Bybele Beginsels
Studie 10: Die Doop
Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop | Hoe Moet Ons Gedoop Word ? | Die Betekenis Van Die Doop. | Die Doop En Saligheid | Inset (Her-Doop, Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop, Die Dief Aan Die Kruis, 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens) | Vrae

Inset 33: 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens

Om U 'n idee te gee van hoe 'n doop behoorlik uitgevoer word, beskryf ons nou 'n doopdiens wat deur Christadelphians in Hartpool, Engeland op 'n Saterdag middag gehou is. Dit moet egter beklemtoon word dat die doop fundamenteel 'n onderdompeling in water is, na 'n ware bekering en geloof in die Evangelie. Die "diens" is net 'n opsionele ekstra om 'n gepaste atmosfeer van die belangrikheid van die gebeurtenis te skep.

Die orde van die gebeure was as volg:-

  1. Openings gebed

  2. Lesing van Romeine 6

  3. Kort "preek" oor die doop (Hieronder gedruk, maar werklike name verander)

  4. Gebed

  5. Onderdompeling van die bekeerling in 'n swembad

  6. Gebed.

"Preek" oor die doop

Daar kan geen twyfel wees dat vandag die belangrikste in Dawid se lewe is nie. Binne 'n paar minute sal hy onder die water ingaan en ten volle "in Christus" opstaan; 'n nageslag van Abraham, en in besit van die glorieryke beloftes wat die Evangelie boodskap uitmaak.Die eenvoudigheid van die doop kan baie misleidend wees.

Tog weet Dawid en ons almal dat hierdie onderdompeling hom met die dood en wederopstanding van Jesus assosieer, soos ons in Romeine 6 vers 3-6 lees::-" Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie."

Laat ons vir 'n paar oomblikke probeer om die toneel by Jesus se wederopstanding voor te stel. As Dawid uit die water opkom sal hy geassosieer wees met die opstanding van Jesus uit die dood uit. Ons kan ons die varsheid en stilte van die aandlug voorstel, asook die heerlike gevoel van nuwe lewe wat Jesus moes gehad het. Hy sou die ligte van Jerusalem sien flikker, terwyl die mense daar totaal onbewus was van die wonderlike gebeurtenis wat so na aan hulle plaasgevind het - 'n man het uit die dood opgestaan tot 'n nuwe lewe !

Net so sal die wêreld vandag geen waardering hê vir hierdie wonderlike gebeurtenis wanneer Dawid uit die water opstaan nie. Al wat hulle sou sien as hulle wou kyk is 'n groepie mense wat na 'n swembad toe stap en dat een mens 'n ander die water in dompel. Maar net soos die engele met Jesus se wederopstanding gejubel het, sal hulle ook vandag verheug wees oor een sondaar wat tot bekering gekom het.

Ons het in Romeine 6 gelees dat ons in 'n nuwe lewe moet wandel - die vreugde wat Dawid nou het moet by hom bly in hierdie nuwe lewenswandel van hom. Soos ons gelees het sal hy nie langer meer 'n slaaf van die sonde wees nie, maar 'n dienskneg van God wat God se wil, soos in die Bybel geopenbaar, doen. Die versoeking is groot om te redeneer dat ons vir onsself vryheid wil hê. Deur onsself te dien is egter nie vryheid nie maar slawerny van die sonde. Dawid verander nou van "eienaars" ten einde God te dien. Met tye sal dit voel asof die beperkings wat die nuwe lewe op ons plaas te veel is om te hanteer en sal ons versoek word om dit te probeer afskud.

As ons dit egter doen sal ons nie vry wees nie, maar slegs net weer die sonde dien. Paulus verduidelik in 1 Korinthiërs 10:1,2 dat ons doop soos die Israeliete se deurtog deur die Rooi See is. Daar is 'n vergelyking wat hier getref kan word waaruit ons lesse kan leer. Die Israeliete was slawe in Egipte wat sinnelose lewens gely het terwyl hulle hard moes werk en die afgode van Egipte gedien het. As gevolg hiervan het hulle tot God geroep om tot hul redding te kom, alhoewel hulle geen idee gehad het hoe God sou antwoord nie. God het geantwoord deur Moses te stuur om hulle uit Egipte, deur die Rooi See, deur die wildernis tot in die beloofde land, te lei.

