Bybele Beginsels
Studie 6: God En Onheil
God En Onheil | Die Duiwel En Satan | Duiwels | Inset (Toordery, Wat Het In Eden Gebeur?, Lucifer, Die Versoekinge Van Jesus, Oorlog In Die Hemel) | Vrae

Inset 21: Oorlog In Die Hemel

"En daar het oorlog in die hemel gekom: MŪgael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wÍreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp" (Openbaring 12:7-9).

Die Algemene Interpretasie:

Hierdie is een van die algemeenste gedeeltes wat gebruik word om aan te voer dat daar 'n rebellie in die hemel tussen die engele was, met die gevolg dat die duiwel en sy engele neergewerp is aarde toe en waar hulle, in die gestalte van 'n slang, probleme en sonde op aarde veroorsaak het.

Kommentaar:-

  1. Alles wat ons sover in die studie geleer het, moet in hierdie teksgedeelte aangewend word. Ons het gesien dat engele nie kan sondig nie en dat daar geen opstand in die hemel kan wees nie. Dus moet hierdie gedeelte, wat die engiste van sy soort is, vertolk word op 'n manier wat nie sondige engele behels nie, ook dat daar nie sondige engele is wat mense op aarde laat sondig nie, aangesien sonde van binne ons self kom, nie van buite ons nie (Markus 7:20-23).

  2. Die slang is uit die hemel gewerp, wat veronderstel dat dit oorspronklik daar was. Maar die letterlike slang in Eden is geskep deur God uit die stof van die aarde (Genesis 1:24-25). Daar is geen aanduiding dat die duiwel van die hemel af gedaal en in die slang in gegaan het nie.

  3. Dis belangrik om daarop te let dat hier geen verwysing is na engele wat sondig of in opstand teen God kom nie, net 'n oorlog in die hemel. Dit is onmoontlik vir enig iemand om teen God in die Hemel te veg.

  4. Na die drama van verse 7-9, sÍ vers 10 "Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sÍ: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag." As verse 7-9 aan die begin van die wÍreld plaas gevind het, voor die tyd van Adam en Eva, hoe kan dit gesÍ word dat heil en die koninkryk van God na Satan se val gekom het? Na Adam se sonde het die mensdom se treurige geskiedenis van sonde en mislukking begin - 'n toestand wat alles behalwe as "heil en die koningskap" beskryf kan word. Daar is vreugde dat die duiwel - die aanklaer - neergewerp is aarde toe. Waarom moet daar blydskap wees as sy koms aarde toe die begin van sonde en rampspoed vir die mens was? As 'n val van hemel na aarde egter figuurlik, in plaas van letterlik, verstaan word, as verteenwoordigend van 'n val van gesag (soos Jesaja 14:12; Jeremia 51:53; Klaagliedere 2:1; MattheŁs 11:23), kan baie meer sin van hierdie versgedeelte gemaak word. As al hierdie dinge gebeur het voor die tyd van Adam of dan voor die val van die mens, hoe kon die duiwel "ons broers" beskulding, siende dat hulle toe nog nie bestaan het nie?

  5. Daar is geen aanduiding dat al hierdie dinge in the Tuin van Eden gebeur het nie. 'n Belangrike punt word gemaak in Openbaring. 1:1 en 4:1- dat die Openbaring 'n voorspelling is van dit "wat gou moet gebeur". Dit is derhalwe nie 'n beskrywing van wat in Eden gebeur het nie, maar 'n profesie van dinge wat een of ander tyd na die eerste eeu moes gebeur, toe die Openbaring deur Jesus gegee is. As ons regtig nederig is teenoor die Woord, sal ons sien dat hierdie argument alleen, alle pogings om Openbaring 12 na die tuin van Eden te laat verwys, die nek inslaan. Die vraag moet ook beantwoord word waarom die identiteit van die duiwel, en inligting oor wat in Eden gebeur het, terug gehou word tot aan die einde van die Bybel voor dit openbaar word.

