Bybele Beginsels
Studie 10: Die Doop
Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop | Hoe Moet Ons Gedoop Word ? | Die Betekenis Van Die Doop. | Die Doop En Saligheid | Inset (Her-Doop, Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop, Die Dief Aan Die Kruis, 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens) | Vrae

Inset 31: Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop

Baie lesers het dalk al mense in Evangelistiese kerke teŽgekom wat redeneer dat leringe onbelangrik is t.o.v. saligheid. Hulle voer aan dat slegs 'n mondelinge getuienis van "Ek glo Jesus Christus is die Seun van God" die basiese voorvereiste vir saligheid is. Oppervlakkig klink dit moontlik a.g.v. die wyse waarop sommige bekeringe in die boek Handelinge opgeteken staan. So 'n benadering is ook aanloklik vir die idees van "liefde" en "verdraagsaamheid" wat voorrang geniet in ons dag en tyd. Hierdie studie wys in meer detail uit hoe belangrik leerstellinge egter is.

HOEKOM SO VINNIG?

Daar kan geen twyfel wees dat 'n vinnige lees van Handelinge die indruk skep dat baie van die dope geskied het sonder breedvoerige instruksie aangaande die Evangelie, en met slegs 'n kort belydenis van geloof in Christus as God se Seun. Om net die vier woorde "Ek glo in Christus" uit te spreek is duidelik betekenisloos as 'n weg tot redding. Meeste Evangeliste sal toegee dat daar 'n bietjie meer kennis of waardering in die denke van die persoon wat hierdie woorde uiter moet wees, ten einde die woorde sinvol te maak. Dit is dus moeilik om te redeneer dat die skrifgedeeltes wat die belydenisse van geloof, dat Jesus die Seun van God is, 'n bewys is dat slegs die woorde van die belydenis geuiter hoef te word om 'n mens se redding te verkry.

Die volgende punte kan help om hierdie oŽnskynlike vinnige bekerings te verduidelik:

Die verhaal in Handelinge Ė soos in baie ander dele van die Skrif Ė is uit die aard van die saak baie kort. Dit is interessant om van die toesprake in Handelinge hardop te lees en die tyd wat dit neem aan te teken. Dit is seker dat hierdie toesprake in realiteit baie langer was as die paar minute wat die neem om dit hardop te lees. Die kern van die toesprake word dus weergegee terwyl ander dele daarvan nie opgeteken is nie. 'n Paar voorbeelde:

1. Paulus se toespraak in Handelinge 22 neem 4 minute om te lees; sy toespraak voor Felix een minuut; sy toespraak voor Agrippa 4 minute; Petrus se toespraak met Pinksterdag neem net 4 minute om te lees; sy gesprek met Kornelius 3 minute en sy verkondiging in Handlinge 3:12-26 lees 'n mens in 2 minute. Hierdie laaste toespraak was egter lank genoeg om die nuus oor die inhoud daarvan na die priesters, die hoof van die tempel en die Saduseers te stuur, en vir hulle om toe na die toneel van die toespraak te kom (Handelinge 4:1). Die feit dat 'n meer breedvoerige onderrig van doopkandidate nie opgeteken staan nie, beteken nie dat hulle dit nie ontvang het nie.

2. Daar is rede om te glo dat die massa doop van die Jode in Jerusalem met die eerste Pinkster 'n spesiale geval was. Daar is geen bewyse dat sulke gevalle later in die eerste eeu weer voorgekom het nie.

Omdat hierdie mense Jode was, het hulle 'n redelike kennis van die Ou Testament en God se weŽ gehad. Die diepte van Paulus se brief aan die HebreŽrs wys dat hulle in staat was om menige verwysings na die Ou Testament te begryp. Dit is verbasend dat Paulus na hul kennis van Malgesidek verwys as die melk van die woord en dat hy kla dat hy dit nie in meer detail kan bespreek nie a.g.v. hulle geestelike onvolwassenheid (HebreŽrs 5:11,12). Dit gee 'n aanduiding van die vlak van hul kennis op die dag van Pinkster.

Ons hoop te wys dat die verkondiging van die naam van Christus en die belydenis daarvan, soos in Handelinge beskryf, gelykstaande was aan 'n breŽr insig oor belangrike leerstellinge. Dit wil voorkom uit 1 KorinthiŽrs 1:17 dat Paulus (en ander apostels?) in samewerking met 'n effektiewe span opvolg-instrukteurs en dopers gewerk het. Hy het dus net 'n relatiewe kort tydjie in elke plek waar hy gepreek het deurgebring.

