Bybele Beginsels
Studie 11: 'n Lewe in Christus
Inleiding | Heiligheid | Die gebruik van geweld | Die politiek | WÍreldse plesier | Bybelstudie | Gebed | Verkondiging | Kerklewe | Die breek van brood - Nagmaal. | Die Huwelik | Gemeenskap | Vrae

11.3.4 Kerklewe

Ons het sover in hierdie studie gepraat oor ons persoolike geestelike verantwoordelikhede. Maar ons het 'n verpligting om gereeld bymekaar te kom met die wat dieselfde hoop deel. Weereens moet dit iets wees wat ons graag wil doen. Ons het gewys dat ons na ons doop 'n wildernesreis na die Koninkryk begin. Dit is net natuurlik dat ons kontak sal wil maak met mede-reisigers. Ons lewe in die laaste dae voor Christus se koms; om die vele beproewinge wat ons in hierdie tye teŽkom te oorwin, is dit nodig dat ons gemeenskap met die wat in dieselfde posisie is moet hÍ: " . . . en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom." Vergelyk met "Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer" (HebreŽrs 10:25 vergelyk Maleagi 3:16).

Gelowiges moet dus elke poging aanwend om kontak met mekaar te behou deur gereeld te deel in Bybelstudie, die Nagmaaldiens, verkondigingsaktiwiteite, en deur vir mekaar te skryf as die afstande te groot is. Elkeen van ons is afsonderlik "geroep" uit die wÍreld uit na die wonderlike hoop van die Koninkryk. Die woord "heilige" beteken "iemand wat geroep is", en kan verwys na alle ware gelowiges, eerder as net 'n paar uitstaande gelowiges van die verlede. Die Griekse woord wat "kerk" vertaal word, is "ekklesia", en dit beteken " 'n byeenkoms van persone wat geroep is", dit is gelowiges. Die "kerk" verwys dus na die groep gelowiges, eerder as die fisiese gebou waar hulle byeenkom. Om misverstand te vermy in die gebruik van hierdie term, praat Christadelphians van hulle kerke of gemeentes as "ekklesias".

Waar daar ookal 'n paar gelowiges in 'n dorp of area is, is dit logies dat hulle 'n plek sal kry om gereeld byeen te kom. Dit kan in 'n gelowige se huis of in 'n gehuurde saal wees. Christadelphian ekklesias kom wÍreldwyd byeen in plekke soos gemeenskapsale, sale wat hulle self laat bou, of privaat wonings. Die doel van 'n ekklesia is om sy lede op te bou deur gesamentlike Bybelstudie en ook gesamentlik aan die wÍreld te getuig deur hulle lig te laat skyn, deur verkondiging. 'n Tipiese program van 'n Christadelphian ekklesia sal so daar uitsien:

SONDAG : 11vm. Nagmaaldiens
  6nm. Openbare verkondiging
WOENSDAG : 8nm. Bybelstudie

Die ekklesia is deel van God se familie. In so 'n gemeenskap moet elke lid sensatief en onderdanig wees aan die ander; Christus self was die groot voorbeeld hierin. Ten spyte van die feit dat hy geestelik bo almal uitgetoring het, was hy self dienaar, het hy self die dissipels se voete gewas terwyl hulle gestry het oor wie die belangrikste onder hulle was. Jesus beveel ons om sy voorbeeld van diens te volg (Johannes 13:14,15; MattheŁs 20:25-28).

Nou dat die wonderbaarlike gawes van die Heilige Gees teruggetrek is, is daar nie plek vir "opsieners" soos daar in die vroeŽ kerk was nie; "want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders" (MattheŁs 23:8). Christadelphians spreek mekaar derhalwe aan as "broer" of "suster", en gebruik voorname tenspyte van hulle verskillende posisies in die wÍreldlike lewe. Tog is dit duidelik dat daar respek moet wees vir gelowiges wat die enigste ware God reeds vir baie jare ken, of wat vinnig geestelik volwasse geword het deur hulle toewyding aan God se Woord. Sulke gelowiges se raad en leiding sal waardevol wees en waardeer word deur die wat strewe daarna om God se Woord te volg.

Dit wat in die ekklesia geleer word, moet uit die aard van die saak op God se Woord baseer word. Die wat die openbare prediking in die ekklesia doen, weerspieŽl dus vir God, hulle praat namens Hom. Omdat God manlik is, volg dit dat slegs die broers die werk van openbare instruksie van God se Woord kan doen. 1 KorinthiŽrs 14:34 is baie duidelik: "Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie". 1 Tim. 2:11-15 gee vir ons die rede hiervoor en neem ons terug na die gebeure in die tuin van Eden; omdat Eva vir Adam geleer het om sonde te doen, moet die vrou nie nou vir die man leer nie. Die feit dat God vir Adam voor Eva geskape het, is 'n teken dat "die man die hoof is van die vrou" (1 KorinthiŽrs 11:3), en dus moet die man die vrou geestelik lei eerder as anders om.

As gevolg van al hierdie dinge, moet

" Die vrou haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoŽnheid" (1 TimotheŁs 2:11-15).