Israel in Egipte is soos Dawid en talle ander wat na die doop waters kom. Wanneer Dawid uit die waters van die doop opstaan, sal hy nie dadelik in die beloofde land wees nie. Hy sal by ons aansluit - die wat besig is om in die wildernis deur te trek. God het Israel deur die woestyn gelei d.m.v. 'n engel wat dag en nag by hulle was. Net so het elkeen van ons 'n engel wat ons behoed en ons deur ons lewens lei op pad na saligheid toe (Psalm 34:8; Hebreërs 1:14).

Israel was elke dag met manna gevoed. Jesus stel dit in Johannes hoofstuk 6 gelyk aan God se Woord. As die Israeliete nie die manna daagliks geëet het nie sou hulle gesterf het - daar was geen ander kos om te eet nie. Dit is hoekom dat ons U ten sterkste aanraai om U Bybel daagliks te lees volgens 'n leesplan. Dit is uiters noodsaaklik om tyd te maak om elke dag, verkieslik op dieselfde tyd, die Skrif te lees en daaroor te bepeins.

Israel het ook van die water gedrink wat uit die rots wat Moses geslaan het, gevloei het. 1 Korinthiërs 10 sê dat hierdie rots Christus in simboliek verteenwoordig het. So moet ons dan eet en drink in die voorbeeld van Jesus. Dit kan ons doen tydens die herhinneringsfees elke week. Dit behoort ons natuurlike begeerte te wees om bymekaar te kom met ander wat dieselfde hoop as ons deel.

Enige reisiger in 'n woestyn sal graag die geleentheid om 'n ander reisiger te ontmoet, om ervaringe te deel en probleme te bespreek, aangryp. So moet ons ook dan in ons lewe in hierdie sondige wêreld alles moontlik doen om met mekaar kontak te hou.

Selfs al sou ons om praktiese redes nie fisies kon ontmoet nie, moet ons nog probeer om d.m.v. briewe wisseling, die lees van tydskrifte ens. kontak te hou.

Ons het gepraat oor die verantwoordelikhede van die nuwe lewe. Dit is egter verkeerd om te dink dat God ons sal beloon in ruil vir hierdie dade van ons. Dit is God se goeie wil om ons die Koninkryk te gee as 'n gawe, nie as 'n beloning vir ons werke nie (Romeine 6:23). Dit sal verkeerd wees om te dink dat die doop 'n goeie idee is aangesien dit ons 'n redelike kans sal gee om in die Koninkryk te wees. Die Waarheid, die liefde van God en die oorwinning van Jesus maak dit baie meer positief. God wil regtig hê dat Dawid en ons almal hier teenwoordig in die Koninkryk moet wees. Hierdie feit is so wonderlik dat ons onsself van tyd tot tyd moet herhinner dat dit waar is, en dat ons in die lig daarvan moet reageer op God se liefde.

Toe Israel uit die Rooi See gekom het was daar uitbundige blydskap; Moses het sy lied gesing en al die mense het gejubel: Psalm 105:34-41 toon dit duidelik aan en wys ook hoe God alles wat nodig was vir hulle verdere reis, voorsien het : " wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond. Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag. Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie. Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval. Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig. Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood. Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke--'n rivier! "

Hierdie blydskap is ook ons blydskap, jou toekomstige broers en susters wat hier teenwoordig is om jou doop mee te maak. Dit is ook die blydskap van God, Jesus en die Engele wat alles nou intens dophou. Mag ons almal hierdie hoop en blydskap standvastig tot die einde vashou, sodat ons saam na die Koninkryk kan stap. Ons sal nou na die swembad beweeg om Dawid te doop.


  Back
Home
Next