Bybele Beginsels
Study 9: Die Oorwinning Van Jesus
Die Oorwinning Van Jesus | Die Bloed Van Jesus | 'N Offerande Vir Ons En Homself | Jesus As Ons Verteenwoordiger | Jesus En Die Wet Van Moses | Die Sabbat | Inset (Die Kruis, Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?) | Vrae

9.2 Die Bloed Van Jesus

Dit word dikwels in die Nuwe Testament genoem dat ons regverdiging en redding deur die bloed van Jesus Christus geskied (bv. 1 Johannes 1:7; Openbaring 5:9; 12:11; Romeine 5:9). Om die belangrikheid van Jesus se bloed te waardeer moet ons verstaan dat dit 'n Bybelse beginsel is dat die "lewe van alle vlees in die bloed is" (Levitikus 17:14).

Sonder bloed kan geen liggaam bestaan nie. Dit is dus simbolies van die lewe. Dit verduidelik hoekom Christus se woorde van Johannes 6:53 so gepas is :- " Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie."

Sonde het die dood tot gevolg (Romeine 6:23). Dit was die rede dat daar van Israel verwag was om bloed te giet vir hul sondes - om hulle te herhinner daaraan dat sonde die dood tot gevolg het.

"En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie" (HebreŽrs 9:22).

As gevolg hiervan was die vyeblare waarmee Adam en Eva hulle in die tuin van Eden bedek het, onvoldoende. God het eerder 'n lam se dood, om velle te voorsien, vereis om hulle sonde te bedek (Genesis 3:7, 21). Net so was Abel se diere offerande aanvaar, eerder as Kain se offer van vrugte, omdat Abel geglo het dat sonder bloed daar nie vergifenis van sonde kan wees nie (Genesis 4:3-5).

Hierdie gebeure wys vooruit na die uiterste belangrikheid van die bloed van Christus. Dit was veral so met die gebeure van die paasfees waartydens die Israeliete die bloed van 'n geslagte lam aan hulle deurkosyne moes smeer om van 'n gewisse dood gered te word. Hierdie bloed het heengewys na die bloed van Christus waarmee ons onsself moet "bedek". Voor Jesus se tyd moes die Jode, volgens die Wet van Moses, diere offer. Hierdie gieting van bloed was egter net om beginsels uit te wys. Sonde is strafbaar met die dood (Romeine 6:23).

Dit was nie moontlik dat 'n mens 'n dier kon doodmaak as plaasvervanger vir sy eie verdiende dood nie. Die dier het geen waardering gehad vir wat reg of verkeerd is nie en was dus nie ten volle verteenwoordigend van die sondaar nie: " want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem" (HebreŽrs 10:4).

Die vraag ontstaan nou - Hoekom moes die Jode diere offer vir hulle sondes? Paulus som die antwoorde hierop in GalasiŽrs 3:24 op :" Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof." Die diere wat geoffer moes word, moes sonder gebrek wees (Levitikus 1:3,10 ; Eksodus 12:5). Dit het vooruit gewys na Jesus toe -" 'n lam sonder gebrek" (1 Petrus 1:19). Die bloed van die diere het dus die bloed van Jesus verteenwoordig. Dit was aanvaar as offers vir sonde in soverre hulle na Christus se volmaakte offer heengewys het.

God kon dus op grond hiervan die mense wat voor Christus se tyd gelewe het, vergewe. Sy dood was " Ö.vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, ..." (HebreŽrs 9:15) - met ander woorde, die Wet van Moses (HebreŽrs 8:5-9). Al die offers wat onder die Wet geoffer was het vorentoe na Jesus, die perfekte offer, gewys, wat "die sonde deur sy offer weggedoen het (HebreŽrs 9:26 ; 13:11,12 ; Romeine 8:3 vergelyk 2 KorinthiŽrs 5:21).

Ons het reeds in Afdeling 7.3 gesien hoe die Ou Testament, veral die Wet van Moses, vooruit gewys het na Christus. Onder die Wet kon die Israeliete vir God net deur die HoŽ Priester nader. Die HoŽ Priester was die middelaar tussen God en diegene onder die ou verbond - net soos Christus is onder die nuwe verbond (HebreŽrs 9:15). " Want die wet stel as hoŽpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat nŠ die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is" (HebreŽrs 7:28).

Omdat hierdie hoŽ priesters self sondaars was, was hulle nie in 'n posisie om ware vergifnis vir hulle mede Jode te verkry nie. Die diere wat geoffer is was ook nie ware verteenwoordigers van sondaars nie. Wat vereis was, was 'n volmaakte mens wat in alle opsigte verteenwoordigend van sondaars was en wat 'n aanvaarbare offer kon gee waruit die mensdom voordeel kon kry, deur hulle daarmee te vereenselwig. Net so was 'n volmaakte hoŽ priester vereis wat met sondaars kon simpatiseer omdat hy net soos hulle versoek was (HebreŽrs 2:14-18).

Jesus voldoen volkome aan hierdie vereistes

" Want so 'n hoŽpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoŽr as die hemele geword het;" (HebreŽrs 7:26).

Hy het nie nodig om aanhoudend vir sy eie sondes te offer nie, en ook kan hy nie meer sterf nie (HebreŽrs 7:23,27). In die lig hiervan noem die Skrif Jesus ons priester :-

" Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree" (HebreŽrs 7:25).

Omdat hy ons menslike natuur gehad het kan hy as ons ideale priester optree, " as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is (was)" (HebreŽrs 5:2). Dit stem ooreen met die stelling in HebreŽrs 2:14, " Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het--dit is die duiwel"

Soos die Joodse hoŽ priesters net vir Israel ingetree het, net so tree Christus net op as middelaar vir "geestelike Israel"í - diegene wat nŠ geloof in die Evangelie gedoop is. Hy is 'n hoŽ priester oor die "huis van God" (HebreŽrs 10:21) wat bestaan uit diegene wat wedergebore is deur die doop (1 Petrus 2:2-5), en die ware hoop van die Evangelie het (HebreŽrs 3:6). Die waardering van die wonderlike voordele van Christus se priesterskap behoort ons dus aan te moedig om in hom gedoop te word - daarsonder kan hy nie vir ons as middelaar optree nie.

Nadat ons in Christus gedoop is behoort ons gretiglik gebruik te maak van Jesus se priesterskap; ons het ook sekere verantwoordelikhede in hierdie verband.

" Laat ons dan gedurig deur Hom aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely" (HebreŽrs 13:15).God se plan, om Jesus as ons priester te voorsien, het ten doel gehad dat ons Hom moet verheerlik. Ons moet dus gereeld gebruik maak van ons toegang tot God deur Jesus om Hom te prys. HebreŽrs 10:21-25 lys 'n hele aantal verantwoordelikhede wat ons het omrede Jesus ons hoŽ priester is :-

" en ons 'n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons, ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. "

'n Waardering van hierdie dinge sal ons 'n nederige vertroue gee dat ons werklik gered sal word as ons gedoop is en in Christus bly :- " Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word" (HebreŽrs 4:16).