Bybele Beginsels
Studie 7: Die Oorsprong Van Jesus
Ou Testamentiese ProfesieŽ Oor Jesus | Die Maagdelike Geboorte | Christus Se Posisie In God Se Plan | "In Die Begin Was Die Woord" (Johannes 1:1-3) | Inset (Die Historiese Jesus, "Ek Het Uit Die Hemel Neergedaal", Het Jesus Die Aarde Geskape?, "Voordat Abraham Was, Is Ek.", Melgisedek) | Vrae

7.3 Christus Se Posisie In God Se Plan

God besluit nie om planne op die ingewing van die oomblik te maak nie, of om addisioneel dele by te voeg soos Sy doel met die mensdom vorder nie. God het 'n volledige plan geformuleer van die begin van die skepping af (Johannes 1:1).

Sy begeerte om 'n seun te hÍ was dus deel van Sy plan van die begin af. Die hele Ou Testament openbaar verskillende aspekte van God se plan van verlossing in Christus.

Ons het herhaaldelik gewys dat God telkens Sy doel in Christus, deur die beloftes , die profesieŽ van die profete, en die Wet van Moses, in die Ou Testament openbaar. Dit was omdat God geweet het dat Hy 'n seun sou hÍ dat Hy alles geskape het (HebreŽrs 1:1,2). Die woord "deur" in die Afrikaanse teks is eerder "om wie se onthalwe" in die oorspronklike Grieks en sekere vertalings soos byvoorbeeld die "Revised Authorised Version" toon dit dan ook so aan. Dit is te verwagte dat God se openbaring aan die mens deur al die jare, soos aangeteken in die Ou Testament, vol van verwysings na Christus sal wees.

Die verhewenheid van Christus en sy fundamentele belangrikheid vir God is vir ons moeilik om ten volle te begryp. Dit is egter waar om te sÍ dat Christus in die plan en gedagtes van God "bestaan" het van die begin af, maar dat Jesus eers fisies bestaan het met sy geboorte. HebreŽrs 1:4-7,13,14 beklemtoon dat Jesus nie 'n engel was nie. Tydens sy lewe op aarde was hy minder as die engele (HebreŽrs 2:7), maar hy was verhewe tot groter eer as hulle aangesien hy God se eniggebore seun was (Johannes 3:16). Ons het vroeŽr gewys dat die engiste vorm van bestaan wat in die Skrif geleer word 'n fisiese bestaan is, en dus het Christus nie as 'n 'gees' voor sy geboorte bestaan nie. 1 Petrus 1:20 som dit so op:- " wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wÍreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,ÖÖ"

Jesus was die sentrale kern punt van die Evangelie. Ons lees in Romeine :-

" Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,Ö" (Romeine 1:1-4).

Die geskiedenis van Christus kan dus as volg opgesom word:

1. Beloof in die Ou Testament Ė met ander woorde in God se plan ;

2. Geskape as 'n fisiese persoon deur 'n maagdelike geboorte, as die nakomeling van Dawid ;

3. Toon 'n perfekte karakter ("gees van heiligheid") gedurende sy sterflike lewe ;

4. Was as gevolg van hierdie karakter opgewek, en is weer deur die apostels se verkondigings as die Seun van God verklaar.

Die Voorkennis van God

Dit sal ons baie help om te waardeer hoe ten volle Christus in God se gedagtes was in die begin, toe hy nog nie fisies bestaan het nie, as ons begryp dat God alles weet wat nog in die toekoms sal gebeur. Hy het volkome "voorkennis". God kan derhalwe van dinge dink en praat wat nie bestaan nie, asof hulle wel bestaan. So is Sy absolute kennis van die toekoms. God kan " Ö die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan" (Romeine 4:17). Jesaja haal Hom aan:- "wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sÍ: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen" ( Jesaja 46:10). Dit is hierom dat God van die dooies kan praat asof hulle lewe, en van mense kan praat asof hulle lewe voor hul geboorte.

