Bybele Beginsels
Studie 5: Die Koninkryk Van God
Die Koninkryk Gedefinieer | Die Koninkryk Bestaan Nie Nou Al Nie | Die Koninkryk Van God In Die Verlede | Die Koninkryk Van God In Die Toekoms | Die Millennium | Inset (Die Koninkryk Is 'N Letterlike Werklikheid., Opsomming Van Die Geskiedenis Van Israel) | Vrae

5.3 Die Koninkryk Van God In Die Verlede

Die Koninkryk van God is 'n toekomstige beloning vir gelowiges. As sodanig is dit hul motivering tot 'n lewe wat toegewy word om die voorbeeld van Christus na te volg Ė iets wat korttermyn opoffering en ongerief sal behels. Dit is dus te verwagte dat hulle al hoe meer 'n begeerte sal koester om die wondere van die toekomstige Koninkryk te verstaan en te waardeer.

Die Bybel is vol beskrywings van hoe die Koninkryk sal wees en U sal dit 'n leeftyd se opwinding vind om dit te ontdek. Een manier hoe ons die basiese beginsels van die komende Koninkryk beter kan verstaan is om te begryp dat die Koninkryk van God in die verlede bestaan het. Dit was in terme van die volk Israel. Hierdie Koninkryk gaan weer met Jesus se wederkoms hervestig word. Daar is baie informasie in die Bybel oor die volk Israel, sodat ons in breŽ terme kan verstaan hoe God se toekomstige Koninkryk georganiseer sal word.

God word dikwels beskryf as "die koning van Israel" (Jesaja 44:6 vergelyk Jesaja 41:27; 43:15; Psalm 48:3; 89:19; 149:2). Dit volg dan dat die volk Israel Sy koninkryk was. Hulle het God se Koninkryk geword toe hulle 'n verbond met Hom gesluit het by die berg Sinai. Dit was kort nadat hulle vanuit Egipte, deur die Rooi See, ontsnap het. As Israel gewillig was om God te gehoorsaam, sou hulle vir Hom "'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees" (Eksodus 19:5,6).

Toe "Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal, het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied. ". (Psalm 114:1,2) Israel het, nadat hulle hierdie verbond aangegaan het, deur die wildernis geswerf en hulle toe in die beloofde land (Kanašn) gevestig. Aangesien God hulle Koning was, het "rigters", eerder as konings, van tyd tot tyd oor hulle regeer. Hierdie rigters (Gideon en Simson bv.) was nie konings nie, maar was deur God gelei om sekere dele van die land te regeer. Hulle was dikwels deur God opgeroep vir 'n spesifieke doel soos byvoorbeeld om die volk te lei tot bekering en om hulle van hulle vyande te verlos.

Toe die Israeliete vir Gideon gevra het om hulle koning te wees, het hy geantwoord: "Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: die HERE sal oor julle heers" (Rigters 8:23). Die laaste rigter was Samuel. Die Israeliete het hom gevra vir 'n menslike koning sodat hulle soos die nasies om hulle kon wees (1 Samuel 8:5,6). Deur die geskiedenis heen het God se kinders altyd hulle verhouding met Hom onderskat en eerder probeer om soos die wÍreld om hulle voor te kom.

Hierdie versoeking is veral in vandag se wÍreld geweldig groot. God se woorde aan Samuel was ". . . maar hulle het My verwerp om nie koning oor hulle te wees nie" (1 Samuel 8:7). God het egter aan hulle konings gegee waarvan Saul die eerste was. Na hom het die geregtige Dawid gevolg en 'n hele aantal konings het uit sy nageslag gevolg. Die konings wat geestelik was het begryp dat Israel steeds God se koninkryk was, al het hulle sy koningskap verwerp.

Hulle het dus besef dat hulle Israel namens God, eerder as in hulle reg, regeer het. As ons hierdie beginsel verstaan maak die beskrywing van Salomo se heerskappy in die volgende twee verse nou baie sin:

"Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir die HERE u God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen". (2 Kronieke 9:8).

"En uit al my seuns--want die HERE het my baie seuns gegee--het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die HERE oor Israel. Ö So het Salomo dan op die troon van die HERE gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam" (1 Kronieke 28:5; 29:23 ).

Salomo se heerskappy in groot vrede en voorspoed het heen gewys (of is tipies) van die toekomstige Koninkryk van God. Dit is hierom dat dit so beklemtoon word dat hy koning oor Israel was namens God. Jesus sal ook in die toekoms op dieselfde troon van God sit as koning oor Israel namens God (MattheŁs 27:37,42; Johannes 1:50; 12:13; 1 KorinthiŽrs 15:28-30).

Die goeie konings wat in die Ou Testament opgeteken is het heerskappy, wat tiperend is van Jesus se toekomstige Koninkryk, geniet. So dan sal Jesus in die toekomstige Koninkryk 'n tempel bou, net soos Salomo 'n tempel vir God in Jerusalem gebou het (sien EsegiŽl hoofstukke 40 to 48).

