Bybele Beginsels
Studie 6: God En Onheil
God En Onheil | Die Duiwel En Satan | Duiwels | Inset (Toordery, Wat Het In Eden Gebeur?, Lucifer, Die Versoekinge Van Jesus, Oorlog In Die Hemel) | Vrae

6.1 God En Onheil

In die Christendom, sowel as baie ander godsdiensgroepe, is daar vele mense wat glo dat daar 'n monster is wat die Duiwel of Satan genoem word, en wat die oorsaak van al die probleme in die wÍreld en in ons eie lewens is. Hy word verantwoordelik gehou vir die sonde wat ons doen. Die Bybel leer duidelik dat God almagtig is. Ons het in Studie 1.4 gesien dat die Engele nie kan sondig nie. As ons dit regtig glo kan daar onmoontlik nie 'n bonatuurlike wese in die heelal wees wat teen die Almagtige God werk nie. As ons glo dat so 'n wese wel bestaan, dan is dit duidelik dat ons die oppergesag van God die Almagtige in twyfel trek. Hierdie saak is van die uiterste belang, en dit is noodsaaklik dat ons 'n korrekte begrip het van wie of wat die duiwel en satan is. Ons word vertel in HebreŽrs 2:14 dat Jesus die duiwel deur sy dood vernietig het; as ons dan nie 'n korrekte begrip van die duiwel het nie, kan ons nie die werk of natuur van Jesus verstaan nie.

In die wÍreld in die algemeen, maar veral onder die "Christene", bestaan die idee dat die goeie dinge van die lewe van God af kom, en dat die slegte dinge van die Duiwel of Satan kom. Dit is niks nuuts nie; dit is ook nie 'n idee wat beperk is tot die afvallige Christendom nie. Die BabiloniŽrs, byvoorbeeld, het geglo dat daar twee gode is; 'n god van goed en lig, en 'n god van onheil en donker, en dat die twee gedurig in stryd met mekaar is. Kores, koning van PersiŽ, het juis dit geglo. Om diť rede het God vir hom gesÍ: "Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nieÖ.wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep:Ek die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen" (Jesaja 45:5-7, 22).

God skep vrede en Hy skep onheil. In hierdie sin is daar 'n verskil tussen "onheil" en sonde, wat die mens se skuld is; dit het in die wÍreld gekom as gevolg van die mens, en nie God nie (Romeine 5:12).

God sÍ vir Kores en die mense van Babilon dat daar geen ander God buiten Hom is nie. Die Hebreeuse woord "EL", wat "God" vertaal word, se basiese betekenis is "krag, of "oorsprong van krag". Wat God hier sÍ is dat daar geen ander bron van krag bestaan, buiten Hom nie. Dit is om hierdie rede dat 'n ware gelowige in God nie die idee van 'n bonatuurlike duiwel of demone kan aanvaar nie.

God: die Skepper van Ramp en Onheil.

Daar is talle voorbeelde in die Bybel van God wat onheil of rampspoed in mense se lewens en in die wÍreld bring. Amos 3:6 sÍ dat as "daar 'n onheil in die stad voorval", God dit bewerk het. As 'n stad byvoorbeeld deur 'n aardbewing getref word, word dit dikwels gesÍ dat dit "die duiwel" se werk is en dat hy die ramp veroorsaak het. Maar die ware gelowige moet verstaan dat dit God is wat daarvoor verantwoordelik is. So sÍ Miga 1:12 dat "onheil neerdaal van die HERE na die poort van Jerusalem". In die boek Job lees ons hoe Job, 'n goeie man, alles verloor het wat hy gehad het. Die boek leer vir ons dat die onheil wat 'n mens in jou lewe ervaar nie direk proporsioneel is aan jou gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan God nie. Job het besef dat " Die HERE het gegee, en die HERE het geneem" (Job 1:21). Hy sÍ nie "Die HERE het gegee, en Satan het geneem" nie. Hy het vir sy vrou gesÍ: "Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie?" (Job 2:10). Aan die einde van die boek troos Job se vriende hom oor "al die onheil wat die HERE oor hom gebring het" (Job 42:11 vgl. 19:21;8:4). Dus is God die bron van "onheil", in die sin dat Hy die probleme wat ons in ons lewens het, toelaat.

"Die Here tugtig hom wat Hy liefhetÖ.as julle die tugtiging verdraÖ later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is" (HebreŽrs 12:6-11).

