Bybele Beginsels
Studie 7: Die Oorsprong Van Jesus
Ou Testamentiese ProfesieŽ Oor Jesus | Die Maagdelike Geboorte | Christus Se Posisie In God Se Plan | "In Die Begin Was Die Woord" (Johannes 1:1-3) | Inset (Die Historiese Jesus, "Ek Het Uit Die Hemel Neergedaal", Het Jesus Die Aarde Geskape?, "Voordat Abraham Was, Is Ek.", Melgisedek) | Vrae

Inset 22: Die Historiese Jesus

As, soos sommige beweer, daar geen bewyse is dat Jesus van Nasaret ooit bestaan het nie, dan is die bestaan van die Christendom moeilik verklaarbaar. Dit is veel gevra van enigiemand om te glo dat miljoene mense oor die laaste 2000 jaar hulle geloof op iemand baseer wat nooit bestaan het nie. Verder nog het baie van hierdie mense so 'n intense geloof in Jesus gehad dat dit hulle motiveer het om hul geloof wÍrelwyd te verkondig, ten spyte van die gevaar van vervolging en selfs die dood. Christene en Jode het oor die algemeen geen probleem om te aanvaar dat Mohammed eens geleef het nie, alhoewel hulle nogtans sy leringe verwerp. Ons aanvaar inderdaad dat meeste beroemde historiese karakters wel geleef het, sonder om aan te dring op 'n kritiese ondersoek na die bewyse.

So byvoorbeeld word historiese gebeure dikwels geanaliseer waar grondige bewyse maar skaars is. Die "battle of Hastings", wat in 1066 plaasgevind het, is een so 'n voorbeeld.

Die feit dat sommige so naarstigtelik die bestaan van Jesus wil ontken is sekerlik 'n aanduiding van 'n oorreaksie en 'n begeerte om 'n gerieflike verskoning te vind om nie die redes vir sy koningskap te aanvaar nie. Dit is veral waar in die lig van die feit dat die Jode van die eerste eeu self die bestaan van 'n persoon wat Jesus genoem was, erken het. Die volgende historiese bewyse vir die bestaan van Jesus van Nasaret wys dat hy op geen manier wegredeneer kan word as 'n "teologiese uitvindsel" van die mens nie.

  1. Tagitus was 'n Romeinse historikus wie se twee boeke oor die eerste eeu ("Annals" en die "Histories") albei melding maak van Jesus en die Christendom. Hy skryf in die "Annals" (ongeveer 115 NC) :

"'n Klas gehaat vir hul afskuwelikhede, genoem Christene deur die massa. Christus, van wie die naam sy oorsprong het, het die hoogste straf ontvang gedurende die heerskappy van Tiberuis in die hande van een van sy prokurators, Pontius Pilatus." Tiberius het geheers van 14-37 NC ; dit was gedurende hierdie tydperk dat Jesus gekruisig was.

Tagitus beskryf ook hoe die geloof van die groep "nie net in Judea uitgebreek het nie, maar ook in Rome." Hy gaan verder en beskryf hoe die Christene gehaat is en dat menige in Rome doodgemaak was. Dit stem alles ooreen met die Nuwe Testament beskrywing van Jesus, die dissipels en hoe die apostels ten eerste die Evangelie na Judea en toe na die Romeinse wÍreld uitgedra het, en sodoende geweldige teenstand en vervolging ervaar het.

  1. Suetonius, ook 'n Romeinse historikus, skryf as volg oor die heerskappy van Claudius (41-54 AD) : " Omdat die Jode in Rome aanhoudend onrus as gevolg van die aanhitsing van Chrestus veroorsaak het, het hy (Claudius) hulle uit die stad verban". " Chrestus" is 'n ander manier om "Christus" te spel. Handelinge 18:2 beskryf hoe 'n Joodse egpaar, Aquila en Priscilla, Rome moes verlaat a.g.v. die vervolging van die Jode .

Later lewer Suetonius kommentaar oor die vervolging van Christene ten tye van Nero : " Na 'n groot vuur in Rome ÖÖÖ is Christene gestraf, 'n sekte wat 'n nuwe en skadelike godsdienstige geloof verkondig." Hierdie verwysing na die bestaan van 'n groep wat in die eerste eeu "Christene" genoem word, bewys dat 'n persoon genaamd "Christus" vroeŽr in dieselfde eeu bestaan het.

  1. F.F. Bruce ( " Christian Origins" pp 29,30) wys op die feit dat 'n geskiedkundige, Thallus (52 NC) na die geskiedenis van die Mediteriaanse Ooste verwys. Bruce wys elders ("The New Testament Documents", pp 113), dat 'n kenner genaamd Juluis Africanus vir Thallus aanhaal en sy beskrywing van die duisternis tydens Jesus se kruisiging bespot en toeskryf aan 'n eklips van die son. Dit blyk dus dat Thallus oor die kruisiging van Jesus geskryf het voor hy sy geskiedenis in 52AD geskryf het.

