Bybele Beginsels
Studie 4: God En Die Dood
Die Menslike Natuur | Die Siel | Die Gees Van Die Mens | Dood Is Onbewustheid | Die Opstanding | Die Oordeel | Die Plek Van Beloning: Hemel Of Aarde? | Verantwoordelikheid Teenoor God | Hel | Inset (Die Vagevuur, Spoke En Reïnkarnasie, Met Watter Natuur Sal Ons Opgewek Word?, Die Wegraping) | Vrae

Inset 11: Die Vagevuur

Die Rooms Katolieke kerk leer dat die siele van God se mense na die sogenaamde "vagevuur" gaan na die dood. Dit is veronderstel om 'n halfweghuis te wees tussen die hemel en die hel. Hulle leer dat hierdie 'n plek van suiwering is, waar die siel vir 'n tydperk ly voordat dit goed genoeg is om redding te verkry in die hemel. Die gebede, kers brandery en finansiële bydraes aan die kerk van 'n persoon en sy vriende is veronderstel om hierdie tydperk, waar die siel in die vagevuur gesuiwer word , te verkort. Die omvang van die fout wat opgesluit lê in hierdie idees word deur die volgende geïllustreer:-

  • Die Bybel sê absoluut niks oor die bestaan van so 'n plek nie.

  • Ons het aangetoon dat die siel verwys na ons liggaam, eerder as na 'n onsterflike element binne in ons, en dat die hel verwys na die graf eerder as 'n plek van marteling.

  • Die geregtiges word nooit saligheid in die hemel belowe nie. Die ontvang van saligheid sal plaasvind by die oordeelstoel met Christus se wederkoms. Dit vind nie plaas op 'n tyd na die dood wanneer ons die sogenaamde vagevuur verlaat nie (Mattheüs 25:31-34; Openbaring 22:12).

  • Al die geregtiges sal hul beloning op dieselfde tyd ontvang, in teenstelling met die gedagte dat elke persoon sy saligheid op 'n verskillende tyd ontvang (Hebreërs 11:39,40; 2 Timotheüs 4:8).

  • Die dood word gevolg deur 'n toestand van totale onbewustheid, en nie deur die aktiwiteite voorgestel in die leer van die vagevuur nie.

  • Ons word gesuiwer van ons sondes deur die doop in Christus en die ontwikkeling van 'n vaste geloof in sy werke gedurende ons huidige lewe, en nie in 'n tydperk van lyding na die dood nie. Ons word geleer "Suiwer dan die ou suurdeeg" van die sonde uit ons lewe uit (1 Korinthiërs. 5:7); om ons te suiwer van die werke van die sonde (2 Timotheüs 2:21; Hebreërs 9:14). Ons tyd van suiwering is dus nou, tydens hierdie lewe, eerder as in 'n plek van suiwering soos die vagevuur waarheen ons moet gaan na die dood. "Nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil" (2 Korinthiërs 6:2). Ons gehoorsaamheid aan God deur die doop en die ontwikkeling van 'n geestelike karakter in hierdie lewe sal lei tot ons saligheid (Galasiërs 6:8) – en nie lyding in die ‘vagevuur’ nie.

  • Die pogings van ander om ons te red deur die brand van kerse en ander donasies aan die Katolieke kerk, kan geen invloed op ons saligheid hê nie. "Die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee …… dat hy vir ewig sou voortlewe " (Psalm 49:7-10).


  Back
Home
Next