Dit wys dat die beproewinge wat God vir ons gee uiteindelik lei tot ons geestelike groei. Dit is 'n weerspreking van God se woord om te sÍ dat die duiwel 'n wese is wat vir ons dwing om te sondig en om ongeregtig te wees terwyl hy terselfdertyd kwansuis probleme in ons lewes bring wat daartoe lei dat ons die "vredevolle vrug van geregtigheid" ontwikkel. Die ortodokse idee van die duiwel het hier groot probleme.

Nog meer so waar skrifgedeeltes praat van iemand wat aan die Satan oorgelewer word "sodat die gees gered kan word", of "hulle kan leer om nie te laster nie" (1 KorinthiŽrs 5:5; 1 TimotheŁs1:20). As Satan regtig 'n wese is wat daarop uit is om mense te laat sondig en wat 'n negatiewe geestelike uitwerking op mense het, waarom stel hierdie gedeeltes dan vir "Satan" in 'n positiewe lig? Die antwoord is dat 'n teŽstander, 'n "Satan" of 'n probleem in 'n mens se lewe, dikwels positiewe geestelike gevolge in 'n gelowige se lewe kan hÍ.

As ons aanvaar dat onheil van God af kom, dan kan ons tot Hom bid en vra dat Hy iets doen oor die probleme wat ons het, bv. dat Hy hulle wegneem. As Hy dit nie doen nie, dan weet ons dat hulle van God gestuur is vir ons geestelike welstand. Maar as ons glo dat daar 'n bose wese is, wat die duiwel of satan genoem word, wat ons probleme veroorsaak, kan ons hulle onmoontlik nie oplos nie. Siekte, skielike dood of rampspoed moet dan net gesien word as blote ongeluk.

As die duiwel een of ander magtige, sondige Engel is, dan sal hy veel sterker as ons wees en sal ons geen keuse hÍ as om te ly onder hom nie. In teenstelling hiermee word ons getroos deur die wete dat onder God se beheer," vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is "(Romeine 8:28). Daar is dus nie so 'n ding soos "geluk" in die lewe van 'n gelowige nie.

Die Oorsprong van die Sonde

Dit moet beklemtoon word dat sonde van binnekant onsself kom. Dit is ons eie skuld as ons sondig. Dit sou natuurlik baie lekker wees om te glo dat dit nie ons skuld is as ons sondig nie. Ons kan dan vrylik sondig en onsself verskoon met die gedagte dat dit eintlik die duiwel se skuld was en dat die skuld vir ons sonde heeltemal op hom gepak moet word. Dit gebeur soms in ons howe dat skuldiges pleit om vergifnis omdat hulle sÍ dat hulle deur die duiwel besete was en dus nie self verantwoordelik gehou kan word vir hulle dade nie. Heeltemal tereg word hierdie flou verskonings verwerp wanneer vonnisse gefel word.

Ons moet onthou dat die "loon van die sonde die dood is" (Romeine 6:23); sonde lei tot die dood. As dit nie ons skuld is wanneer ons sondig nie, maar die duiwel sin, dat moet 'n regverdige God vir die duiwel straf en nie vir ons nie. Maar die feit dat ons geoordeel word vir ons eie sondes wys dat ons verantwoordelik is vir ons eie sondes. Die idee dat die duiwel 'n spesifieke persoon buite ons is, eerder as die beginsel van die sonde binne ons, is 'n poging om die verantwoordelikheid van ons sondes weg te skuif van onsself af. Hierdie is net nog 'n voorbeeld van mense wat weier om te aanvaar wat die Bybel leer oor die menslike natuur: dat dit fundamenteel sondig is .

"Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nieÖ..want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moordÖ..hebsug, dwaasheid: al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein " (Markus 7:15-23).

Die gedagte dat daar wel iets buite ons is wat sondig is, wat ons binnekom en dan veroorsaak dat ons sondig, is teenstrydig met wat die Here Jesus baie duidelik hier leer. Dit is van binne, uit die hart van die mens, wat al hierdie bose dinge kom. Dit is hoekom God in die tyd van die sondvloed gesÍ het: "die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af"(Genesis 8:21).. Jakobus 1:14 sÍ vir ons hoe ons versoek word: "Elkeen (dit is dieselfde proses vir elke mens) word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. " Ons word versoek deur ons eie begeerlikheid, ons eie bose begeerlikhede; nie deur enigiets van buite ons nie. "Waarvandaan kom oorloŽ en vegterye onder julle?" vra Jakobus, "Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste nie?" (Jakobus 4:1). Elkeen van ons het spesifieke persoonlike versoekings. Hulle moet derhalwe deur ons eie kwade begeertes veroorsaak word omdat hulle eie aan ons persoon is. Die gesegde dat ons ons eie ergste vyand is, is baie waar.

