Bybele Beginsels
Studie 10: Die Doop
Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop | Hoe Moet Ons Gedoop Word ? | Die Betekenis Van Die Doop. | Die Doop En Saligheid | Inset (Her-Doop, Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop, Die Dief Aan Die Kruis, 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens) | Vrae

10.4 Die Doop En Saligheid

Aangesien die doop ons met Jesus se dood vereenselwig, beteken dit dat dit alleenlik deur die doop is dat ons toegang kan hÍ tot vergifnis van sondes. Ons word " saam met Hom (Christus) begrawe (is) in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het" (Kolossense 2:12,13). Ons word " Ö.gewas Ö.geregverdig in die Naam van die Here Jesus " (1 KorinthiŽrs 6:11). M.a.w. die doop in die naam van Jesus is die wyse waarop ons sondes weggewas word. Dit was in Numeri 19:13 gesimboliseer, waar diegene sonder die water van reiniging moes sterf. Ons het in studie 10.2 gewys hoe die doop 'n wegwas van sondes is (vergelyk Handelinge 22:16).

Die beskrywing van gelowiges wat skoon gewas word van hulle sondes, deur die bloed van Christus, verwys dus na hul doop (Openbaring 1:5 ; 7:14). In die lig hiervan is dit te verstane dat Petrus se reaksie op die vraag "wat sal ons doen?" die volgende was: "Ö Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot (vir die) vergewing van sondes, Ö." (Handelinge 2:37,38). Die doop in die naam van Jesus Christus is vir die vergifnis van sondes; daarsonder kon daar geen vergifnis van sondes wees nie en die ongedoopte moet derhalwe die loon van die sonde ontvang (Romeine 6:23).

Daar is geen redding behalwe in die naam van Jesus nie (Handelinge 4:12), en ons kan alleenlik deel hÍ aan daardie naam deur in die naam gedoop te word. Dit beteken dat nie-Christen gelowe op geen manier tot saligheid kan lei nie. Christus se opstanding tot die ewige lewe was 'n teken van sy persoonlike oorwinning oor sonde. Met die doop vereenselwig ons onsself hiermee en dus word ons geag as om saam met Christus opgewek te wees, en dat die sonde nie meer mag oor ons het nie - net soos dit nie oor hom mag gehad het nie.

Na die doop word is ons dus vrygemaak van die sonde, " Ö. Want die sonde sal oor julle nie meer heers nie" (Romeine 6:18,14). Ons sondig egter nog wel na die doop (1 Johannes. 1:8,9); die sonde is nog steeds in staat om ons te verslaaf sou ons van Christus wegdraai. Ons deel dus tans in Christus se dood en lyding, alhoewel die doop wys dat ons ook geassosieer is met Christus se opstanding, wat ons hoop om te deel met sy wederkoms.

Dit is slegs in vooruitskouing dat ons vry is van sonde. " Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word;Ö" (Markus 16:16) met Jesus se tweede koms. Uiteindelike redding vind nie direk na die doop plaas nie, maar by die oordeelsdag (1 KorinthiŽrs 3:15). Inteendeel, daar sou nie 'n nodigheid vir die oordeel gewees het as ons redding met die doop "beklink" was nie. "Ö. wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word" (MattheŁs 10:22).

Selfs na sy doop moes Paulus (en ander Christene) strewe na redding (Filippense 3:10-13 ; 1 KorinthiŽrs 9:27); hy praat van die hoop op die ewige lewe (Titus 1:2 ; 3:7 ; 1 Thessalonisense 5:8 ; Romeine 8:24) en dat ons erfgename van redding kan wees (HebreŽrs 1:14).

Met die oordeelsdag sal die regverdiges die ewige lewe ingaan (Mattheus 25:46). Let op Paulus se logika in Romeine 13:11. Hy redeneer dat ons na die doop kan weet dat elke dag wat ons leef en volhard een dag nader aan die tweede koms van Christus is, en sodoende kan ons ons verbly dat " die saligheid nou nader by ons is as toe ons gelowig geword het" (Romeine 13:11). Ons redding is dus nie nou al in ons besit nie. Ons redding is voorwaardelik; ons sal gered word as ons vas hou aan die ware geloof (HebreŽrs 3:12-14), as ons die basiese leerstellings wat die Evangelie behels onthou (1 TimotheŁs 4:16 ; 1 KorinthiŽrs 15:1,2), en as ons die dinge doen wat so 'n wonderlike hoop gestand doen (2 Petrus 1:10).

Die Griekse werkwoord wat as "gered" vertaal word, word soms in die voortdurende tyd gebruik. Dit wys dat ons redding 'n voortdurende proses is wat plaasvind as gevolg van ons volgehoue gehoorsaamheid aan die Evangelie. Die gelowiges word derhalwe na verwys as sou hulle "gered word" deur hulle reaksie tot die Evangelie (1 KorinthiŽrs 1:18, sien ook Handelinge 2:47 en 2 KorinthiŽrs 2:15). Hierdie Griekse woord vir "gered" word slegs in die verlede tyd gebruik met betrekking tot die redding wat Christus moontlik gemaak het aan die kruis en waarmee ons onsself deur die doop kan assosieer (2 TimotheŁs 1:9 ; Titus 3:5). Hierdie beginsels word almal duidelik uitgewys in God se handelinge met Israel, wat die basis vorm vir Sy verhouding met geestelike Israel, met ander woorde die ware gelowiges.

