Bybele Beginsels
Studie 4: God En Die Dood
Die Menslike Natuur | Die Siel | Die Gees Van Die Mens | Dood Is Onbewustheid | Die Opstanding | Die Oordeel | Die Plek Van Beloning: Hemel Of Aarde? | Verantwoordelikheid Teenoor God | Hel | Inset (Die Vagevuur, Spoke En Renkarnasie, Met Watter Natuur Sal Ons Opgewek Word?, Die Wegraping) | Vrae

4.8 Verantwoordelikheid Teenoor God

Indien die mens van nature oor 'n onsterflike siel beskik, dan volg dit noodwendig dat so 'n siel 'n ewige bestaan iewers moet voer of in 'n plek van beloning of in 'n plek van straf. Dit impliseer dat die ganse mensdom verantwoordelik is teenoor God. In teenstelling hiermee is dit reeds aangetoon dat die Bybel leer dat die mens van nature net soos die diere is, sonder enige inherente onsterflikheid.

Nietemin is die vooruitsig van 'n ewige lewe in God se Koninkryk aan sommige mense gebied. Dit volg dus dat nie almal wat eens geleef het opgewek sal word nie; net soos die diere, leef en sterf die mens en ontbind tot stof. Daar sal egter 'n oordeel plaasvind, waartydens sommige veroordeel sal word en andere beloon sal word met die ewige lewe. Hieruit moet ons tot die slotsom kom dat daar 'n sekere klas mense is wat opgewek en geoordeel sal word.

Of 'n persoon opgewek sal word of nie, hang af van daardie persoon se verantwoordelikheid tot die oordeel. Die basis van ons oordeel sal gegrond word op die wyse waarop ons reageer op ons kennis van God se woord. Christus verduidelik: "Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag" (Johannes 12:48). Diegene wat die woorde van Christus nie geken het of nie verstaan het nie en dus nie die geleentheid gehad het om hom te aanvaar of te verwerp nie, is nie verantwoordelik tot die oordeel nie. "Want almal wat sonder (kennis van) die wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan ("perish" in KJV) ; en almal wat onder (kennis van) die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word" (Romeine 2:12). Met ander woorde, diegene wat nie God se voorskrifte geken het nie, sal vergaan soos die diere; hierteenoor sal die wat wetende God se voorskrifte verbreek, geoordeel word en daarom opgewek moet word tot die oordeel.

In God se o word sonde "nie toegereken as daar geen wet is nie"; "sonde is wetteloosheid"; "deur die wet is die kennis van sonde" (Romeine 5:13; 1 Johannes 3:4, Romeine 3:20). Sonder 'n kennis van God se wette soos geopenbaar in Sy Woord, word sonde "nie toegereken" tot 'n persoon nie en daarom sal so 'n persoon nie opgewek word om geoordeel te word nie. Diegene wat dus nie God se woord ken nie sal dood bly, soos ook die diere en die plante, siende dat hulle in dieselfde toestand verkeer. "Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan" (Psalm 49:21). "Soos skape word hulle bestem vir die doderyk" (Psalm 49:15).

Dit is ons kennis van God se we wat ons verantwoordelik maak vir ons optredes en ons lewenswyse voor Hom. Dit maak ons opstanding uit die dood en verskyning voor die oordeelstoel noodsaaklik. Hieruit is dit dus duidelik dat dit nie net die regverdiges of die wat gedoop is wat opgewek gaan word nie, maar almal wat verantwoordelik is voor God op grond van hulle kennis van Hom. Hierdie is 'n herhaalde Bybelse tema:-

  • In Johannes 15:22 lees ons dat kennis van die Woord verantwoordelikheid meebring: "As Ek (Jesus) nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde h nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie". Verder lees ons in Romeine 1:20-21 dat 'n kennis van God die mens met "geen verontskuldiging" laat nie.

  • "Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het Ek (Jesus) sal hom opwek in die laaste dag" (Johannes 6:44,45).

  • "God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer" (Handelinge 17:30).

  • "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word (bv. sal in die dood bly). En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis" (Lukas 12:47,48).

  • "Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde" (Jakobus 4:17).

  • Israel se besondere verantwoordelikheid teenoor God is gegrond op Sy openbaringe aan hulle aangaande Homself (Amos 3:2).

  • As gevolg van hierdie lering van verantwoordelikheid, sou dit "vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is" (2 Petrus 2:21). Ander toepaslike skrifgedeeltes sluit in: Johannes 9:41; 3:19; 1 Timothes 1:13; Hosea 4:14; Deuteronomium.1:39.

Kennis van God maak ons verantwoordelik voor die oordeelstoel; dit volg nou dat diegene sonder 'n kennis van God nie opgewek sal word nie, siende dat hulle nie nodig het om geoordeel te word nie, en dat hulle gebrek aan kennis hulle "soos die diere wat vergaan" maak (Psalm 49:21).

Daar is talle aanduidinge dat nie almal wat ooit geleef het opgewek sal word nie:-

  • Die lede van die antieke Babiloniese volk sal "'n ewige slaap slaap en nie wakker word nie", hulle "sal nie opstaan nie" (Jeremia 51:39; Jesaja 43:17).

  • Jesaja bemoedig homself: "HERE, onse (Israel se) God, ander here buiten U het oor ons geheers (d.i. die Fillistyne en Babilonirs), maar deur U alleen prys ons Naam. Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan" (Jesaja 26:13,14). Let op die drie dubbele klem op die feit dat hulle nie opgewek sal word nie: Sal nie "herlewe"hulle "staan nie op nie" "alle gedagtenis aan hulle vergaan". In teenstelling hiermee het Israel die vooruitsig van die opwekking op grond van hulle kennis van die ware God: "U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon!" (Jesaja 26:19).