Dit is dus duidelik dat die Bybel sekere spesifieke en afsonderlike rolle vir die man en die vrou het. Die vrouens word beveel om in sekere gevalle te "trou, kinders te baar, hulle huise te regeer" (1 TimotheŁs 5:14); dit is 'n indikasie dat hulle geestelike pligte in die huis moet wees. Die openbare werk in die ekklesia word dus aan die man oorgelaat.

Dit is in skerp kontras met die humanistiese teorieŽ van geslagsgelykheid, waar die toegewyde beroepsvrou gelykheid met haar man in elke opsig kan eis, vanaf die bestuur van die huishoudelike finansies tot die dra van uniseks klere. Dit wil voorkom asof die voortbring van kinders 'n ongerief is vir so baie jong getroudes van vandag.

Die man moet nie baasspeel oor sy vrou of haar hiet en gebied nie (EfesiŽrs 5:25). "Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is--sodat julle gebede nie verhinder mag word nie" (1 Petrus 3:7). In geestelike terme is die man en die vrou deur die doop in Christus gelykes (GalasiŽrs 3:27,28 vergelyk 1 KorinthiŽrs 11:11). Maar dit verander nie die duidelike beginsel dat "die man die hoof van die vrou is" nie (1 KorinthiŽrs 11:3), in praktiese en geestelike sake, beide in die familie en in die ekklesia.

Om erkenning van hierdie beginsel te demonstreer, moet die vroulike gelowige haar hoof bedek wanneer 'n broer onderrig gee vanuit God se Woord. In die praktyk beteken dit dat 'n hoed of 'n kopdoek by alle kerklike byeenkomste gedra moet word. Die verskil in die rol wat gespeel word tussen die man en die vrou moet beklemtoon word deur die manier wat mans en vrouens hulle hare dra (1 KorinthiŽrs 11:14,15)." . . . maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof (dit is die man (vers 3) oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is. Want as 'n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir 'n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek. . . . Daarom moet die vrou 'n aanduiding van gesag op die hoof hÍ ter wille van die engele" (1 KorinthiŽrs 11:5,6,10).

Om 'n "onbedekte" hoof te hÍ is "dieselfde asof haar hoof geskeer is", en dit wys dat 'n onbedekte hoof nie 'n kop sonder hare is nie. Dus is 'n "bedekte" hoof nie 'n kop met hare op nie, maar 'n kop waarop 'n bedekking doelbewus geplaas is. 'n Vrou kan sonder 'n kopbedekking nie vertrou op haar natuurlike kopbedekking van hare nie; om dit te doen is in God se oŽ asof sy geen hare het nie.

Dit is verkeerd vir 'n man om 'n kopbedekking te hÍ (1 KorinthiŽrs 11:7); dit praat nie hier van hare nie, maar die dra van 'n spesifieke hoofbedekking. Volgens die kultuur van die Nuwe Testament tye, het 'n vrou slegs haar kop geskeer as sy ontbloot is as 'n hoer of een wat egbreuk gepleeg het, of as sy oor haar man se dood rou. Vir 'n vrou wat geskeer is sou wys dat sy haar man verloor het Ė dit is Christus as tipe. Die vrou verteenwoordig die ekklesia, terwyl die man vir Christus verteenwoordig. Omdat ons 'n bewustelike besluit moet maak om ons sondes deur Christus te laat bedek, so moet die vrou 'n bewustelike besluit maak om haar kop te bedek. As sy in haar natuurlike bedekking van hare vertrou, is dit asof ons in ons eie geregtigheid vertrou om ons te red, eerder as Christus.

Aangesien 'n vrou se langer hare "vir haar 'n eer is" (1 KorinthiŽrs 11:15), moet sy haar hare op so 'n manier laat groei dat dit haar onderskeid van die man beklemtoon. Die verskil tussen manlike en vroulike haarstyle moet deur die vrou gebruik word as 'n geleentheid om haar afsonderlike rol te laat uitstaan.

In hierdie sake van 'n vrou wat lang hare moet hÍ en 'n hoofbedekking moet dra, moet ons versigtig wees om nie die dinge bloot as 'n teken te doen nie. As 'n suster 'n werklike geestelike en onderdanige gesindheid het (vergelyk 1 Petrus 3:5), sal sy haar onderwerp aan die broers, soos die gelowiges aan Christus, en sal dit vir haar 'n plesier wees om onderdanigheid in elke opsig te wys, insluitend die dra van 'n hoofbedekking.

As die rede vir hierdie bevele verstaan word, soos met al God se bevele, sal daar geen teensinnigheid wees om hulle na te kom nie. Daar is altyd werk vir susters in die ekklesia Ė Sondagskool onderwysing, en die vele ander pligte wat nie openbare preek of onderrig behels nie, bv. die boeke hou. Geestelik volwasse vrouens kan aangemoedig word om onderrig sessies vir jonger susters te gee (Titus 2:3-5 vergelyk Mirjam wat die vroue van Israel gelei het in Exodus 15:20).


  Back
Home
Next