Israel het Egipte verlaat (verteenwoordigend van die wÍreld en die vals gelowe wat ons aanhang voor ons gedoop word). Hulle het toe deur die Rooi See gegaan en in die wildernis van Sinai gereis tot in die beloofde land, waar hulle as God se Koninkryk gevestig is. Hulle kruising oor die Rooi See is tiperend van ons doop (1 KorinthiŽrs 10:1,2); hulle reis in die wildernis wys heen na ons huidige lewe in hierdie sondige wÍreld, en die beloofde land wat hulle beŽrwe het is 'n voorskouing na die Koninkryk van God wat nog gevestig moet word.

Judas vers 5 beskryf hoe menige van hulle gedurende hulle swerwinge in die wildernis omgekom het: " Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het." Israel was dus "gered" vanuit Egipte en so word diegene wat gedoop word van die sonde "uitgered". As ons enige van die Israeliete toe sou vra "Is jy gered?", sou hulle "ja" kon antwoord, maar dit sou nie beteken dat hulle alreeds definitief in die beloofde land sou wees nie.

Net soos Israel in hulle harte na Egipte teruggekeer het (Handelinge 7:39), en na 'n lewe van self bevrediging en valse leerstellinge terug verval het, kan die wat uit die sonde gered is met hul doop ook wegval uit die geseŽnde posisie wat hulle beklee.

Die moontlikheid dat ons op dieselfde manier as Israel in die wildernis kan faal word in 1 KorinthiŽrs 10:1-12 ; HebreŽrs 4:1,2 en Romeine 11:17-21 uitgelig. Daar is verskeie voorbeelde in die Skrif van mense wat eens deur die doop van hulle sondes gered was, maar dan in 'n posisie verval het wat hulle veroordeling sou beteken met Jesus se wederkoms. (So bv. HebreŽrs 3:12-14; 6:4-6 ; 10:20-29). Die "eenkeer gered, vir altyd gered" leerstelling van die vurige Evangelistiese predikers word blootgestel vir die onwaarheid wat dit is deur sulke skrifgedeeltes.

Soos met alle dinge is 'n korrekte balans nodig as ons wil vasstel tot watter mate ons deur die doop "gered" word. Dit moet nie as 'n "kans" op redding gesien word nie Ė m.a.w. dat ons 'n beter kans het op redding as ons gedoop is as wanneer ons nie gedoop is nie.

Deur in Christus gedoop te wees word ons in vooruitsig gered; ons het dan werklik 'n sekere hoop om in God se Koninkryk te wees as ons in Christus bly. Ter enige tyd na ons doop behoort ons die nederige vertroue te hÍ dat ons sekerlik in die Koninkryk aanvaar sal word met Christus se wederkoms. Ons kan egter nie van die uiteinde verseker wees nie aangesien ons die volgende dag mag wegval; ons weet nie wat ons geestelike toekoms in hierdie lewe is nie.

Ons moet alles moontlik doen om die goeie gewete wat ons met ons doop voor God het, te behou. Die doop is " 'n bede tot God om 'n goeie gewete" (1 Petrus 3:21); - die doop kandidaat onderneem (belowe) om daardie skoon gewete voor God so te hou.

Alhoewel die doop van kardinale belang is om ons toegang te gee tot die redding wat in Jesus moontlik gemaak is, moet ons versigtig wees om nie die indruk te gee dat ons deur die een handeling of "werk" van die doop alleen gered sal word nie. Ons het vroeŽr gewys dat 'n lewe van volgehoue gemeenskap met Christus se kruisiging nodig is:- " as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie " (Johannes 3:5).

'n Vergelyking hiervan met 1 Petrus 1:23 wys dat die geboorte van die gees wat na die doop plaasvind, moet verwys na ons geleidelike vernuwing deur die Woord. Saligheid kom nie net as gevolg van die doop nie; dit is die resultaat van genade (EfesiŽrs 2:8), geloof (Romeine 1:5), en hoop (Romeine 8:24).

Dit word soms gestel dat die saligheid net d.m.v. geloof verkry kan word en dat 'n "werk" soos die doop dus irrelevant is. Jakobus 2:17-24 maak dit egter duidelik dat so 'n redenasie 'n valse onderskeid tref tussen geloof en werke. 'n Ware geloof in bv. die Evangelie word bewys as egte geloof deur die werke wat dit tot gevolg het (bv. om gedoop te word). " Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? " (Jakobus 2:24). In baie gevalle waar mense gedoop was het hulle eers gevra wat hulle moet doen om gered te word; die antwoord het altyd die doop ingesluit (Handelinge 2:37; 9:6; 10:6; 16:30).

Om die "werk" van die doop "te doen" is dus 'n nodige "bewys" van ons geloof in die Evangelie. Die werk om ons te red is deur God en Christus gedoen maar ons moet "Ö werke (te )doen wat by die bekering pas" (Handelinge 26:20 vergelyk Markus 16:15,16).

Ons het vroeŽr daarop gewys dat die term om jou "sondes weg te was" na God verwys wat ons vergewe as gevolg van ons doop in Christus. In sommige versgedeeltes word dit genoem dat ons ons sondes d.m.v. ons geloof en bekering afwas (Handelinge 22:16; Openbaring 7:14; Jeremia 4:14; Jesaja 1:16). In ander verse sien ons dat dit God is wat ons sondes weg was (EsegiŽl 16:9; Psalm 51:3,9; 1 KorinthiŽrs 6:11). Dit wys dat God ons sondes sal afwas as ons ons deel doen deur gedoop te word. Die "daad" of handeling van die doop is dus 'n uiters noodsaaklike stap om die Evangelie van God se genade (onverdiende guns) soos dit in Sy Woord aan ons gebied word, aan te gryp.


  Back
Home
Next