Bybele Beginsels
Studie 5: Die Koninkryk Van God
Die Koninkryk Gedefinieer | Die Koninkryk Bestaan Nie Nou Al Nie | Die Koninkryk Van God In Die Verlede | Die Koninkryk Van God In Die Toekoms | Die Millennium | Inset (Die Koninkryk Is 'N Letterlike Werklikheid., Opsomming Van Die Geskiedenis Van Israel) | Vrae

5.5 Die Millennium

Die leser mag heelwaarskynlik op hierdie stadium van ons studie vra, "Is hierdie prentjie van die Koninkryk van God nie te menslik nie?" Mense in die Koninkryk van God sal nog kinders voortbring (Jesaja 65:23) en selfs nog sterf (Jesaja 65:20). Hierdie mense sal nog verskille hê wat Christus sal uitklaar (Jesaja 2:4); hulle sal nog steeds die grond moet bewerk om te oorleef, alhoewel dit baie makliker sal wees as nou.

Dit alles blyk ver verwyderd te wees van die beloftes dat die regverdiges die ewige lewe, en 'n natuur soos die van God sal ontvang, en gelykstaande aan die engele sal wees (Lukas 20:35,36). Die antwoord hierop lê in die feit dat die eerste deel van die Koninkryk van God vir 1000 jaar ('n millennium) (Openbaring 20:2-7) sal duur. Gedurende hierdie 1000 jaar sal daar twee groepe mense op die aarde leef:-

1. Die regverdiges (naamgenote) – diegene wat Christus aanvaarbaar gevolg het in hierdie lewe en die ewige lewe gegee sal word by die oordeelsdag.

2. Die gewone sterflike mense wat nie die ware Evangelie boodskap geken het tydens Jesus se wederkoms nie – hulle was nie verantwoordelik voor Jesus se regterstoel nie.

Met die ontvangs van die ewige lewe op die oordeelsdag sal die geregtiges nie meer kan sterf of kinders voortbring nie. Die beskrywings van mense wat wel hierdie ervaringe in die Koninkryk het, verwys dus na die tweede groep – die wat leef tydens Christus se wederkoms, maar wat nie van God se vereistes geweet het nie.

Die beloning van die geregtiges is om as konings en priesters op die aarde te regeer (Openbaring 5:10). Konings moet oor iemand regeer; diegene wat nie verantwoording kon doen met Jesus se oordeelsdag nie sal dus sterflik in die Koninkryk wees, en daar sal oor hulle regeer word. Deur "in Christus" te wees sal die geregtiges deel hê in Sy beloning – om konings te wees oor die hele aarde :- "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het" (Openbaring 2:26,27).

Christus se gelykenis oor die ponde maak nou goeie sin. Die getroue diensknegte was beloon met tien en vyf stede om oor te regeer in die Koninkryk (Lukas 19:12-19). Kennis van God se weë sal nie onmiddellik versprei wanneer Jesus as Koning in Jerusalem verklaar word nie; mense sal na Jerusalem optrek om meer kennis oor God te bekom (Jesaja 2:2,3). Dit sal die plig van die geregtiges wees om die kennis van God en dus Sy Koninkryk te versprei.

In die Koninkryk van God in die Ou Testament ( die volk Israel) was dit die plig van die priesters om die kennis van God aan die volk te leer (Maleagi 2:5-7). Hulle was vir hierdie doel in verskeie dorpe in Israel geplaas. Die geregtiges sal hierdie rol van die priesters in die meer glorieryke Koninkryk van God wat nog moet kom, oorneem (Openbaring 5:10).

Wat sal gebeur as Jesus vandag kom ?

1. Die verantwoordelike ontslapenes sal opgewek word en saam met die verantwoordelikes wat nog lewe na die regterstoel geneem word.

2. Die wat verantwoordelik en ongehoorsaam was sal met die dood gestraf word en die geregtiges sal die ewige lewe ontvang. Die nasies wat Christus teenstaan sal ook ge-oordeel word.

3. Die geregtiges sal dan oor die sterflikes wat nog lewe, wat nie voor God verantwoordelik is nie regeer en hulle die Evangelie leer as "konings en priesters" (Openbaring 5:10).

4. Bogenoemde sal vir 1000 jaar duur. Gedurende hierdie tyd sal die sterflikes die Evangelie hoor en dus verantwoordelik tot God word. Hierdie mense sal langer en gelukkiger lewens hê.

5. Aan die einde van die millennium sal daar 'n opstand teen Christus en sy naamgenote wees, maar God sal dit onderdruk (Openbaring 20:8,9).

6. Aan die einde van die 1000 jaar sal almal wat gedurende hierdie tyd gesterf het, opgewek en geoordeel word (Openbaring 20:5,11-15).

7. Die ongelowiges onder hulle sal vernietig word, en die geregtiges sal hulle by Jesus voeg en vir ewig lewe.

Die doel van God met die aarde sal dan vervul wees. Dit sal bewoon word deur onsterflike, geregtige mense. God se naam "YHWH ELOHIM", (wat "Hy wat in 'n groep magtiges geopenbaar sal word" beteken), sal dan vervul wees. Nooit weer sal sonde, en dus die dood, op aarde ervaar word nie. Die belofte van Gen 3:15 dat die slang totaal verbrysel sou word, sal dan vervul wees. Jesus sal regeer in die millennium totdat " …. Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.

En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees " (1 Korinthiërs 15:25-28).

Die einde is dus wanneer Jesus die Koninkryk aan God oorhandig. Wat daarna sal volg word nie aan ons vertel nie; al wat ons weet is dat ons dan die ewige lewe en God se karakter sal hê, en dat ons God sal verheerlik en behaag. 'n Korrekte begrip van die Koninkryk van God is uiters noodsaaklik vir saligheid. Ons pleit dus by die leser om hierdie studie ernstig te oorweeg en die teksverwysings wat aangehaal is na te gaan.

God wil hê ons moet die Koninkryk beërwe. Sy hele doel is dat ons 'n werklike deel daarin moet hê. Die doop maak ons deel van die beloftes aangaande die Koninkryk . Dit is moeilik om te glo dat slegs 'n paar jaar van nederige gehoorsaamheid aan God vir ons 'n ewige lewe in die glorieryke Koninkryk kan teweeg bring.

Tog moet ons geloof in God se ontsaglike liefde vasstaan. Wat ook al ons kort termyn probleme mag wees, ons het sekerlik geen rede om die Evangelie se roeping te weerstaan nie.

"Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?" (Romeine 8:31).

"Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie" (Romeine 8:18).

"Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;" (2 Korinthiërs 4:17).


  Back
Home
Next