Bybele Beginsels
Studie 10: Die Doop
Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop | Hoe Moet Ons Gedoop Word ? | Die Betekenis Van Die Doop. | Die Doop En Saligheid | Inset (Her-Doop, Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop, Die Dief Aan Die Kruis, 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens) | Vrae

10.1 Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop

Menigmaal in vorige studies het ons die lewensbelangrikheid van die doop genoem; die doop is die eerste stap van gehoorsaamheid aan die Evangelie boodskap. HebreŽrs 6:2 praat van die doop as een van die mees basiese leringe. Die bespreking het ons tot nou toe gelaat omdat ware doop net kan plaasvind wanneer die basiese waarhede omtrent die Evangelie reg begryp is. Ons studies t.o.v. die basiese leringe is nou afgehandel; as jy werklik geassosieer wil wees met die groot hoop wat die Bybel bied deur Jesus Christus, is die doop absoluut nodig.

"Die salighied is uit die Jode " (Johannes 4:22) in die sin dat die belofte van saligheid net aan Abraham en sy saad gemaak is. Ons kan alleenlik hierdie beloftes aan ons belowe hÍ as ons deel word van dŪe nageslag deur die doop in Jesus Christus (GalasiŽrs 3:22-29).

Jesus het daarom sy volgelinge beveel: "Gaan die hele wereld in en verkondig die evangelie (wat ingesluit is in die belofte aan Abraham - GalasiŽrs3:8 ) aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word" (Markus16:15-16). Die woord "en" wys dat geloof in die Evangelie alleen ons nie sal red nie; die doop is nie 'n opsionele ekstra in Christelike lewe nie, dit is 'n voorvereiste vir saligheid. Dit is nie te sÍ dat die doop self ons sal red nie;dit moet gevolg word deur 'n lewe toegewy aan God se Woord. Jesus het dit beklemtoon: "Voorwaar voorwaar Ek se vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie" (Johannes 3:5)

Hierdie geboorte "uit water" (Grieks 'van uit' ) verwys na 'n persoon wat opkom uit die waters van die doop; hierna moet hy weer gebore word uit die gees. Dit is 'n aanhoudende proses: "Wedergebore...uit die lewende Woord van God..." (1Petrus1:23). Dus is dit deur ons volgehoue reaksie teenoor die Woord dat ons weergebore word (sien Studie 2.2).

Ons word "..in Christus gedoop" (GalasiŽrs 3:27) ; in sy naam (Handelinge 19:5; 8:16; MattheŁs 28:19). Let op dat ons in Christus gedoop word en nie in die Christadelphians of enige menslike instansie nie.

Sonder die doop is ons nie "in Christus" nie en daarom nie gedek deur sy reddende werk nie (Handelinge 4:12). Petrus gee 'n treffende vergelyking rondom hierdie feit: hy vergelyk die ark in die tyd van Noag met Christus. Soos die ark Noag en sy familie gered het van die oordeel oor sondaars, so-ook sal die doop in Christus gelowiges red van die ewege dood. (1Petrus 3:21). Soos Noag in die ark ingegaan het, so gaan ons, deur gedoop te word, in Christus in. Almal wat nie die ark binne gegaan het nie is vernietig. Die wat naby die ark gestaan het of 'n vriend van Noag was, is nie gered daardeur nie. Die enigste manier om gered te word was om in die ark te wees. Dit is duidelik dat die wederkoms van Christus , wat deur die vloed versinnebeeld is (Lukas17:26-27), baie naby is. (sien Inset 3). Om in Christus "in te gaan" is duidelik baie dringend. Woorde is nie sterk genoeg om die dringendhied van die situasie uit te druk nie. Die vergelyking met die ark stel dit die kragtigste.

Die vroeŽ Christene het Christus se bevel om deur die wÍreld te reis en mense te vertel van die Evangelie en om hulle te doop, gehoorsaam. Die boek Handelinge is bewys hiervan. Die feit dat mense onmiddellik gedoop is nadat hulle die evangelie boodskap gehoor en aanvaar het, is 'n bewys van die dringendheid van die doop (bv. Handelinge 8:12, 36 - 39 ; 10 : 47 ; 16 : 15 ).