  • Aangaande die volk van God , Israel, word dit aan ons vertel dat met Christus se wederkoms "baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik" (Danil 12:2). Dus "baie" van die Jode sal opgewek word op grond van hulle verantwoordelikheid tot God as sy gekose volk. Diesulkes wat totaal oningelig is van hul ware God "sal val en nie weer opstaan nie" siende dat hulle nie in staat is om "die woord van die HERE" te vind nie (Amos 8:12,14).

ONS HET TOT DUSVER GELEER DAT:-

  1. Kennis van God bring ons tot verantwoordelikheid voor Hom.

  2. Slegs die wat verantwoordelik is opgewek en geoordeel sal word.

  3. Diegene wat nie die enigste en ware God ken nie sal nie opgewek word nie en sal in die stoflike toestand bly net soos die diere.

Die implikasies van hierdie konklusies is 'n bitter pil om te sluk vir die menslike trots en vir wat ons normaalweg verkies om te glo. Die miljoene mense, nou en regdeur die geskiedenis, wat oningelig is aangaande die ware Evangelie val in die kategorie van die wat nie oor 'n ware kennis van God beskik nie, en is daarom nie verantwoordelik voor God nie. Dit beteken dat hulle nie opgewek sal word nie, ongeag hul ouers se geestelike status. Dit druis lynreg in teen die grein van die humanisme en al ons natuurlike begeertes en gevoelens; en tog sal 'n nederige beskouing van God se Woord van absolute waarheid, gekoppel met 'n nederige besef van ons eie menslike natuur, ons lei om hierdie waarheid te aanvaar. 'n Opregte ondersoek na die feite rondom die menslike ervaring, selfs sonder die leiding van die Skrif, sal ook lei tot die konklusie dat daar geen toekomstige hoop is vir die groepe hierbo genoem nie.

Die bevraagtekening van God se we in hierdie sake is totaal buite orde: "o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker s: Waarom het u my so gemaak nie?" (Romeine 9:20). Alhoewel ons ons onbegrip mag beken, mag ons God nooit van onregverdigheid of ongeregtigheid beskuldig nie. Die implikasie dat God op enige manier liefdeloos of verkeerd kan wees, lei tot 'n verskriklike vooruitsig van 'n almagtige God, Vader en Skepper wat Sy skepsels op 'n onredelike en onregverdige wyse behandel. Die rekord van koning Dawid se verlies van sy baba is hulpvol; 2 Samuel 12:15-24 vertel hoe Dawid gebid het vir die kind terwyl die nog gelewe het, maar later die realiteit en die finaliteit van die kind se dood aanvaar: "Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet--die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly. Maar nou is hy dood--waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie." Hierna het Dawid sy vrou getroos en nog 'n kind by haar verwek.

In die laaste instansie moet daarop gewys word dat baie mense, wanneer hulle tot die begrip en kennis van hierdie beginsel van verantwoordelikheid tot God kom, voel dat hulle geen verdere kennis wil opdoen oor God nie sodat hulle nie verantwoordelik raak voor Hom en Sy oordeel nie. Tog is dit waarskynlik dat hierdie mense reeds verantwoordelik is voor God, siende dat hul kennis van God se woord hulle bewus gemaak het van die feit dat God in hul lewens werk, en 'n werklike verhouding met Hom aan hulle bied. Ons moet onthou "God is liefde", Hy "wil nie h dat sommige moet vergaan nie" en dat "Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h" (1 Johannes 4:8; 2 Petrus 3:9; Johannes 3:16). God wil h dat ons in Sy Koninkryk moet wees.

Dit is onvermydelik dat so 'n voorreg verantwoordelikhede sal meebring. Hierdie verantwoordelikhede is egter nie bedoel om te swaar en lastig te wees nie. As ons werklik vir God liefhet, sal ons waardeer dat Sy aanbod van redding nie 'n outomatiese prys vir sekere werke is nie, maar 'n liefdevolle begeerte van Sy kant om alles moontlik te doen vir Sy kinders, sodat Hy vir ons 'n ewige lewe van geluk kan gee waarin ons Sy wonderlike karakter eerstehands kan ervaar. Soos ons tot die korrekte begrip van God se Woord kom en Hy ons daardeur roep, sal ons besef dat soos ons dag vir dag met ons lewe omgaan, God ons dop hou met 'n spesiale intensiteit, en gretig soek Hy na enige teken van ons reaksie op Sy liefde, eerder as om te wag en te kyk hoe ons faal en nie voldoen aan ons verantwoordelikhede nie.

Nooit neem Hy Sy liefdevolle oog van ons af nie; nooit kan ons ons kennis van Hom vergeet of onklaar maak sodat ons weer in die begeerlikhede van die vlees kan verval nie, vry van enige verantwoordelikheid teenoor Hom nie. Ons moet ons eerder verbly in die spesiale verhouding wat ons met God het, en vertrou in die grootheid van Sy liefde, om sodoende altyd te begeer om meer en meer van Hom te leer eerder as minder en minder. Ons liefde vir God se we en ons begeerte om Hom te ken, sodat ons meer en meer soos Hy kan wees, behoort swaarder te weeg as ons natuurlike vrees vir Sy allerhoogste heiligheid.


  Back
Home
Next