Bybele Beginsels
Studie 4: God En Die Dood
Die Menslike Natuur | Die Siel | Die Gees Van Die Mens | Dood Is Onbewustheid | Die Opstanding | Die Oordeel | Die Plek Van Beloning: Hemel Of Aarde? | Verantwoordelikheid Teenoor God | Hel | Inset (Die Vagevuur, Spoke En Reļnkarnasie, Met Watter Natuur Sal Ons Opgewek Word?, Die Wegraping) | Vrae

Inset 13: Met Watter Natuur Sal Ons Opgewek Word?

Ons het aangetoon dat die ewige lewe en die verandering na God se natuur geskenk word aan die gelowiges met die oordeel. Christus sal eerste diegene opwek wat verantwoordelik is tot sy oordeel, en hulle dan oordeel nadat hulle na hom versamel is. Aangesien die beloning van 'n onsterflike natuur gegee gaan word by die oordeel, volg dit dat almal wat opgewek word eerstens 'n sterflike natuur sal hź. Indien hulle reeds met onsterflike liggame opgewek word is daar geen rede vir die regterstoel waar hierdie beloning uitgedeel gaan word nie.

Ons betree die Koninkryk van God direk na ons verskyning voor die oordeelstoel (Mattheüs 25:34); die gelowiges betree dus nie die Koninkryk voor die oordeel nie. "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beėrwe nie …….. maar ons sal almal verander word…..Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word" (1 Korinthiėrs15:50,51,53). Dit volg dan dat hierdie verandering van ons natuur, van verganklik na onverganklik, plaasvind by die oordeelstoel omdat dit daar is waar ons die Koninkryk sal betree.

Die geesvervulde apostel Paulus skryf gereeld van "die opstanding" in die sin van "die opstanding tot die lewe" – die opstanding van die geregtiges wat dan die ewige lewe sal ontvang na die oordeel. Hy het natuurlik begryp "dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges" (Handelinge 24:15). Hy was deeglik bewus dat die verantwoordelikes "sal uitgaan (uit die graf), die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling (Johannes 5:29)."

In 'n positiewe sin verwys Paulus gereeld na "die opstanding van die lewe" in die konteks van "die opstanding". Die geregtiges kom uit hul grafte "tot die opstanding van die lewe" – na hul opstanding sal hulle geoordeel word en die ewige lewe geskenk word. Hierdie hele proses is "die opstanding tot die lewe". Daar is 'n verskil tussen "sal uitgaan" uit die graf en die "opstanding van die lewe". Paulus praat oor sy strewe om 'n Christelike lewe te lewe, "of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik" (Filippense 3:11). Omdat Paulus verantwoordelik voor God staan, sal hy opgewek word om rekenskap te gee by die oordeel; omdat hy gestrewe het om "die opstanding ..(te).. bereik" moet hierdie "opstanding" noodwendig beteken die "opstanding tot die lewe."

Ander voorbeelde van "die opstanding" wat beteken "die opstanding tot die lewe" (vergelyk Lukas 14:14) sluit in Lukas 20:35; Johannes 11:24; 1 Korinthiėrs 15:21,42; Hebreėrs 11:35; Openbaring 20:6. In Psalm 17:15 skryf Dawid dat hy sy beloning sal ontvang die oomblik as hy "wakker" word. Hy het dieselfde begrip gehad rondom die opstanding, tog het hy geweet dat daar ook 'n oordeel sal wees. Die gebruik van die uitdrukking, "die opstanding", soos in 1 Korinthiėrs 15, verduidelik 1 Korinthiėrs 15:52 – "die dode sal onverganklik opgewek word". Dit is interessant dat die term "die dode" somtyds (en veral in 1 Korinthiėrs 15) verwys na die regverdige dooies, wat opgewek sal word om die ewige lewe by die oordeel te ontvang: 1 Korinthiėrs 15:13,21,35,42; 1 Thessalonisense 4:16; Filippense. 3:11; Openbaring 14:13; 20:5,6.

1 Tessalonicense 4:16,17 lys die gebeure tydens Christus se wederkoms:-

  1. Christus keer sigbaar terug.

  2. Die dooies word opgewek.

  3. Die verantwoordelikes wat leef tydens die wederkoms word weggevoer om geoordeel te word.

Die skenk van die ewige lewe vind plaas nadat ons by die regterstoel versamel is (Mattheüs. 25:31-34; 13:41-43); daarom kan onsterflikheid nie verkry word met die opstanding alleen nie, aangesien dit die versameling vooraf gaan. Ons het reeds aangetoon dat al die geregtiges hulle beloning op dieselfde tyd sal ontvang (Mattheüs 25:34; Hebreėrs 11:39-40). Dit sal nie moontlik wees indien onsterflikheid reeds met die opstanding verkry word nie omdat die opstanding die versameling van al die lewende verantwoordelikes vooraf sal gaan.

Daar moet egter gelet word op die feit dat ons begrip van tyd menslik is; God word glad nie hierdeur gebind nie. Dit is moontlik om te ver te gaan in 'n poging om die presiese kronologie van gebeure uit te werk met Christus se wederkoms. Ons opstanding en verandering na onsterflikheid tydens die oordeel word beskryf as "in 'n oomblik, in 'n oogwink" (1 Korinthiėrs 15:51,52). Dit is dus 'n logiese gevolg dat tyd in 'n ander dimensie sal verloop met Christus se wederkoms, ten minste vir diegene wat voor die oordeelstoel sal verskyn. Dit is 'n algemene Bybelse beginsel dat elkeen wat voor die oordeelstoel sal verskyn rekenskap van sy of haar lewe sal moet gee en ook in gesprek met die regter, Jesus Christus, sal tree (Mattheüs 25:44 –46; Prediker 3:17; 12:14; Lukas 12:2,3; 19:23; Esegiėl 18:21,22; 1 Timotheüs 5:24,25; Romeine 14:11,12). Gegee die aantal verantwoordelikes, moet ons aanneem dat tyd of stil sal staan of versnel sal word sodat ons almal oombliklik maar ook individueel geoordeel kan word.

Om hierdie rede is dit te verstane dat die opstanding soms na verwys word as die metode waardeur die geregtiges die ewige lewe sal ontvang. Dit word na verwys as die metode as gevolg van die spoed waarteen ons versamel sal word vanaf die graf na die oordeelstoel toe, en dan, deur God se genade, verander sal word na 'n onsterflike natuur.

Uit die verse wat vroeėr bespreek is, is dit duidelik dat die ewige lewe geskenk word by die oordeelstoel eerder as by die opstanding. Dit is wat die Bybel leer. 1 Thessalonisense 4:17 praat van die geregtiges wat weggevoer word na die oordeelstoel toe met die geklank van die basuin, terwyl 1 Korinthiėrs 15:52 dieselfde basuin geklank assosieer met die skenk van die ewige lewe. Dit verduidelik waarom Paulus die opstanding gelykstel met die aanvaarding by die oordeelstoel (sien Filippense 1:23).


  Back
Home
Next