Bybele Beginsels
Studie 6: God En Onheil
God En Onheil | Die Duiwel En Satan | Duiwels | Inset (Toordery, Wat Het In Eden Gebeur?, Lucifer, Die Versoekinge Van Jesus, Oorlog In Die Hemel) | Vrae

6.2 Die Duiwel En Satan

Somtyds word die oorspronklike woorde van 'n Bybel-teks onvertaal gelaat. "Mammon" in MattheŁs 6:24 is 'n voorbeeld hiervan. Die woord "satan" is 'n onvertaalde Hebreeuse woord wat "teenstander" beteken, terwyl "duiwel" 'n vertaling is van die Griekse woord "diabalos", wat 'n leuenaar, 'n vyand of iemand wat vals beskuldig, beteken. As ons glo dat Satan en die Duiwel iets buite ons is, wat verantwoordelik is vir die sonde, dan moet ons elke slag as ons hierdie woorde in die Bybel lees, hulle laat verwys na hierdie bose persoon. Die Bybelse gebruik van hierdie woorde wys dat hulle gebruik kan word as gewone byvoeglike naamwoorde wat gewone mense beskryf. Hierdie feit maak dit onmoontlik om te redeneer dat die woorde duiwel en satan, soos in die Bybel gebruik, van 'n magtige, sondige persoon buite ons praat.

Die Woord "Satan" in die Bybel

Ons lees in 1 Konings 11:14 :"En die HERE het vir Solomo as teŽstander (dieselfde Hebreeuse woord wat elders as "Satan" vertaal word) verwek Hadad die Edomiet" . Ook lees ons in 1 Konings 11:23,25 : "God het ook as teŽstander (weer die woord "Satan") vir hom verwek ÖÖ ÖÖ.. hy was 'n teŽstander ('n Satan) van Israel".

Dit beteken nie dat God hier 'n bonatuurlike persoon of 'n Engel verwek het om 'n Satan / teenstander vir Salomo te wees nie; Hy het gewone mense in opstand teen Salomo laat kom. MattheŁs 16:22,23 is nog 'n voorbeeld. Petrus het vir Jesus probeer ompraat om nie Jerusalem toe te gaan en aan die kruis te sterf nie. Jesus het omgedraai en vir Petrus gesÍ : " Gaan weg agter my, Satan! Ö.. jy bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van die mense."

Petrus is dus 'n Satan genoem. Die beskrywing van hierdie gebeure is glashelder; Christus het nie met 'n Engel of 'n monster gepraat toe hy hierdie woorde gespreek het nie; hy het met Petrus gepraat.

Die woord "Satan" beteken bloot teenstander en dus kan 'n goeie persoon, selfs God, 'n satan genoem word. In wese is daar noodwendig niks sondig in die woord self nie. Die sondige konnotasies wat die woord "Satan" het, is deels as gevolg van die feit dat ons eie sondige natuur ons grootste "Satan" of teenstander is, en ook omdat die gebruik van die woord verwys na iets wat met sonde verband hou. God self kan 'n Satan vir ons wees by wyse van beproewinge wat Hy is ons lewes kan bring, of deur in die weg te staan van iets verkeerds wat ons dalk wil doen. Maar die feit dat God 'n "Satan" genoem kan word, beteken nie dat Hy sondig is nie. Die boeke van Samuel en Kronieke is parallelle weergawes van dieselfde gebeure.

2 Samuel 24:1 sÍ : "Die HERE Ö.. het Dawid teen hulle aangehits" sodat hy 'n sensus van Israel moes maak. Die parallelle weergawe in 1 Kronieke 21:1 sÍ: "toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel." In die een skrifgedeelte doen God die aanhitsing, in die ander doen Satan dit.

Die enigste gevolgtrekking is dat God soos 'n "Satan" of teenstander teen Dawid gehandel het. Hy het dieselfde vir Job gedoen deur beproewinge in sy lewe te bring, sodat Job oor God kon sÍ: "deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand:" (Job 30:21). - "Vyand" hier, is dieselfde woord wat in ander plekke "Satan" vertaal word. Wat Job basies hier gesÍ het, was: "U handel soos 'n satan teen my".

Die Woord "Duiwel" in die Bybel

Jesus het gesÍ, ""Het ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel! En Hy het bedoel Judas Iskariot Ö." wat 'n gewone, sterflike mens was. Hy het nie van 'n persoonlike wese met horings gepraat, of van 'n sogenaamde "gees" nie. Die woord duiwel verwys eenvoudig hier net na 'n bose man. 1 TimotheŁs 3:11 gee vir ons nog 'n voorbeeld. Die vrouens van diakens moes nie kwaadspreek of skinder nie; die oorspronklike Griekse woord hier is "diabalos" wat elders as "duiwel" vertaal word. Paulus waarsku net so vir Titus dat die ouer vroue in die gemeente nie kwaadspreeksters of "duiwels" moet wees nie (Titus 2:3). Hy het ook vir TimotheŁs gesÍ : "In die laaste dae Ö.. sal mense kwaadsprekers (ook duiwels - dieselfde Griekse woord) wees" (2 TimotheŁs 3:1,3).