Net soos konings Hiskia en Salomo geskenke en heffings van die omliggende nasies ontvang het (1 Konings 10:1-4; 2 Konings 20:12), en die land van Israel sien blom het in voorspoed en vrugbaarheid (1 Konings 10:5-15; Jesaja 37:30), so sal dieselfde te sien wees in Jesus se wÍreldwye Koninkryk Ė maar op 'n baie groter skaal.

HUWELIKE

Ten spyte van Salomo se goeie begin toe hy nog jonk was, het hy foute begaan met betrekking tot sy huweliks verhoudinge met nie-Israelitiese vrouens. Hierdie huwelike het stelselmatig sy geestelike krag laat kwyn soos hy ouer geword het.

"En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese- uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesÍ het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan--Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie. En Salomo het agter AstŠrte, die godin van die SidoniŽrs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop. So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oŽ van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie. Toe het Salomo 'n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lÍ, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode. Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van die HERE nie gehou nie. Daarom het die HERE vir Salomo gesÍ: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee"(1 Konings 11:1-11).

Salomo se verval in valse godsdiens was 'n lewenslange proses. Sy verhoudings met vroue wat nie sy kennis oor Israel se God gedeel het nie, het hom gelei om simpatiek te wees teenoor hulle valse gode. Sy liefde vir sy vroue het beteken dat hy nie meer hierdie gode as die geestelike verdorwenheid van die ware God gesien het nie.

Mettertyd het hy nie meer in sy hart die God van Israel aanbid nie - "Sy hart was nie volkome nie". Sy gewete het hom nie meer gepla toe hy vals gode aanbid het nie. Sy gebrek aan heelhartige toewyding aan die ware God was "sondig in die Here se aangesig" en het gelei daartoe dat God Sy verhouding met Salomo verbreek het. Israel was oor en oor gemaan om nie met vrouens van die omliggende nasies te trou nie (Eksodus 34:12-16; Josua 23:12,13; Deuteronomium 7:3).

Deur die doop in Christus word ons deel van die geestelike Israel. As ons enkelinge is moet ons net trou met iemand wat behoort aan geestelike Israel; met ander woorde trou "in die Here" (1 KorinthiŽrs 7:39) of te wel met ander gedoopte persone "in Christus". As ons alreeds getroud is wanneer ons gedoop word moet ons nie van ons lewensmaat skei nie; die huwelik word geheilig op grond van ons geloof (1 KorinthiŽrs 7:12-14)

As ons doelbewus kies om met iemand te trou wat nie die wil van God ken en glo nie, sal dit ons op die langtermyn afvallig maak. Salomo het nie die streng waarskuwing van God omtrent huwelike met ongelowige vroue, "hulle sal VOORWAAR julle hart verlei", ter harte geneem nie (1 Konings 11:2; Eksodus 34:16). Ons het vroeŽr gewys hoe die ortodokse Christendom nie die Joodse basis van die Christen hoop waardeer nie; hulle ken nie die ware God van Israel nie. Ondertrouery met sulke mense lei gewoonlik tot 'n stelselmatige wegdraai van die ware leerstellings wat die basis van verlossing vorm.

Dit is om hierdie rede dat Isak en Jakob buitengewone moeite gedoen het om met vrouens te trou wat die ware geloof aangehang het. Isak het selfs gewag tot hy 40 jaar was voordat hy die regte vrou gevind het (Genesis 24:3,4; 28:1). Die kommer en ongelukkigheid van Esra en Nehemia, toe hulle hoor dat sommige Jode nie-Jode getrou het, wys die erns van die saak. (Esra 9:12; Nehemia 10:29,30) Ons het hierdie onderwerp nou aangeraak om die leser tot ernstige nadenke te lei. Die huwelik word in meer detail in Studie 11:4 bespreek.

DIE OORDEEL VAN GOD

As gevolg van Salomo se afvalligheid het die koninkryk van Israel in twee verdeel; Salomo se seun, REHOBIAM, het oor die stamme van Benjamin en Juda regeer, terwyl JEROBIAM oor die ander tien stamme regeer het. Hierdie tien-stam koninkryk van Israel was ook Efraim genoem, terwyl die twee-stam koninkryk as Juda bekend gestaan het. Die mense van al hierdie stamme het meestal Salomo se slegte voorbeeld gevolg Ė hulle het "bely" dat hulle in die ware God glo maar terselfdertyd die afgode van die omliggende nasies aanbid.

Keer op keer het God by hulle gepleit om te bekeer deur Sy profete te stuur. Dit was egter tevergeefs. As gevolg hiervan het Hy hulle gestraf deur hulle uit die land te dryf na die lande van hulle vyande. Dit was toe die AssiriŽrs en BabelonieŽrs Israel binnegeval het :- " En U was baie jare lankmoedig oor hulle, en U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande" (Nehemia 9:30).