DIE NAAM VAN JESUS

Die Naam van God sluit baie lering in m.b.t. Sy weŽ en Homself. Die Naam van Jesus Christus is ook nie net 'n noemnaam nie, maar 'n dieper verklaring van sekere leerstellings. Geloof in die naam van Jesus word geassosieer met die doop (Johannes 3:5, 18, 23). GalasiŽrs 3:26, 27 verbind geloof in Christus onherroeplik met die doop in hom " Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee" (GalasiŽrs 3:26, 27).

Verdere verbintenisse tussen geloof en die doop word gevind in Handelinge 19:4; 10:42 vergelyk vers 48; 2:37, 38; Lukas 24:47. Apollos het Johannes se doop "geken" (Handelinge 18:25) wat impliseer dat sy doop nie slegs 'n handeling was nie maar dat dit onderrig behels het. Handelinge 8:5 "En Filippus het afgekom in 'n stad van SamarŪa en Christus aan hulle verkondig," klink asof hy net gesÍ het "glo in Jesus"; maar "Christus" word in Handelinge 8:12 as volg gedefinieer: "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue."

Let op dat "die Evangelie" nie net 'n kort verklaring oor Christus is nie. Om Christus te verkondig het, het ook die lering van die doop ingesluit. Johannes 6:40 sÍ dat dit die wil van God is dat " elkeen wat die Seun aanskou (verstaan) en in Hom glo, die ewige lewe mag hÍ" terwyl Jesus later sÍ dat " As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet Ö.." (Johannes 7:17). Om die leringe te ken is dus dieselfde as om die Seun te "sien". Christus se woorde: "Ö. jy het my woord bewaar en my Naam nie verloŽn nie" (Openbaring 3:8) wys ook dat die woorde van Christus gelykstaande is aan sy naam.

Om "in Christus te glo" sluit dus skriftuurlik die doop in : " Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want (m.a.w. omdat) julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee"(GalasiŽrs 3:26,27). Paulus praat asof hulle geloof in Christus 'n natuurlike aksie van die doop tot gevolg sou hÍ. Om dus in Christus te glo is 'n proses van insig wat deur gehoorsaamheid gevolg word, eerder as 'n vinnige mondelingse belydenis van "Ek glo in Christus". Dit word ook uitgewys in Johannes 6:35 " wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie," wat geloof in Christus gelykstel aan "om na hom te kom" wat weer wys dat geloof 'n proses is.

Om Christus te verkondig het dus 'n reeks leringe behels. Lukas 9:11 beskryf derhalwe Christus wat die Evangelie van die Koninkryk van God verkondig (vergelyk Mattheus 4:23), terwyl die gelykstaande versgedeelte in Markus 6:34 verwys na Jesus wat hulle "baie dinge" geleer het Ė nie net 'n kort verklaring oor Christus wat in 'n minuut gemaak kan word nie. So lees ons dan " nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, (geleer het, Grieks) Ö." (Handelinge 14:21), wat verkondiging en onderrig gelyk stel. Sulke taal sou onnodig gewees het as die Evangelie net 'n paar eenvoudige verklaringe was. Paulus se verkondiging in Berea het tot gevolg gehad dat mense die skriftuur daagliks ondersoek het om te verifieer wat Paulus hulle geleer het (Handelinge 17:11). Die Evangelie wat Paulus verkondig het was totaal gebaseer op die Ou Testament en dit was a.g.v. die mense se proses van Bybelstudie na die aanhoor van die Evangelie dat hulle geglo het : " Baie van hulle het dan ook gelowig geword, Ö.." (Handelinge 17:12).

Wanneer ons met mense praat wat weinig kennis van die Bybel het, en wat dit nie dikwels ondersoek na bespreking daarvan nie, is dit nie verbasend dat die tydperk van hulle onderrig veel langer is as die van die eerste eeu nie. " Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; .." (1 Johannes 5:1) kom duidelik ooreen met verse soos " Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid,Ö" (Jakobus 1:18), en "want julle is wedergebore Ö.. deur die lewende woord van GodÖ.dit is die woord wat aan julle verkondig is" (1 Petrus 1:23,25). Dit bewys dat om te glo dat Christus die Seun van God is, beteken dat die Evangelie, soos vervat in die Woord van God, verstaan word.