Dit beteken nie dat mense in bonatuurlike wesens sal verander nie, maar dat hulle al hoe meer goddeloos sal word. Dit behoort dan nou buie duidelik te wees dat die woorde "duiwel" en "satan" nie na 'n gevalle Engel of 'n sondige wese buite ons verwys nie.

Die Sonde, Satan en die Duiwel

Die woorde "satan" en "duiwel" word figuurlik gebruik om die natuurlike, sondige neigings binne ons (waarvan ons in Studie 6:1 gepraat het) te beskryf. Hierdie sondige neigings is ons hoof "satan" of teenstander. Die verband tussen die duiwel en ons kwade begeertes (die sonde binne ons) kom duidelik na vore in verskeie skrifgedeeltes:

"Aangesien die kinders (onsself) dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy (Jesus) dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood (sy dood) hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het - dit is die duiwel" (HebreŽrs 2:14).

Die duiwel word hier beskryf as dit wat verantwoordelik is vir die dood. Maar "die loon van die sonde is die dood" (Romeine 6:23). Daar moet dus 'n parallel wees tussen die sonde en die dood. Net so lees ons in Jakobus 1:14 dat dit ons eie bose begeerlikheid is wat ons versoek, wat tot die sonde lei, en dus tot die dood; maar HebreŽrs 2:14 sÍ dat dit die duiwel is wat die dood bring.

Dieselfde vers sÍ ook dat Jesus ons natuur gehad het, sodat hy die duiwel kon vernietig. Vergelyk dit met Romeine 8:3: "God het deur sy eie seun in die gelykheid van die sondige vlees (dit is, ons menslike natuur) te stuur Ö die sonde veroordeel in die vlees." Dit wys dat die duiwel, en die sondige neigings wat binne ons menslike natuur is, dieselfde ding is. Dit is van die uiterste belang om te verstaan dat Jesus net soos ons versoek was. As ons die leerstelling van die duiwel verkeerd verstaan, beteken dit dat ons nie regtig die natuur en die werk van Jesus kan waardeer nie. Dit was net omdat Jesus ons menslike natuur gehad het Ė die "duiwel" binne ons Ė dat ons 'n hoop het op redding (HebreŽrs 2:14-18; 4:15).

Deur die begeertes van sy eie natuur (die Bybelse duiwel) te oorwin, kon Jesus die duiwel aan die kruis tot niet maak (HebreŽrs 2:14). As die duiwel wel 'n persoonlike wese is, dan kan hy nie meer bestaan nie. HebreŽrs 9:26 sÍ dat Christus verskyn het "om die sonde deur sy offer weg te doen." HebreŽrs 2:14 is in ooreenstemming hiermee en verklaar dat Christus deur sy dood die duiwel in homself tot niet gemaak het. Deur sy dood het Jesus "die liggaam van die sonde " (Romeine 6:6), dit is die menslike natuur, in vooruitsig tot niet gemaak. "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel" (1 Johannes 3:8), want om in te gee vir ons eie natuurlike, sondige begeertes, lei tot sonde (Jakobus 1:14,15), wat die Bybel 'die duiwel' noem. "Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek" (1 Johannes 3:8)

As ons reg is as ons sÍ dat die duiwel ons eie bose begeertes is, dan is die werke van ons sondige begeertes, met ander woorde wat hulle tot gevolg het, ons sondes. Dit word bevestig deur 1 Johannes 3:5 "Hy (Jesus) het verskyn om ons sondes weg te neem." Dit wys dat 'ons sondes' en 'die werke van die duiwel' dieselfde is. Handelinge 5:3 gee vir ons nog 'n voorbeeld van hierdie verband tussen die duiwel en ons sondes. Petrus sÍ vir Ananias: "Waarom het Satan jou hart vervul?" Dan sÍ Petrus in vers 4: "Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het?" Om iets sleg in ons hart voort te bring is dieselfde as wanneer Satan ons hart vul. As ons self iets uitdink, bv. 'n sondige plan, dan begin dit binne ons. As 'n vrou swanger word, bestaan die kind nie buite haar nie; dit begin binne haar. Jakobus 1:14,15 gebruik dieselfde figuur wanneer hy beskryf hoe ons begeerlikheid baar en die sonde voortbring, en dit bring dan die dood. Psalm 109:6 vergelyk 'n sondige persoon met 'n 'satan' : "Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teŽstander (die oorspronklike Hebreeuse woord hier is Satan) staan aan sy regterhand."

