Bybele Beginsels
Studie 11: 'n Lewe in Christus
Inleiding | Heiligheid | Die gebruik van geweld | Die politiek | WÍreldse plesier | Bybelstudie | Gebed | Verkondiging | Kerklewe | Die breek van brood - Nagmaal. | Die Huwelik | Gemeenskap | Vrae

11.4 Die Huwelik

Ons sal hierdie afdeling begin deur na die posisie van die wat ongetroud is wanneer hulle gedoop word, te kyk. Ons het in Studie 5.3 die noodsaaklikheid daarvan gesien om slegs met gedoopte gelowiges te trou. Daar is 'n paar skrifgedeeltes, tesame met die voorbeelde van Jesus, Paulus en ander, wat enkellopendes aanmoedig om ten minste die opsie om ongetroud te bly te oorweeg, sodat hulle geheel en al aan die Here se werk toegewy kan wees (1 KorinthiŽrs 7:7-9, 32-38 vergelyk 2 TimotheŁs 2:4; MattheŁs 19:10-12, 29). "Maar as jy tog trou, sondig jy nie" (1 KorinthiŽrs 7:28). Baie van die apostels was getroud (1 KorinthiŽrs 9:5), en die huwelik soos God dit bedoel het, is ingestel om talle fisiese en geestelike voordele te hÍ. "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet" (HebreŽrs 13:4). "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie", tensy hy of sy 'n hoŽ vlak van toegewydheid aan geestelike dinge kan behou, en daarom het God die huwelik ingestel (Genesis 2:18-24). So sien ons dan: "Wie 'n vrou gevind het, het iets goed gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry . . . 'n verstandige vrou is van die HERE" (Spreuke 18:22; 19:14).

Ons kry 'n gebalanseerde opsomming van die posisie in 1 KorinthiŽrs 7:1,2 :

" --dit is goed vir 'n man om 'n vrou nie aan te raak nie. Maar vanweŽ die hoererye moet elke man sy eie vrou hÍ, en elke vrou moet haar eie man hÍ.

Wat hierdie verse impliseer, is dat die toegee aan seksuele drange buite die huwelik, hoerery is. Waarskuwings teen hoerery (seks tussen ongetroude mense), egbreuk (seks waar een of beide partye reeds getroud is met 'n ander) en enige vorm van immoraliteit of onsedelikheid kom dikwels voor in die Nuwe Testament; hulle kom voor in feitlik elke brief. Die volgende is maar 'n paar hiervan: Handelinge 15:20; Romeine 1:29; 1 KorinthiŽrs 6:9-18; 10:8; 2 KorinthiŽrs 12:21; GalasiŽrs 5:19; EfesiŽrs 5:3; Kolossense 3:5; 1 Thessalonicense 4:3; Judas 7; 1 Petrus 4:3; Openbaring 2:21.

In die lig van hierdie aanhoudende beklemtoning, sal dit uiters dwaas wees om teen God se duidelike, uitdruklike wil te gaan. Sondes wat gebeur in oomblikke van tydelike swakheid, word met graagte deur God vergewe, as daar berou en bekering is. Maar om 'n lewe te lei waarin hierdie dinge gereeld plaasvind, kan net veroordeling tot gevolg hÍ. Paulus het dit dikwels uitgespel:

"En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; . . . afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sÍ, soos ek al vroeŽr gesÍ het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beŽrwe nie" (GalasiŽrs 5:19,21),

en dan sÍ hy:

"Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam" (1 KorinthiŽrs 6:18).

Dit word feitlik wÍreldwyd aanvaar dat jong paartjies ssam kan leef voor hulle getroud is en volle seksuele verhoudings mag geniet. Die gebruik van die term "gemeenregtelike huwelik" om hierdie verhoudings te beskryf, is 'n verkeerde benaming. Die huwelik vir die gelowige moet volgens God se definisie daarvan wees; ons kan nie toelaat dat 'n definisie van die huwelik wat gemaak is deur 'n wÍreld wat die vlees behaag, bo God se verklarings aangaande die huwelik gestel word nie. Per slot van sake is die huwelik deur God, en nie die mens nie, ingestel. Volgens die Bybel bestaan die huwelik uit ten minste drie elemente:-