Die koninkryk van Israel (10 stamme) het geen goeie konings gehad nie. Jerobiam, Ahab, Jehoas, ens. word almal in die boek van Konings as afgodsdienaars beskryf. Die laaste koning was Hosea en tydens sy heerskappy was Israel deur AssiriŽ verslaan. Die tien stamme is toe weggevoer in ballingskap vanwaar hulle nooit teruggekeer het nie (2 Konings hoofstuk 17).

Die koninkryk van Juda (2 Stamme) het 'n paar goeie konings gehad (Hiskia en Josia, bv.), maar die meerderheid was ook sleg. As gevolg van hulle herhaaldelike en volgehoue sonde het God die koninkryk van Juda omvergewerp gedurende die heerskappy van koning Sedekia.

Dit het gebeur met die BabiloniŽrs wat Juda binnegeval het en hulle as gevangenes weggevoer het (2 Konings hoofstuk 25). Hulle het in BabiloniŽ gebly as bannelinge vir 70 jaar, waarna hulle onder die leierskap van Esra en Nehemia weer na hul land teruggekeer het. Hulle het nooit weer 'n eie koning gehad nie maar die BabiloniŽrs, Grieke en Romeine het oor hulle regeer. Jesus was tydens die heerskappy van die Romeine gebore.

As gevolg van die Jode se verwerping van Jesus, het die Romeine die Jode in 70NC finaal verslaan en is hulle oor die hele wÍreld verstrooi. Dit is slegs in die laaste 100 jaar dat hulle na hul land begin terugkeer het - 'n gebeurtenis wat die nabye wederkoms van Christus aangekondig het (sien bylae 3).

EsegiŽl 21:25-27 het die beŽindiging van God se koninkryk, soos gesien in die volk van Israel, voorspel : ". En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening- so sÍ die Here HERE: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is! Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie--totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee."

Skrifgedeelte na skrifgedeelte in die profete betreur die einde van God se koninkryk wat moes kom as gevolg van die volk se volgehoue sondigheid (Hosea 10:3; Klaagliedere van Jeremia 5:16; Jeremia 14:21; DaniŽl 8:12-14). EsegiŽl se profesie in hoofstuk 21 verwys na die toekoms, "TOTDAT hy kom wat daarop reg het, en aan hom sal ek dit gee", wanneer Jesus sal terugkeer en die beloftes aangaande hom wat aan Dawid gemaak is (2 Samuel 7:12-16 vergelyk Lukas 1:32-33), vervul sal word.

RESTORASIE VAN ISRAEL

Daar is 'n wonderlike tema reg deur die Ou Testamentiese profete van die wederoprigting van God se Koninkryk met Jesus se wederkoms. Christus se dissipels het dit deeglik begryp uit wat Jesus vir hulle geleer het na sy opstanding (Handeling 1:3).

"Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sÍ: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?" (Handelinge 1:6); met ander woorde "sal EsegiŽl 21:27 nou vervul word?" Jesus het geantwoord dat net God die tyd weet. Die engele het hulle na Jesus se hemelvaart, kort daarna, verseker dat hy (Jesus) sekerlik in die toekoms sou terugkeer (Handelinge 1:6-11).

Die restorasie (wederoprigting) van die Koninkryk van God / Israel sal dus met Jesus se wederkoms geskied. Derhalwe maak Petrus die volgende stelling in Handeling 3:20,21 :"en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete." Jesus se wederkoms sal die wederoprigting van die koninkryk van Israel, soos in detail in die profete voorspel, teweeg bring.

Die wederoprigting van God se koninkryk is waarlik die tema van "al God se heilige profete" :-

"En opgerig is deur goedgunstigheid 'n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, 'n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid" (Jesaja 16:5).

"In diť dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;" (Amos 9:11).

"En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers" (Jeremia 30:20).

"En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies" (Sagaria 2:12), en dit sal die hoofstad van sy wÍreld-wye Koninkryk wees (vergelyk Psalm 48:2; Jesaja 2:2-4).

" En Ek sal die lot van Juda en die lot van Israel verander en hulle bou soos tevore. En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys. So spreek die HERE: In hierdie plek waarvan julle sÍ: Dit is woes, sonder mens en sonder dier--in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, sal weer gehoor word die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sÍ: Loof die HERE van die leŽrskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! --van die wat 'n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sÍ die HERE. So spreek die HERE van die leŽrskare: In hierdie plek wat woes is, sonder mens of dier, en in al die stede daarvan sal weer 'n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lÍ en rus. In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda sal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sÍ die HERE" (Jeremia 33:7-13).

Die wederkoms van Christus, om God se Koninkryk weer te vestig, is waarlik "die hoop van Israel" waaraan ons deelagtig moet word deur die doop.


  Back
Home
Next