  6. "Die groot draak ... die ou slang" (Openbaring 12:9). Die draak het "sewe koppe and tien horings" (vers 3) gehad, en kon dus nie letterlik die slang wees nie. Die feit dat dit "die ou slang" genoem word, wys dat dit die kenmerke van daardie slang in Eden gehad het, in die sin dat dit 'n bedrieŽr was, soos die slang. Net so is "die angel van die dood (is) die sonde" (1 KorinthiŽrs 15:56), maar dit beteken nie dat die dood 'n letterlike skerpioen of slang is nie. Dit het die kenmerke van die slang weens die verband wat dit het met die sonde.

  7. Die duiwel het neergedaal aarde toe en was uiters aggresief "omdat hy weet dat hy min tyd het" (vers 12). As die duiwel neergewerp is in Eden, sou hy die geleentheid gehad het om die mens regdeur die eeue te teister - en dit strook nie met die "min tyd" in vers 12 nie.

  8. Hoe kon die duiwel "die hele wÍreld verlei" (vers 9) voor hy uit die hemel gewerp is, as daar niemand in die wÍreld was voor Adam nie?

  9. Vers 4 sÍ dat die draak 'n derde van die sterre van die hemel meegesleep het, en hulle op die aarde gegooi het met sy stert. As dit letterlik gelees word - en Openbaring 12 moet letterlik gelees word om die algemene vertolking te steun - dan moet hierdie draak enorm wees. 'n Derde van die heelal kon op sy stert pas! Meeste sterre is ver groter as die aarde - hoe dan kon 'n derde van hulle op ons aarde val? En onthou, al hierdie dinge het gebeur of sal gebeur, na die eerste eeu AD, toe die profesie gegee is.

  10. In die lig hiervan en baie ander dinge in Openbaring 12 wat dood eenvouding nie letterlik geneem kan word nie, is dit nie verbasend nie dat ons in vers 1 lees dat hierdie 'n boodskap is wat in simboliek gegee word - dit praat van 'n "groot teken" wat verskyn het.

  11. Wanneer 'n mens lees wat die duiwel doen wanneer hy op die aarde is, is daar niks wat sÍ dat hy mense laat sondig nie; om die waarheid te sÍ, verse 12-16 wys dat die duiwel onsuksesvol was in sy pogings om moeilikheid op die aarde te veroorsaak nadat hy daar aangekom het nie. Dit is teenstrydig met die populÍre interpretasie.

  12. Een van die sleutel vrae van hierdie teksgedeelte is of die "hemel" wat hier van gepraat word, letterlik of figuurlik is. Ons het vroeŽr verduidelik dat "hemel" figuurlik kan verwys na 'n plek van gesag. Omdat Openbaring so 'n simboliese boek is, kan ons verwag dat dit hier ook die geval is.

Die vrou van vers 1 is "bekleed met die son, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre." Hierdie hemelligame, sowel as die vrou, wat klaarblyklik in die hemelruim hang, kan nie letterlik wees nie. Sy kon nie letterlik met die son bekleed wees nie, of sterre so groot soos die aarde op haar letterlike kop gehad het nie.

Nog 'n teken verskyn in die hemel in vers 3 - 'n rooi draak. Dit word oor die algemeen aanvaar as die letterlike hemel, maar hoekom moet dit wees as dieselfde hemel in vers 1 voorkom, en dit is duidelik figuurlik? Vers 4 wys dat die draak 'n derde van die sterre van die hemel op die aarde gooi. Dit kan onmoontlik nie na letterlike sterre of 'n letterlike hemel verwys nie. Die Koninkryk van God gaan op die aarde gevestig word (DaniŽl 2:44; MattheŁs 5:5), iets wat nie moontlik sal wees as die aarde vernietig word deur reuse sterre wat daarop val nie.