1. Een of ander huwelikseremonie, al is dit hoe eenvoudig. Die huwelik tussen Boas en Rut (Rut hoofstukke 3 en 4) wys dat dit nie 'n verhouding is wat mens ligtelik ingaan nie; daar is 'n spesifieke oomblik wanneer jy ten volle getroud is. Christus word vergelyk met die bruidegom en die gelowiges met die bruid, met wie hy dan sal trou wanneer hy weer kom. Openbaring 19:7-9 vertel van "die bruilof van die Lam". Die verhouding tussen man en vrou illustreer die tussen Christus en die gelowiges (EfesiŽrs 5:25-30); net soos daar 'n spesifieke oomblik sal wees wanneer ons getroud is, so moet 'n huwelik van gelowiges 'n spesifieke oomblik hÍ wanneer dit 'n aanvang neem. Dit is 'n tipe van die eenwording tussen Christus en ons in die oordeelsdag.

2. God se huwelik met Israel het 'n wedersydse verbond van getrouheid aan mekaar behels (EsegiŽl 16:8), en dit behoort ook 'n eienskap in die huwelik van gelowiges te wees.

3. Seksuele gemeenskap is nodig om 'n huwelik te volvoer (Deuteronomium 21:13; Genesis 24:67; 29:21). As gevolg hiervan verduidelik 1 KorinthiŽrs 6:15,16 waarom gemeenskap buite die huwelik so verkeerd is. Seksuele gemeenskap, in fisiese terme, is 'n teken van hoe God 'n getroude paar verenig (Genenesis 2:24). Om in "een vlees" verenig te word in 'n tydelike verhouding is dus 'n skending van die liggame wat God vir ons gegee het.

Dit volg dus dat paartjies wat "saambly" voordat hulle getroud is eintlik in sonde lewe. Tensy hulle hul verhouding formaliseer deur behoorlik getroud te raak Ė of uitmekaar te gaan Ė kan hulle nie gedoop word nie.

In 'n huwelik waar net een party gedoop is, moet die ongedoopte nie verlaat word nie (1 KorinthiŽrs 7:13-15), maar daar moet eerder elke poging gemaak word om mekaar lief te hÍ. So wys die gedoopte deur hulle lewenswyse dat hy of sy 'n vaste geloof in die ware God het, en word daar nie van godsdiens verander bloot om die ander tevrede te stel nie. 1 Petrus 3:1-6 moedig persone in so 'n situasie aan om rein en Godvresend te wandel, en so die ongelowige party moontlik te bekeer.

Die beginsels van die huwelik kom na vore in God se verklaring daaroor: "Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees" (Genesis 2:24). Hierdie strewe na eenheid tussen man en vrou is 'n voorbeeld van ons aanhoudende poging om eenheid met Christus te hÍ, deur die sondigheid en selfsugtigheid van ons menslike natuur te oorwin. Hierdie strewe is teen onsself, eerder as teen Christus of ons huweliksmaat. En hoe meer ons suksesvol is hiermee, hoe gelukkiger en vervullend sal ons verhouding wees.

Maar, ons lewe in 'n wÍreld vol sonde en gebreke, wat nie aan die hoŽ standaarde van heiligheid wat die Bybel voor ons stel, kan voldoen nie, veral nie die voorbeeld van God of Jesus se liefde nie. Die ideale standaard wat in Genesis 2:24 gestel word is van een man en een vrou wat vir altyd saamleef in algehele eenheid.

Gelowiges moet bereid wees om te aanvaar dat hierdie standaard soms nie gehandhaaf kan word in hul eie lewens nie, en ook nie in die van ander gelowiges nie. Man en vrou kan dalk stry en die eenheid van doel wat hulle moet hÍ verloor; dit mag dalk fisies onmoontlik wees om die huwelik te volvoer; 'n man het dalk verskeie vrouens wat hy geneem het voordat hy gedoop is, as hy in 'n gemeenskap bly wat veelwywery toelaat. In hierdie geval moet hy sy vrouens behou, maar hy moet nie nog ander neem nie. Die apostel Paulus, wat op 'n meesterlike manier menslike simpatie en onwrikbare aanhang van Goddelike beginsels saam gesmelt het, het derhalwe voorgestel dat skeiding moontlik was in uiterste gevalle van onverenigbaarheid. "En aan die getroudes beveel ek--nie ek nie, maar die Here--dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie" (1 KorinthiŽrs 7:10-11).

