthiërs 15:21 ; :vers 17 = 1 Korinthiërs 15:22). "Christus het vir ons gesterf" (Romeine 5:8) is gelyk aan "Christus het vir ons sondes gesterf" (1 Korinthiërs 15:3). Sy dood was nodig om 'n weg te bewerkstellig waarvolgens ons vergifnis van sondes kan verkry. Dit is in hierdie sin dat "Christus vir ons gesterf het." Dit woord "vir" beteken nie noodwendig "in plaas van" nie.