Die "raadsplan", of woord van God, het Jesus van die begin af voorspel; hy was altyd in God se plan. Dit was dus 'n voldonge feit dat Christus op 'n sekere toekomstige tyd fisies gebore sou word; God sou Sy verklaarde doel in Christus vervul. Die sekerheid van God se voorkennis word dus weerspieŽl in die sekerheid van Sy woord.

Die Bybelse Hebreeus het 'n "profetiese teenswoordige tyd" wat die verlede tyd gebruik om toekomstige dinge wat God beloof, te beskryf. So sÍ Dawid dan,

" Dit is die huis van die HERE God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel" (1 Kronieke 22:1), toe die tempel nog net deur God beloof was. Sy geloof in God se woord van belofte was so sterk dat Dawid die teenswoordigetyd gebruik het om toekomstige dinge te beskryf. Die Skrif is vol voorbeelde van God se voorkennis.

God was so seker dat Hy die beloftes aan Abraham sou vervul dat Hy aan hom gesÍ het :" Aan jou nageslag gee Ek hierdie land,Ö" (Genesis 15:18). Dit was op 'n tydstip toe Abraham nog nie eers 'n nageslag gehad het nie. Tydens hierdie selfde periode, voordat die nakomeling (Isak / Jesus) gebore is, het God verder belowe :- "Ek maak jou 'n vader van menigte nasies" (Genesis 17:5). Waarlik, God noem die dinge wat nie is nie, asof hulle wel is.

Christus sÍ tydens sy bediening hoe God "alles in sy hand gegee het" (Johannes 3:35), alhoewel dit toe nog nie heeltemal die geval was nie. " Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie" (HebreŽrs 2:8).

God het vertel van Sy plan van verlossing deur Jesus " soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af" (Lukas 1:70). Omdat hierdie mense so nou met die plan van God geassosieer was, word daar van hulle gepraat asof hulle letterlik van die begin af bestaan het, al is dit nie die geval nie. Ons kan eerder sÍ dat die profete in God se plan was, reg van die begin af. Jeremia is 'n goeie voorbeeld. God het aan hom gesÍ: " Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak" (Jeremia 1:5).

God het dus alles oor Jeremia geweet voor hy geskape was. Net so kon God oor die Persiese koning Kores praat voor sy geboorte, terwyl Hy taal gebruik wat die idee mag skep dat die koning ten tye van God se uitspraak alreeds bestaan het (Jesaja 45:1-5). HebreŽrs 7:9,10 is nog so 'n voorbeeld van die taalgebruik waar van iemand gepraat word asof hy reeds bestaan nog voor hy gebore is.

Net soos daar van Jeremia en die profete gepraat word asof hulle bestaan het voor die skepping, as gevolg van hulle deel in God se plan, net so word ware gelowiges ook beskryf al sou hulle voor die skepping bestaan.

Dit is egter duidelik dat ons nog nie toe werklik fisies bestaan het nie, maar slegs in die denke (plan) van God. God " wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is" (2 TimotheŁs 1:9).

God het " soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wÍreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil " (EfesiŽrs 1:4,5).

In die lig hiervan is dit nie verbasend dat van Christus gepraat word asof hy van die begin af in God se denke (plan) bestaan het nie, alhoewel hy nie toe al fisies bestaan het nie. Net soos Jesus van die begin af geken was (1 Petrus 1:20), net so was die gelowiges (EfesiŽrs 1:4). Dieselfde Griekse woord word vir die woord "geken" en "uitverkies" in hierdie verse gebruik. Dit is vir ons moeilik om hierdie beginsel te begryp omdat ons nie maklik kan verstaan hoe God buite die konsep van tyd opereer nie. "Geloof" is die vermoŽ om na dinge uit God se oogpunt, sonder die beperkinge van tyd, te kyk.


  Back
Home
Next