Bybele Beginsels
Study 9: Die Oorwinning Van Jesus
Die Oorwinning Van Jesus | Die Bloed Van Jesus | 'N Offerande Vir Ons En Homself | Jesus As Ons Verteenwoordiger | Jesus En Die Wet Van Moses | Die Sabbat | Inset (Die Kruis, Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?) | Vrae

9.1 Die Oorwinning Van Jesus

Die vorige studie het gewys hoe Jesus 'n menslike natuur gehad het, en soos ons versoek was. Die verskil tussen ons en hom was dat hy sonde totaal oorwin het. Alhoewel hy 'n sondige natuur gehad het, het hy altyd 'n volmaakte karakter openbaar. Die wonder hiervan behoort ons te inspireer. Die Nuwe Testament beklemtoon herhaaldelik die perfekte karakter van Jesus :

  • Hy was nie "'n hoŽpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hÍ nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde" (HebreŽrs 4:15).

  • God " het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. . . . En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie" (2 KorinthiŽrs 5:2; 1 Johannes 3:5).

  • "Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nieÖ" (1 Petrus 2:22).

  • "Want so 'n hoŽpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoŽr as die hemele geword het" (HebreŽrs 7:26).

Die vier Evangelies toon aan hoe Jesus se tydsgenote sy perfekte karakter, wat hy in sy woorde en dade openbaar het, erken het. Pilatus se vrou het besef dat hy 'n regverdige man was en dat hy nie straf verdien het nie (MattheŁs 27:19). Die Romeinse soldaat wat Jesus se gedrag op die kruis aanskou het, moes erken: "Waarlik, hierdie man was regverdig" (Lukas 23:47).

Jesus het op 'n keer die Jode met die volgende vraag gekonfronteer: "Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?" (Johannes 8:46). Hulle kon hom nie antwoord nie.

As gevolg van Jesus se volmaakte karakter het hy God in die vlees geopenbaar (1 TimotheŁs 3:16). Hy het opgetree en gespreek soos God sou spreek en optree as God 'n mens sou wees. Jesus was dus die perfekte "weerkaatsing" van God. "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;" (Kolossense 1:15). Dit is om die rede dat dit nie nodig is vir die mens om God fisies te sien nie. Jesus verduidelik self: " Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sÍ jy: Toon ons die Vader?" (Johannes 14:9).

Omdat ons in 'n sondige wÍreld lewe en self sondig is, is dit moeilik om die totaliteit en grootsheid van Jesus se geestelike verhewendheid te waardeer; 'n man met ons natuur het die geregtigheid van God ten volle openbaar. Om dit te glo verg meer geloof as om net te glo dat Jesus God self was. Dit is te verstane dat die leerstellings van die drie-eenheid en die "Godheid van Christus" so gewild is, aangesien hulle so maklik is om te aanvaar.

Omdat Jesus ons natuur gehad het moes hy sterf. Hy was 'n nakomeling van Adam en al Adam se nakomelinge moet sterf (1 KorinthiŽrs 15:22). Al Adam se nakomelinge moes sterf as gevolg van sy sonde, aangesien almal nou 'n sondige natuur geŽrf het (Romeine 5:14-19).

Almal behalwe Christus verdien die doodstraf omdat ons almal sondig. Jesus moes sterf omdat hy ons natuur en die "vloek" van die dood gedeel het. God kon hom egter opwek omdat hy nie gesondig het nie (Handelinge 2:24). Christus was " na die Gees van heiligheid met krag verklaar as die Seun van God deur die opstanding uit die dode," (Romeine 1:4). Dit was as gevolg van Jesus se volmaakte karakter, sy "gees van heiligheid" dat hy glorieryk uit die dood opgestaan het.

Christus het nie net aan die kruis gesterf omdat hy ons menslike natuur gehad het nie. Hy het vrywillig sy perfekte lewe as 'n gawe aan ons geskenk: Hy het sy liefde bewys deur vir ons sondes te sterf (1 KorinthiŽrs 15:3), wetende dat hy deur sy dood vir ons die redding uit die dood sou bewerkstellig (EfesiŽrs 5:2,25; Openbaring 1:5; GalasiŽrs 2:20).

Omdat Jesus sondeloos was, was hy ook die eerste persoon wat die gevolge van sonde (die dood) kon oorkom, deur uit die dood op te kon staan en die ewige lewe te beŽrwe. Almal wat hulle met Christus vereenselwig, deur die doop en 'n Christelike lewenswyse, het ook 'n hoop op 'n soortgelyke opstanding en beloning.