Hierdie stelling van 'n ideale standaard, maar gewilligheid om 'n laer standaard te aanvaar, mits dit nie 'n basiese Goddelike beginsel verontagsaam nie (bv. dat egbreek verkeerd is), is 'n redelike algemene verskynsel in die Bybel. Paulus se raad in 1 KorinthiŽrs 7:10-11 is verwant aan 1 KorinthiŽrs 7:27,28: ". . . is jy los van 'n vrou, moenie 'n vrou soek nie (bly ongetroud). Maar as jy tog trou, sondig jy nie."

Doelbewuste egskeiding is egter 'n wÍreldse instelling en is 'n verwerping van God se beginsel dat man en vrou moet erken dat Hy hulle verbind het as een vlees, al vind hulle dit moeilik om in dit die praktyk toe te pas. Christus se woorde is dalk nie maklik om te aanvaar nie, maar hulle is baie duidelik:

"maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra. En Hy sÍ vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar; en as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk" (Markus 10:6-12).

In die hele gebied van seksuele gemeenskap, is die vlees vinnig om aanneembare verskonings uit te dink om sy natuurlike drange te regverdig. Mense wat in situasies beland waar versoeking baie groot is, sal slegs die krag en geestelike stamina wat hulle nodig het kry deur 'n aanhoudende meditasie van die verse wat in hierdie seksie aangehaal word. Sommige probeer homoseksualiteit en lesbianisme regverdig as regmatige, natuurlike begeertes. Daar is egter absoluut geen twyfel daaraan nie dat sulke bedrywighede geheel en al afskuwelik is in God se oŽ.

Die basiese beginsel van Genesis 2:24 ontbloot die sondigheid van homoseksualiteit; dit is God se bedoeling dat man en vrou moet trou en mekaar aankleef. God het die vrou geskape om 'n hulp vir Adam te wees, eerder as 'n ander man. Seksuele omgang tussen mans word oor en oor in die Bybel veroordeel. Dit was een van die sondes wat veroorsaak het dat Sodom vernietig is (Genesis hoofstukke 18,19); die apostel Paulus maak dit baie duidelik dat die volhou van sulke praktyke God se woede op die hals haal en die uitsluiting van Sy Koninkryk tot gevolg het (Romeine 1:18-32; 1 KorinthiŽrs 6:9,10).

Die feit dat ons in die verlede met sulke dinge betrokke was, moet ons nie laat voel dat ons buite God se hulp is nie. Daar is vergifnis by God (Psalm 130:4).

Die ekklesia by Korinthe het van hierdie berouvolle losbolle gehad: " Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beŽrwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus Ö" (1 KorinthiŽrs 10,-11).

Die klagte dat jy geen natuurlike aantrekking vir die teenoorgestelde geslag het nie, is inderdaad 'n aantuiging dat God onregverdig is deur homoseksualiteit te verbied, want Hy het ons gemaak met daardie onweerstaanbare versoeking.

God sal ons nie in versoekings laat kom wat ons nie redelik kan verdra nie, sonder dat daar vir ons 'n uitweg is nie (1 KorinthiŽrs 10:13). Deur te veel toe te gee aan enige aspek van die vlees, kan 'n mens 'n punt bereik waar dit soos 'n tweede natuur word. So kan 'n alkoholis of dwelmverslaafde nie lewe sonder die gereelde inneem van sekere chemikalieŽ nie. Om terug te keer na 'n normale leefwyse, moet hy sy geestelike uitkyk verander, met die hulp van terapie.

Homoseksuele persone moet deur dieselfde proses gaan. God sal vir die mens gee, dit wat hy wil hÍ; as hulle hulleself dan heeltemal wil oorgee aan natuurlike drange, sal God met hulle maak soos wat Hy met Israel van ouds gedoen het: " Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in diť wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang " (Romeine 1:26,27).

Is dit nie hier 'n duidelike profesie oor VIGS, en al die ander seksueel oordraagbare siektes wat hierdie siek wÍreld vandag ondervind nie?


  Back
Home
Next