Verpersoonliking

'n Mens kan egter in alle redelikheid vra: "Maar hoekom praat die Bybel dan asof die duiwel 'n persoon is?" Dit is heeltemal reg; HebreŽrs 2:14 praat van "hom wat mag oor die dood het Ė dit is die duiwel." Feit is dat selfs minimale Bybel-lees sal wys dat verpersoonliking dikwels gebruik word om van 'n abstrakte idee te praat asof dit 'n persoon is. So lees ons in Spreuke 9:1 van 'n vrou genoem 'wysheid', wat 'n huis bou, en in Romeine 6:23 word die sonde vergelyk met 'n betaalmeester wat die dood as loon gee. Hierdie verskynsel word verder bespreek in Inset 5. Ons duiwel, die 'diabolos', verteenwoordig dikwels ons sondige begeertes. Tog kan daar nie so iets wees soos abstrakte diabolisme nie; die sondige begeertes wat in 'n mens se hart is, kan nie apart van hom bestaan nie; daarom word 'die duiwel' verpersoonlik. Die sonde word dikwels verpersoonlik as 'n meester (bv. Romeine 5:21; 6:6). Dit is dan verstaanbaar dat die ' duiwel' ook verpersoonlik word aangesien 'die duiwel' ook na die sonde verwys.

So ook praat Paulus daarvan dat ons as't ware twee weses binne ons het (Romeine 7:15-21): die man van die vlees, 'die duiwel', wat veg met die man van die Gees. Tog is dit duidelik dat daar nie twee letterlike, persoonlike wesens is wat binne in ons baklei nie. Die sondige deel van ons natuur word verpersoonlik as ' die bose' (MattheŁs 6:13) Ė die Bybelse duiwel. Dieselfde Griekse uitdrukking wat hier vertaal word as ' die bose', word as 'die slegte mens' in 1 KorinthiŽrs. 5:13 vertaal, en dit wys dat wanneer 'n mens toegee aan die sonde, dan word hy self 'n bose persoon, of 'n ' duiwel'.

'Duiwel' en 'Satan' in 'n Politieke Verband.

Die woorde ' duiwel' en ' satan' word ook gebruik om die goddelose, sondige wÍreld-orde waarin ons leef, te beskryf. Die sosiale, politieke en pseudo-godsdienstige ordes van die mensdom, kan van gepraat word in terme van ' die duiwel'. Die duiwel en satan in die NT verwys dikwels na die politieke en sosiale mag van die Joodse of Romeinse stelsels. So lees ons van die duiwel wat gelowiges in die gevangenis werp (Openbaring 2:10), en die Romeinse owerhede wat gelowiges laat opsluit. In hierdie selfde konteks lees ons van die kerk in Pergamus wat geleŽ was waar Satan se troon was (Openbaring 2:13) Ė dit is die setel van regering vir 'n Romeinse kolonie in Pergamus, waar daar ook 'n groep gelowiges was. Ons kan nie sÍ dat Satan homself, as hy bestaan, persoonlik 'n troon in Pergamus gehad het nie.

Individuele sonde word beskryf as die oortreding van God se Wet (1 Johannes 3:4). Maar sonde wat gesamentlik as 'n politieke en sosiale mag, gekant teen God, uitgedruk word, is 'n mag sterker as enkelinge; dit is hierdie kollektiewe mag wat soms verpersoonlik word as 'n magtige wese wat die duiwel genoem word. In hierdie sin het Iran en ander Islamietiese magte die Vereenigde State, ' die groot Satan' genoem Ė dit is Ė die groot teenstander van hulle saak, in politiese en godsdienstige terme. Dit is hoe die woorde 'duiwel' en 'satan' dikwels in die Bybel gebruik word.

Dit is noodsaaklik in hierdie onderwerp, meer as enige ander, om ons insig te baseer op 'n gebalanseerde uitkyk van die hele Bybel, eerder as om reuse leerstellings te bou op 'n paar verse wat uitdrukkings en woorde bevat wat lyk asof hulle na die algemene geloof van die duiwel verwys. Dit word sterk aanbeveel dat Studie 6.1, sowel as hierdie afdeling, versigtig en biddend oorgelees word. Dit is so dat 'n mens 'n redelike begrip kan kry van AL die gedeeltes wat verwys na die duiwel en satan. Hierdie woorde kan gebruik word as gewone byvoeglike naamwoorde, of hulle verwys in sommige plekke na die sonde wat binne ons eie menslike natuur gevind word. Van die skrifgedeeltes wat die meeste misverstaan en aangehaal word, om populÍre idees te steun, word behandel in die insette wat hierdie studie volg. Mense wat dit moeilik vind om ons gevolgtrekkings te aanvaar, moet hulle self vra:

(1) Word die sonde verpersoonlik? Dit is heel duidelik dat dit gedoen word.

(2) Is dit waar dat 'satan' gebruik kan word net as 'n byvoeglike naamwoord? Die antwoord is ja. Waarom dan kan dit nie aanvaar word dat die sonde verpersoonlik word as ons vyand / satan nie? Die wÍreld word dikwels verpersoonlik in Johannes se briewe en Evangelie; kan daar 'n beter benaming vir hierdie verpersoonliking wees as 'satan' of ' die duiwel' ?


  Back
Home
Next