Hierin lÍ die wonderlike betekenis van Jesus se opstanding. Dit is die "versekering" dat ons uit die dood sal opstaan en geoordeel word, (Handelinge 17:31) en deel sal hÍ aan die ewige lewe as beloning, as ons nou soos hy probeer leef (2 KorinthiŽrs 4:14; 1 KorinthiŽrs 6:14; Romeine 6:3-5). As sondaars verdien ons die dood (Romeine 6:23). Tog, as gevolg van Christus se volmaakte lewe, gehoorsame dood en opstanding, is God in staat om ons die gawe van die ewige lewe aan te bied, in ooreenstemming met Sy beginsels van geregtigheid.

Om ons sondes weg te neem ken God geregtigheid aan ons toe (Romeine 4:6), as ons geloof het in Sy beloftes van redding. Ons weet dat sonde die dood bring. Derhalwe moet ons werklik glo dat God ons daarvan sal red. Ons moet glo dat God ons as geregtig sal reken al is ons nie. Christus was volmaak; deur werklik in Christus te wees kan God ons as volmaak beskou al is ons nie werklik nie. God het " Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom" (2 KorinthiŽrs 5:21). Met ander woorde, ons moet in Christus wees deur die doop en dan 'n Christelike lewe lei.

Dit is alles moontlik gemaak deur Christus se opstanding uit die dood. Hy was die "eerste vrugte" van 'n oes van die mensdom, wat onsterflikheid sal verkry as gevolg van wat hy bereik het (1 KorinthiŽrs 15:20). Hy is die "eersgeborene" van 'n nuwe geestelike familie wat God se natuur sal ontvang (Kolossense 1:18 vergelyk EfesiŽrs 3:15). Jesus se opstanding het dit vir God moontlik gemaak om gelowiges in Christus as geregtig te ag aangesien hulle deur sy geregtigheid bedek word. Dit was Christus " . . wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking" (Romeine 4:25).

Dit verg diepe bepeinsing en 'n sterk geloof in hierdie dinge om werklik oortuig te wees dat God ons as volwaardig sal ag. Christus kan ons "sonder gebrek voor sy heerlikheid stel", en "heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom(God) stel" (Judas 24; Kolossense 1:22).

Gegewe ons sondige natuur en gereelde geestelike mislukkings, verg dit 'n ferm geloof om dit werklik te glo. Dit is 'n behoorlike insig van Christus se opstanding wat ons geloof behoort te motiveer. " . . . julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees" (1 Petrus 1:21). Dit is slegs deur die korrekte doop in Christus dat ons "in Christus" kan wees en derhalwe deur sy geregtigheid bedek kan wees. Met die doop assosieer ons onsself met sy dood en opstanding (Romeine 6:3-5), en dit is ons redding uit ons sondes aangesien ons geregverdig word (Romeine 4:5).

Die wonderlike aspekte wat ons in hierdie afdeling na gekyk het, is buite ons bereik as ons nie gedoop is nie. Met die doop vereenselwig ons ons met die bloed van Christus aan die kruis uitgestort : " Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam" (Openbaring 7:14).

Simbolies word hulle dan in 'n wit kleed geklee, wat die geregtigheid van Christus verteenwoordig (Openbaring 19:8). Dit is moontlik om hierdie wit kleed vuil te maak as gevolg van ons sonde (Judas vers 23); wanneer ons dit na ons doop doen moet ons weer deur die bloed van Jesus skoon gewas word deur God om vergifnis te vra.

Na die doop moet ons steeds strewe om in die geseŽnde posisie, wat ons met ons doop betree het, te behou. Daar is dus 'n nodigheid vir daaglikse self-ondersoek, gebed en 'n soeke na vergifnis. Deur dit te doen sal ons nederig en vol vetroue wees dat ons as gevolg van ons "bedekking" met Jesus se geregtigheid, in die Koninkryk van God sal wees.

Ons moet strewe om in Christus te bly tot die dag van ons dood, of Christus se wederkoms, "en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met diť wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;" (Filippense 3:9).

Die herhaaldelike klem dat geloof ons by God geregtig maak, wys dat ons op geen manier ons saligheid kan verdien nie; ons redding is op grond van God se genade, " Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie" (EfesiŽrs 2:8,9).Ons geregtigheid en reverdigmaking is "gawes" van God (Romeine 5:17). So ook is ons redding.

Ons motivering om enige werke in diens van God te doen is dus uit dankbaarheid vir wat God vir ons gedoen het deur ons as geregtig te reken deur Christus, en sodoende aan ons die ewige lewe te skenk. Dit is fataal om te dink ons sal gered word omdat ons werke doen. Ons sal eenvoudig nie die ewige lewe beŽrwe as ons so dink nie. Ware geloof lei tot werke as 'n onafwendbare "byproduk" (Jakobus 2:17).