DIE KONING VAN DIE KONINKRYK

Die klem om "in Christus te glo" word meer betekenisvol as dit eers begryp word dat die titel "Christus" in sommige versgedeeltes sinoniem is met die Koninkryk van Christus. So het Jesus dan vir die FariseŽrs gesÍ dat hulle nie vir die Messias moes soek nie aangesien hy reeds in hulle midde was. Hy stel dit as volg: " Ö.. die koninkryk van God is in julle midde" (Lukas 17:21 in die oorspronklike Grieks). Dit wys dat "die Koninkryk" gelyk gestel kan word aan die koning van die Koninkryk. Johannes se verkondiging dat die Koninkryk van God naby was, verwys dus na sy inleiding van die koms van Christus.

Die klip wat Nebukadnesar se beeld tref verteenwoordig God se Koninkryk (DaniŽl 2:44); dit is die klip / Koninkryk wat " al daardie koninkryke (sal) verbrysel en daar 'n einde aan maak,Ö" (DaniŽl 2:44). Dit wys dat die klip die Koninkryk is wanneer dit die beeld tref, en ook nadat dit die beeld vernietig. Op dieselfde wyse verwys EsegiŽl se gelykenis van die wynstok na 'n steggie wat afgesny en geplant word en dit 'n groot boom word, "sodat al die voŽls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon" (EsegiŽl 17:22,23).

Dit moet na Christus verwys, die steggie van Jesaja 53:2; en tog is daar ooglopende ooreenkomste met Jesus se gelykenis van die mosterd saad, waarin die Koninkryk van God aan 'n klein saadjie wat tot 'n groot boom groei, gelyk gestel word.

Hierdie ooreenkoms tussen die woord oor die Koninkryk en Jesus self wys dat hy homself as die lewende woord van die Koninkryk beskou het. In die lig hiervan is dit te verstane dat "om in Jesus te glo" en om in die volle Evangelie van die Koninkryk van God te glo, identies is.

WAT IS DIE EVANGELIE?

Ons gaan nou, dit wat deur die eerste eeuse gelowiges as essensiŽle leringe beskou is, in meer detail bespreek. Dit moet besef word dat daar 'n stel leringe ten tye van die Nuwe Testament was wat soortgelyk aan 'n "geloofsverklaring" was. Nog 'n belangrike faktor om in gedagte te hou is dat daar broers was wat die gawe van profesie Ė die oordra van direkte openbaringe van God onder inspirasie Ė gehad het. Daar is rede om te glo dat met tyd, van hierdie geÔnspireerde uitsprake by die bestaande leringe gevoeg is.

'n Stel leringe.

Paulus kon sÍ dat diegene in die Romeinse gemeente ten minste " van harte gehoorsaam geword (het) aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is," (Romeine 6:17) voor hulle doop. Die Grieks vir "voorbeeld" word ook as "patroon" vertaal Ė asof dit verwys na 'n stel leringe wat elders gekopieer was. Paulus se verwysing hierna dui op die belangrikheid van 'n gedefinieerde stel leringe wat voor die doop verstaan moes word, en dat dit ook nie net 'n paar kort stellings was wat voor die doop opgenoem moes word nie.

Sommige in die gemeente het "'n gedaante van godsaligheid gehad, maar die krag daarvan verloŽn" (2 Timotheus 3:5), wat daarop dui dat hulle die basiese leringe verstaan het, maar nie die werklike krag van die Waarheid in hulle daaglikse lewens erken het nie. Paulus herinner die GalasiŽrs: "Ö julle voor wie se oŽ Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig" (GalasiŽrs. 3:1). Die Grieks vir "afgeskilder" beteken letterlik "om in woorde uitgespel te word", asof die oorspronklike onderrig van die GalasiŽrs d.m.v. 'n geskrewe handboek gelei was.

Met sy definieering van die lering van die opstanding, sÍ Paulus " Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte " (1 KorinthiŽrs 15:3). Dit wys dat hy 'n openbaring oor hierdie dinge ontvang het, en dit toe aan hulle oorgelewer het as leringe wat as fundamenteel aanvaar moes word. 2 Petrus 2:21,22 is heel gepas in hierdie verband: "Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sÍ: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol. " Hier word "die weg" en die "heilige gebod" wat aan hulle "oorgelewer" was, geassosieer met die doop asof die weg en die gebod voor die doop geken was.

Ons het gewys dat daar nie net een gebod was om voor die doop te verstaan het nie. Die woord "gebod" in die enkelvoud mag dus beteken dat daar 'n stel leringe was wat duidelik gedefinieer was, en wat voor die doop verstaan moes word. Daar is verskeie versgedeeltes wat praat van die "ontvangs" van onderrig oor leringe en "die Evangelie": GalasiŽrs 1:9,12; Filippense 4:9; Kolossense 2:6; 1 Thessalonicense 1:6; 2:13; 4:1. Dit bevestig dat "die Evangelie" 'n samevatting van 'n spesifieke stel leringe was wat eerstens deur die apostels "ontvang" is en daarna deur diegene aan wie hulle dit verkondig het.

