Bybele Beginsels
Studie 5: Die Koninkryk Van God
Die Koninkryk Gedefinieer | Die Koninkryk Bestaan Nie Nou Al Nie | Die Koninkryk Van God In Die Verlede | Die Koninkryk Van God In Die Toekoms | Die Millennium | Inset (Die Koninkryk Is 'N Letterlike Werklikheid., Opsomming Van Die Geskiedenis Van Israel) | Vrae

Inset 16: Opsomming Van Die Geskiedenis Van Israel

Abraham Word uit Ur geroep; die eerste Jood. God maak aan hom beloftes rakende die land Kanaan, en sy nageslag. Hy sterf sonder om hierdie beloftes te ontvang.

Isak Abraham was bereid om sy seun Isak letterlik te offer. Omdat Abraham gelowig was, het God Sy belofte aan hom met 'n eed bevestig. Isak se bereidwilligheid om te sterf in opdrag van sy vader is 'n heenwysing na Christus. Die beloftes was aan Isak hernu (Genesis 26:3-5).

Jakob Was Isak se seun. Die beloftes was ook aan hom herhaal. Hy het 12 seuns gehad. Reuben was die oudste en Benjamin die jongste. Levi was die seun waarvan die priesters afstammelinge was. Josef was Jakob se gunsteling.

Josef: As 'n jong seun het hy twee drome gehad wat vir hom uitgebeeld het as heersend oor sy broers. Hulle het jaloers geword en hom as 'n slaaf verkoop. Hy beland in Egipte en word daar 'n heerser en organiseer die bewaring van koringvoorrade gedurende 7 jaar van hongersnood wat die land en omliggende dele tref. Gedurende hierdie tyd het Jakob en sy ander seuns saam met Josef in Egipte kom woon. Hulle en hulle kinders het in Gosen, 'n deel van Egipte, gewoon., Na Josef se dood, het Faro die Israeliete verdruk en van hulle slawe gemaak.

Moses Word in hierdie tyd gebore. Hy word in riete versteek as 'n baba en gevind deur Faro se dogter. Sy neem hom aan. As 'n jong man maak hy 'n Egiptenaar, wat besig was om 'n Israeliet te slaan, dood. Hy vlug na Midian en werk daar vir 40 jaar as 'n herder vir Jetro. God verskyn toe aan hom in 'n brandende bos. Hy word beveel om na Faro te gaan en die bevryding van Israel te eis. Hy doen wondertekens om te bewys dat dit werklik God is wat hom gestuur het.

Faro wou Israel egter nie vrylaat nie en tien plae volg, onder andere paddas, hael, duisternis en ten laaste die dood van Egipte se eersgebore seuns. Die Israeliete moes 'n lam slag en die bloed aan die deur van hulle huise smeer. Dit het heengewys na die bloed van Jesus wat sondaars uit slawerny van die sonde sou lei (verlos). Hierdie fees het as die Pasga bekend gestaan.

Eksodus: Die Israeliete was na die tiende plaag toegelaat om Egipte te verlaat. Hulle is toe gelei deur God se engel wat bedags in 'n wolk en snags in 'n vuurkolom voor hulle uitgegaan het. Faro se leër het hulle egter agtervolg tot by die Rooi See. Die waters het wonderbaarlik geskei en die Israeliete deurgelaat, maar die Egiptenare wat hulle agtervolg het verswelg. Israel het toe deur die wildernis getrek op pad na die beloofde land toe.

God het hulle water uit 'n rots gegee om te drink en elke dag manna voorsien as brood. Toe hulle die berg Sinai bereik het God aan hulle die tien gebooie en die Wet van Moses gegee. Hulle was nou gekonstitueer as God se Koninkryk. Daarna het hulle instruksies ontvang om 'n tent (die tabernakel) te bou waar God aanbid moes word. 'n Hoë priester en priesters was aangestel wat offerandes aan God moes maak. Al die elemente van die tabernakel en die priesterskap het na Christus en sy verlossingswerk heengewys.