Die vrou in die "hemel" het toe haar kind gebaar, wat "weggeruk is na God en Sy troon" (vers 5). God se troon is in die hemel. As die vrou reeds in die hemel was, waarom moes haar kind "weggeruk" word hemel toe? Sy moes 'n simbool van iets op aarde gewees het. Dan vlug sy "na die woestyn" (vers 6). As sy in die letterlike hemel was, beteken dit dat daar 'n woestyn in die hemel is. Dit pas soveel beter as sy in 'n figuurlike, hemelse plek is, en dan vlug na 'n letterlik of figuurlike woestyn op die aarde. Dan kom ons by vers 7 - "daar het oorlog in die hemel gekom." Al die ander verwysings na "die hemel" in Openbaring 12 is figuurlik en dit is net redelik om hierdie oorlog in 'n figuurlike hemel te sien. Dit moet so wees, aangesien daar geen opstanding of sonde in die letterlike hemel kan wees nie (MattheŁs 6:10; Psalm 5:5-6; Habakkuk 1:13). Die algemene siening is dat sondige engele in die hel opgesluit is; maar hier is hulle in die hemel. Hulle kan dus nie letterlike engele wees nie.

'n Vraag wat mense wat aan die ortodokse idee van die duiwel glo hulle self moet vra is: "kan ek 'n kort Bybelse geskiedenis van die duiwel gee, volgens my vertolking van Skrifgedeeltes?" Volgens Ďortodokseí redenasie is die antwoord gewoonlik soos volg:

(a) Die duiwel was 'n Engel in die Hemel wat uitgegooi is, en in die tuin van Eden beland het, volgens Genesis.

(b) Hy het aarde toe gekom en is getroud in Genesis 6.

(c) In Job se tyd, so word dit gesÍ, het hy toegang gehad tot beide die Hemel en die aarde.

(d) Teen die tyd van Jesaja 14 word hy uit die hemel, op die aarde gegooi.

(e) In Sagaria 3 is hy weer in die Hemel.

(f) In MattheŁs 4 is hy op die aarde. Hy word uitgewerp ten tye van Jesus se dood, volgens die populÍre siening, "die prins van die wÍreld", wat in daardie tyd uitgegooi is.

(g) Daar is 'n profesie van die duiwel wat "neergewerp" is in Openbaring 12.

(h) Die duiwel word "gebind" in Openbaring 20, maar hy en sy engele is reeds gebind in Genesis, volgends die algemene siening van Judas vers 6. As hy toe gebind is met "ewige boeie", hoe is dit dan dat hy weer gebind word in Openbaring 20?

Dit behoort dan nou duidelik te wees dat die algemene siening dat die duiwel uit die Hemel gewerp is omdat hy gesondig het, nie waar kan wees nie, aangesien ons lees dat hy steeds in die Hemel is na elke uitwerping. Dit is belangrik om beide die "Hemel" en die duiwel in 'n figuurlike sin te verstaan.

Voorgestelde verklarings:-

  1. Om hierdie hoofstuk ten volle uit te lÍ is nie nou van pas nie. 'n Volle verduideliking van hierdie verse verg 'n begrip van die hele boek van Openbaring, sodat hulle in die regte konteks verstaan kan word.

  2. Die konflik in die figuurlike hemel - dit is 'n plek van gesag - was derhalwe tussen twee groepe, elk met hulle eie volgelinge, of engele. Onthou dat ons gewys het dat die duiwel en satan dikwels met die Romeinse of Joodse stelsels vereenselwig word.

  3. Dat die duiwel-draak een of ander politieke mag verteenwoordig, word aangedui deur die feit dat dit "sewe krone op sy koppe" het (vers 3). Openbaring 17:9, 10 sÍ ook oor hierdie draak: "Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas" - m.a.w. moenie hierdie dier as 'n letterlike wese probeer verstaan nie - " die sewe koppe is sewe berge ....... en hulle is sewe konings." Een van die konings wat slegs vir 'n kort tyd daar sal wees, het moontlik verband met die duiwel - draak wat "min tyd het" in Openbaring 12:12.


  Back
Home
Next