"Die Geloof"

Judas praat ook van " die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is" (Judas 3). "Die geloof" is dus gelykstaande aan die "vorm van leringe" wat aan hulle gelewer was voor die doop. Dit was dus nog 'n term (frase) in die eerste eeu wat na hierdie stel leringe verwys het.

Paulus se aanmoediging "Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou" (HebreŽrs 10:23), kan moontlik terug verwys na hulle openbare belydenis van "die geloof" voor hulle doop.

Om vas te hou aan die "betroubare woord" (Titus 1:9), sou in die eerste plek verwys na behoud van hierdie "Geloofsbelydenis" wat hulle oorspronklik geleer het. Die "gemeenskaplike geloof" (Titus 1:3) wys dat hierdie leringe deur alle gelowiges gedeel was; daar was net "een geloof" (EfesiŽrs 4:5). "Die geloof" en die naam van Christus word verbind in Handelinge 3:16. Beide in die praktyk (1 TimotheŁs 6:10) en lering (1 TimotheŁs 4:1) het Paulus gewaarsku dat sommige van "die geloof" sou weg dwaal. Die eerste fase van hierdie wegdwaling sou wees om te sÍ dat die definieering van "die geloof" nie moontlik is nie.

PRAKTIESE SAKE

Praktiese kwessies was ook deel van hierdie stel leringe. "Die geloof in Christus" het die redenasie oor "geregtigheid, geduld, en die komende oordeel" ingesluit (Handelinge 24:24,25). Paulus praat oor die instruksies m.b.t. die nagmaal net soos hy oor die lering van die wederopstanding praat: "Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het" (1 KorinthiŽrs 11:23). Dit blyk dat daar 'n aantal van hierdie praktiese aspekte was wat Paulus later in sy advies oor die plek van sisters in die gemeente ingesluit het: "En ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het. Maar ek wil hÍ dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus" (1 KorinthiŽrs 11:2,3).

Dit dui daarop dat die verduideliking van hierdie sake voor die doop moet wees, en dat hulle deel was van 'n stel leringe waarop aangedring is in die eerste eeu. Die Griekse woord vir "leringe" word ook vertaal as "oorlewing" in 2 Thessalonisense 3:6 en " voorskrifte" in 2 Thessalonicense2:15. Dit wys weer op die kardinale belang om aan hierdie stel leringe te glo en van diegene wat dit nie gehoorsaam nie te skei. " een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teŽsprekers te weerlÍ" (Titus 1:9).

Ons weet dat daar "valse profete" in die vroeŽ gemeentes was wat aanspraak daarop gemaak het dat hulle openbaringe van God gehad het oor leringe wat kwansuis by die aanvaarde stel leringe gevoeg moes word.

Paulus beklemtoon dus wat "betroubare woorde" van geÔnspireerde openbare lering is (Titus 1:9; 3:8; 2 TimotheŁs 2:11; 1 TimotheŁs 4:9), wat waardig is vir aanvaarding (1 TimotheŁs 1:15; 4:9). Dit is hoekom Johannes waarsku dat nie "elke gees" wat op inspirasie aanspraak maak geglo moet word nie (1 Johannes 4:1).

Spesifieke besonderhede.

Die volgende is duidelike voorbeelde van waar leringe anders as 'n "eenvoudige geloof in Christus" geleer was, as deel van die Evangelie wat voor die doop verstaan moes word:-

  • "in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie" (m.a.w. die een wat Paulus verkondig het; Romeine 2:16). Die lering van die oordeelsdag en verantwoordelikheid word dus ook as 'n "eerste beginsel" geag. Sien ook Handelinge 24:25; HebreŽrs 6:1,2.

  • Die idee dat die besnydenis nodig was vir saligheid word deur Paulus beskryf as 'n "ander evangelie" (GalasiŽrs 1:6). Om dus te weet dat ons nie die Wet van Moses moet onderhou nie (bv. die Sabbat), is deel van die verstaan van die ware Evangelie.

  • Die "Evangelie van die Koninkryk" gaan nie net oor Christus nie maar ook oor sy komende Koninkryk; Jesaja 52:7 (vergelyk Romeine 10:15) beskryf die verkondiger van die Evangelie wat praat van die tyd wanneer daar van Sion gesÍ sal word "Jou God heers" Ė m.a.w. in die Koninkryk.