Die boek Romeine handel grootliks oor die sonde, die oorsprong daarvan, en hoe om dit te oorwin. Dit is hoogs betekenisvol dat daar skaars van die Duiwel of Satan in die boek melding gemaak word; in die konteks van die oorsprong van die sonde, noem Paulus die Duiwel of Satan glad nie. Net so is "die duiwel" 'n Nuwe Testamentiese begrip. As daar 'n eksterne wese is wat maak dat ons sondig, moet daar tog sekerlik omvattend van hom in die Ou Testament gepraat word. Maar daar is 'n baie grondige stilte hieroor. In die tyd van die Rigters, en van die Israeliete in die wildernis, het die Israeliete verskriklik gesondig. Maar God het hulle nie gewaarsku dat daar een of ander magtige bonatuurlike wese of krag is wat hulle kon binnevaar en laat sondig nie. Inteendeel, Hy het hulle aangemoedig om volgens Sy woord te handel, sodat hulle nie sou verval in die weŽ van hul eie vlees nie (bv. Deuteronomium 27:9-10 ; Josua 22:5).

Paulus sÍ bedroef: "In my, dit wil sÍ in my vlees, woon niks goeds nieÖ. Want die goeie wat ek wil, doen ek nieÖ maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon " (Romeine. 7:18-21). Hy blameer nie sy sondigheid op 'n eksterne wese wat die duiwel genoem word nie. Hy vind dat sy eie sondige natuur die ware oorsprong van die sonde is : "Dit is nie ek wat dit meer doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet : as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig (m.a.w. binne in my)."

Wat hy sÍ is dat dit wat keer dat hy geestelik word, van iets kom wat hy "die sonde wat in my woon" noem. Elke denkende, godvresende mens sal tot dieselfde gevolgtrekking kom. Selfs 'n uiters voorbeeldige Christen soos Paulus het nie 'n verandering van natuur ondervind toe hy bekeer is nie, en hy het nie 'n posisie bereik waar hy nie kon sondig nie. Die moderne "evangeliese" beweging beweer dat hulle in so 'n posisie is, en daardeur plaas hulle vir Paulus onder die wat "verlore" is, as gevolg van wat hy hier in Romeine 7:15-21 sÍ. Hierdie verse is 'n groot probleem vir hulle aansprake. Dawid, sonder twyfel ook 'n regverdige man, praat ook net so van die volgehoue sondigheid van sy natuur : "In ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang" (Psalm 51:7).

Die Bybel is baie duidelik oor die fundamentele sondige natuur van die mens. As ons dit kan insien, is daar geen rede om 'n denkbeeldige persoon buite ons menslike natuur te versin, en die verantwoordelikheid vir ons sondes op hom te plaas nie. Jeremia 17:9 sÍ dat die mens se hart so bedrieglik en verdorwe is dat ons nie eers die mate van ons eie sondigheid kan besef nie.

Jesus het ook die menslike natuur as fundamenteel sleg gebrandmerk in MattheŁs. 7:11. Prediker 9:3 is so duidelik as wat kan wees: "Die hart van die mensekinders is vol boosheid". EfesiŽrs 4:18 gee die rede vir die mens se natuurlike vervreemding van God :"deur die onkunde wat in hulle is, vanweŽ die verharding van hulle hart". Dit is as gevolg van ons harte wat geestelik blind en onkundig is, die manier van die denke in ons, dat ons vervreemd van God is. In lyn hiermee praat GalasiŽrs 5:19 van ons sondes as ":die werke van die vlees" ; dit is ons eie vlees, ons eie wese en natuur, wat veroorsaak dat ons sondig. Nie een van hierdie skrifgedeeltes leer dat die oorsaak van sonde wat binne ons is, die gevolg is van die duiwel wat dit daar ingesit het nie; sondige neigings is iets wat ons almal het, van ons geboorte af; dit is 'n fundamentele deel van die mens.


  Back
Home
Next