  1. Pliny, 'n Romeinse regeringsamptenaar, skryf in detail oor 'n baie aktiewe groep mense wat Christene genoem was in die laaste jare van die eerste eeu. Hy verwys na 'n herhinnerings fees (die nagmaal) wat hulle gehou het : - "Hulle het die gewoonte gehad om op 'n sekere gegewe dag, voor dit lig was, bymekaar te kom en dan verse van 'n gesang aan Christus te sing" (Briewe van Pliny, soos vertaal deur Wilmoth, vol 2, X:96). Die Romeinse heersers Trojan en Hadrian meld albei die probleme wat hulle met die Christene gehad het. (Sien " Briewe van Pliny", vol 2, X:97 en "Eusebius' Ecclesiastical History, IV:IX)

Die bestaan van hierdie groep sedert die eerste eeu en hulle buitegewone deursettingsvermoŽ tydens vervolging, dui sterk daarop dat hulle die volgelinge van 'n werklik geskiedkundige persoon, wat in die eerste eeu geleef het, was.

  1. Die Talmud, 'n Joodse heilige boek, verwys na die dood van Jesus (Sanhedrin 43 a). Dit word erken dat hierdie deel van die Talmud dateer uit die vroeŽ periode van die boek se samestelling (m.a.w. 70-200 NC) : "Op die aand van die Pasga was Yeshu (Jesus) gehang. Vir veertig dae voor dit gebeur het, het 'n boodskapper verkondig, Ď

Hy gaan gestenig word omdat hy heksery beoefen en Israel tot dwaling bring. Laat enigiemand wat iets in sy guns kan sÍ na vore kom om sy ontwil.í Aangesien niks in sy guns na vore gebring was nie is hy op die aand van die Pasga gehang."

"Gehang" is 'n idioom vir kruisiging - dit word so gebruik in die Nuwe Testament (GalasiŽrs 3:13; Lukas 23:39). Hierdie aanhaling beskryf hoe die Jode Jesus wou stenig ( in ooreenstemming met die Joodse Wet van Moses), maar dat hulle hom tog gekruisig het. Die verduideliking hiervoor word in die Nuwe Testament gegee, waar daar beskryf word hoe die Jode die Romeinse wet moes gebruik om die dood van Jesus te bewerkstellig - m.a.w. deur middel van kruisiging.

Sanhedrin 43a beskryf ook hoe vyf van Jesus se dissipels veroordeel is en die doodstraf gekry het, en dit wys weereens dat die Jode tradisioneel geglo het in die bestaan van die historiese Jesus. Sanhedrin 106b sÍ selfs dat Jesus 33 jaar oud was toe hy dood is, presies soos die Nuwe Testament bevestig.

Maier ("First Easter" bls 117,118) haal aan uit die vyfde eeuse Joodse dokument "Toledoth Jesu", wat beweer dat die dissipels probeer het om die liggaam van Jesus te steel na sy dood, maar dat 'n tuinier genaamd Juda van hul plan te hore gekom het, die liggaam van Jesus elders begrawe het, en dit toe later aan die Jode oorhandig het. Justin Martyr skryf in 150 AD dat die Jode spesiale boodskappers uitgestuur het om te verkondig dat die liggaam van Jesus gesteel was ("Dialogue with Trypho" 108), en Tertullian ("On Spectacles", 30) skryf ook hiervan in 200 AD.

Al hierdie bewyse toon dat die Jode van die vroeŽ eeue NC in die bestaan en geweldadige dood van die historiese Jesus geglo het.

6. Die Griekse dramaturg Lucian, skryf in die tweede eeu en spot met die Christene wat nou nog 'n man aanbid wat gekruisig is ("Lucian, The Death of Peregrine", 11-13, in "The works of Lucian", vol 4, vertaal deur Fowler en Fowler).

7. Josephus is die mees bekende gekiedskrywer van die eerste eeu. In sy "Antiquities", geskryf in 90 Ė95 NC, noem hy Jakobus "die broer van Jesus, wat Christus genoem was Ö". Elders skryf hy, in terme wat duidelik ooreenstem met die Nuwe Testament se beskrywing van Jesus :-

"Daar was in hierdie tyd 'n wyse man, Jesus, . . . want hy was een wat verbasende werke gedoen het . . . Hy was Christus . . . hy het lewendig aan hulle verskyn die derde dag, soos die heilige profete hierdie en tien duisend ander wonderlike dinge omtrent hom voorspel het."

Hierdie beskrywing is so na aan die Nuwe Testament dat sommige dit as 'n interpolasie beskou. Daar is egter steeds goeie redes om hierdie beskrywing te gebruik as bewys dat 'n man met die naam Jesus van Nasaret in die eerste eeu geleef het, nl. :

- Eusebius (Ecclesiastical History, 1:XI) haal hierdie deel van Josephus aan. Gerespekteerde kenners beskou hierdie deel as oorspronklik en toon aan dat dit in dieselfde styl as die res van Josephus se werk geskryf is (Sien DaniŽl Rops, "The silence of Jesus' Contemporaries", p 21, J.N.D. Anderson, "Christianity : The Witness of History" p.20; F. F. Bruce, "The New Testament Documents" pp 108, 109). Daar is geen tekstuele bewyse dat dit 'n interpolasie is nie.


  Back
Home
Next