  • Die korrekte insig oor die "fynere punte" van Christus se natuur was 'n saak van tug (2 Johannes 7-10); as gevolg hiervan het die Evangelie die dinge (meervoud) aangaande Christus behels (Handelinge 8:12). Weereens, om net te sÍ "ons glo in Christus" is nie genoeg nie.

  • Die belangrikheid van die beloftes oor die Koninkryk is ʼn kern deel van die Evangelie. Dit is deur die beloftes dat die Evangelie aan Abraham verkondig was (GalasiŽrs 3:8) en ook aan Israel (HebreŽrs 4:2). Paulus verwys derhalwe na sy verkondiging oor die beloftes aan Dawid as die "woord van verlossing" (Handelinge 13:23,26). Die beloftes was dus 'n uiters belangrike deel van die reddingsboodskap.

So sÍ Paulus dan ook " En ons bring julle die goeie tyding (die Evangelie) van die belofte wat aan die vaders gedoen is," (Handelinge 13:32). So ook in Romeine 1:1-4 "Die Evangelie van God . . . aangaande Sy Seun Jesus Christus, . . . van die nageslag van Dawid."

  • Om die beloftes te verstaan vereis 'n sekere mate van kennis van die geskiedenis van Israel. Paulus se verkondiging in AntiochiŽ (Handelinge 13) is 'n samevatting van Israel se geskiedenis met spesiale klem op die beloftes, en hoe Jesus hulle vervul het. Sy verkondiging was dus op Israel se geskiedenis gebaseer, terwyl hy die skrifte uitgelÍ het en gewaarsku het teen die gevolge van die oordeelsdag, sou 'n mens nie op sy woord reageer nie (Handelinge 13:40,41). Die inhoud van ons evangelie boodskap behoort dieselfde te wees.

GEVOLGTREKKINGS

Die belangrikheid van al hierdie punte kan nie genoeg beklemtoon word nie. "Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor" (1 TimotheŁs 4:13-16).

'n Lys van belangrike leerstellings soos die in Bylae 1 van hierdie boek is vanselfsprekend nie geÔnspireer nie. Dit is egter 'n billike opsomming van baie van die spesifieke items wat in Bybel gedeeltes genoem word as deel van "die geloof", "die tradisies", ens. Hierdie studie het hopelik gewys dat daar 'n definitiewe nodigheid bestaan vir 'n stel leringe wat almal aanvaar en nie huiwerig sal wees om hulself aan te verbind nie. Die inhoud van hierdie stel leringe behoort ons onderrig aan kandidate vir die doop uit te maak. Dit is ook dan net regverdig teenoor hulle om d.m.v. 'n bespreking, voor die doop, vas te stel of hulle ten volle verstaan wat aan hulle geleer is. Dikwels word die gelowiges vermaan om aan "die geloof" vas te klou in tye van nood. "Die fondasie van God staan vas". Ons bekendheid met die eerste beginsels en die wonderlike wyse waarop God se volle doel alles saamvoeg, behoort ons aanmoediging te gee.

Slegs met 'n gereelde verkondiging en her-studie van hierdie dinge sal ons hierdie voordeel en diepe gevoel van versekering hÍ. So kon Paulus dan in sy uur van donkerte en eensaamheid sÍ " Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou" (2 TimotheŁs 4:7; sien ook 2 TimotheŁs 1:12).

VOETNOTA:- Om die Here Jesus te bely.

" As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word" (Romeine 10:9).

Die volgende punte moet genoem word:-

  • Ons het gewys dat "die Here Jesus" 'n sinoniem is vir 'n stel leringe wat die "Evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus", insluitend die doop, behels. (Handelinge 8:5 vergelyk vers 12). Die "belydenis" waarvan Paulus praat kon weliswaar tydens die doop plaasgevind het. Paulus sou in so 'n geval na Markus 16:16 verwys het : "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."

  • Om die wederopstanding van Christus te verstaan, is 'n insig van wat die Bybel oor die hel en die natuur van die mens leer, nodig.

  • Romeine 10:8,9 is parallel met vers 13: "Want: Elkeen wat die Naam van die Here (op homself, in die Grieks) aanroep, sal gered word." Paulus word beskryf as sou hy die naam van die Here oproep toe hy gedoop is (Handelinge 22:16). Net die doop gee ons toegang om in die naam van die Here te wees (MattheŁs 28:19).

  • Nadat die belangrikheid van die doop vroeŽr in Romeine hoofstuk 6 beklemtoon is, is dit onmoontlik dat Paulus nou hier in hoofstuk 10 sal leer dat dit onnodig is vir 'n mens se verlossing.


  Back
Home
Next