Die Beloofde land Was na die berg Sinai die volgende doelwit. Twaalf spioene was uitgestuur om die beloofde land te bespied. Tien van die twaalf het met hulle terugkoms gesê die land was te moeilik om in te neem. Net twee spioene, Josua en Kaleb, het genoeg geloof gehad om te sê dat hulle wel die land kan inneem as hulle op God en Sy beloftes vertrou. Omdat die Israeliete dieselfde houding as die 10 spioene gehad het, het hulle vir 'n verdere 40 jaar in die wildernis rondgeswerf todat almal wat ouer as 20 jaar was met die uittog uit Egipte, gesterf het.

Josua Was Moses se opvolger. Lei die "nuwe" Israel die beloofde land binne. Jerigo was die eerste stad wat ingeneem was. Ragab het hier gewoon en was gespaar omdat sy twee spioene gehuisves het en in die God van Israel geglo het. Nadat die Israeliete hulself in die beloofde land gevestig het, word hulle met tussenposes deur Rigters regeer. God was egter nog hulle koning. Hierdie rigters het mense soos Gideon, Simson en Jefta ingesluit. Hulle het almal vir Israel uit die hand van hul vyande gered wanneer die Israeliete berou gekry het oor hul sondes teen God.

Die geskiedenis van Israel is vol voorbeelde van Israel se ongehoorsaamheid aan God; straf deur omliggende nasies wat hulle verdruk, en dan berou oor hulle sondes. God bring dan redding maar Israel sondig dan weer. Die laaste rigter was Samuel. In sy tyd het die Israeliete God as Koning verwerp en vir 'n menslike koning, net soos die nasies om hulle, gevra.

Die Konings: Die eerste koning was Saul wat, alhoewel hy goed begin het, ongehoorsaam was aan God se gebooie en vir Dawid vervolg het. Na sy dood het Dawid koning geword. Hy was een van Israel se beste konings. God het groot beloftes aan hom gemaak. Na hom volg sy seun Salomo wat ook goed begin het. Hy word egter afvallig as gevolg van die baie vroue wat hy uit ander nasies neem. Na Salomo se dood verdeel die koninkryk in twee: tien stamme vorm die Noordelike Koninkryk – Israel. Jerobeam het eerste oor hulle geheers. Twee stamme (Benjamin en Juda) vorm die Suidelike koninkryk van Juda en koning Rehabeam heers eerste oor hulle.

Die koninkryk van Israel het geen goeie konings gehad nie. Hulle was voortdurend ongehoorsaam aan God. Hy stuur menige profete om met hulle te pleit en hulle te waarsku maar hulle wou nie bekeer nie. Die Assiriërs val hulle vervolgens binne en neem hulle weg in ballingskap. Hulle word oor die hele wêreld verstrooi.

Die koninkryk van Juda (2 stamme) het 'n paar goeie konings gehad (bv. Asa en Hiskia), maar was oor die algemeen ongehoorsaam aan God. Die Babiloniërs word derhalwe gestuur om hulle binne te val en hulle word na Babilonië gevange geneem vir 70 jaar. Hulle het nooit weer 'n koning gehad nie. Na 70 jaar keer hulle terug na die land van Israel onder die leierskap van Esra, Nehemia, Josua (die hoë priester van daardie tyd) en Jerubabel die goewerneur. Israel was toe regeer deur Persië, toe die Grieke en laastens deur die Romeine. Hulle was onder Romeinse heerskappy toe Jesus gebore was.

Omdat die Jode vir Jesus verwerp en gekruisig het, stuur God die Romeine om Jerusalem in 70NC te vernietig en uiteindelik word al die Jode uit die land Israel verdryf. Onlangs het die Jode begin terugkeer na hulle land toe en dit is 'n gedeeltelike vervulling van profesië in die Ou Testament. Die hervestiging van die staat van Israel is 'n sekere teken dat Jesus binnekort sal terugkeer om die koninkryk van Israel as die Koninkryk van God te vestig.


  Back
Home
Next