As ons eers besef dat sonder die doop ons studies van die woord niks werd is nie, verstaan ons die dringendheid daarvan. Die doop is 'n ontsagtelik belangerikke stap om gered te word. Dit word in die geÔnspireerde Woord van God uitgelig hoe, ten spyte van baie menslike redes om die doop uit te stel, en baie moeilikhede wat gepaard gaan daarmee, dit so belangerik is dat dit wel uitgevoer word met God se hulp.

Die tronkbewaarder van Filippi was skielik in 'n krisis-situasie gedompel toe 'n massiewe aardbewing sy tronk in puin lÍ. Die gevangenes het die geleentheid gehad om te ontsnap - iets wat hom sy lewe kon kos.

Sy geloof het skielik vir hom die belangrikste geword - soveel so dat hy in dieselfde uur, onmiddellik gedoop is (Handelinge 16:33). As iemand ooit 'n verskoning gehad het om die doop uit te stel, dan was dit hy. Die ergste aardbewing in Griekeland in 3000 jaar, 'n horde gevangenes wat verbete probeer uitkom, en die feit dat hy dalk doodgemaak gaan word omdat hy nie sy pligte nakom nie, was vir hom nie belangerik genoeg om die doop uit te stel nie. Hy het duidelik gesien wat die belangrikste is om te doen in sy lewe. So het hy die onmiddellike gevare oorkom (bv. die aardbewing) en die druk van die traumatiese situasie waarin hy homself bevind het, en is hy gedoop. Baie weifelende kandidate kan hieruit 'n les leer.

Die feit dat hy so 'n daad uit geloof gedoen het, is bewys dat hy 'n goeie kennis van die evangelie gehad het, siende dat egte geloof slegs kom deur die woord te hoor (Romeine 10:17 , Handelinge 17:11).

Handelinge 8:26 - 40 beskryf hoe 'n Etiopiese hofdienaar sy Bybel bestudeer het, terwyl hy op sy wa deur die woestyn ry. Hy het Filippus ontmoet wat die Evangelie aan hom verduidelik het, en ook die noodsaaklikheid van die doop. Menslik gesproke moes dit onmoontlik gewees het om die man in die waterlose woestyn te doop. "En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water" miskien 'n oase, waar die doop moontlik sou wees (Handelinge 8:36). Hierdie insident bewys die ongegronde idee, dat die doop deur middel van onderdompeling net in gebiede met baie water kan plaasvind, verkeerd. God sal altyd 'n realistiese manier bewerkstellig sodat Sy bevele gehoorsaam kan word.

Die apostel Paulus het 'n dramatiese visioen van Christus gesien en is gedoop kort daarna (Handelinge 9:18). Weereens moes die versoeking groot gewees het om nie gedoop te word nie. Hy het 'n hoŽ sosiale profiel gehad en 'n belowende loopbaan in Judaisme, maar hierdie hooggeplaaste het gekies om onmiddellik te verander en sy vorge lewenswyse openlik te laat vaar. Hy het selfs oor sy besluit om gedoop te word die volgende gesÍ:

"Maar wat vir my wins was, het ek om Christus wil skade geag...... (vir) wie ek alles prysgegee het (die dinge wat hy eers as "wins" gesien het), en as drek beskou om Christus se wins te verkry.....ek vergeet die dinge wat agter is (die dinge van sy vorige lewe) en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoŽ roeping van God in Christus Jesus" (Filippense 3:7,8,13,14)

Dit klink na die taal van 'n atleet wat wil wen. Sulke konsentrasie en geestelike en fisieke inspanning moet ons lewens kenmerk na die doop. Dit moet verstaan word dat die doop die wegspring is in die wedloop na die Koningkryk van God; dit is nie die begin van 'n passiewe ontspanne lewe as "Christen" nie. Die doop assosieer ons met die kruisiging en opstanding van Jesus (Romeine 6:3-5) Ė dit is dus baie dinamies.

As 'n moeŽ, geestelik triomfantlike ou man, was Paulus se herinneringe: "ek (was) aan die hemelse gerig nie ongehoorsaam nie" (Handelinge 26:19). Soos dit vir hom 'n werkliheid was, so moet dit vir ons wees as ons behoorlik gedoop is: dit is 'n besluit wat 'n mens nooit oor spyt sal wees nie. Ons lewens deur sal ons weet dat ons die regte ding gedoen het. Daar is min dinge in die lewe waarvan ons so seker kan wees. Die vraag moet ernstig beantwoord word - Waarom moet ek nie gedoop word nie ?


  Back
Home
Next