Bybele Beginsels
Studie 4: God En Die Dood
Die Menslike Natuur | Die Siel | Die Gees Van Die Mens | Dood Is Onbewustheid | Die Opstanding | Die Oordeel | Die Plek Van Beloning: Hemel Of Aarde? | Verantwoordelikheid Teenoor God | Hel | Inset (Die Vagevuur, Spoke En ReÔnkarnasie, Met Watter Natuur Sal Ons Opgewek Word?, Die Wegraping) | Vrae

4.5 Die Opstanding

Die Bybel benadruk die feit dat die geregtiges hul beloning met die opstanding sal ontvang, dit is met die wederkoms van Christus (1Thessalonisence 4:16). Die opwekking van die gestorwe verantwoordelikes (sien Studie 4.8) sal die eertse taak wees wat Christus uitvoer met sy terugkeer; dit sal gevolg word met die oordeel. Indien die Ďsielí na die hemel gaan met die dood sal daar geen nut wees in die opwekking van die gestorwenes nie. Paulus stel dit dat indien daar geen opstanding is nie, alle pogings om gehoorsaam aan God te wees tevergeefs is (1 KorinthiŽrs 15:32). Dit is onbegryplik dat Paulus so sou redeneer as hy geglo het dat hy ook beloon sou word deurdat sy Ďsielí na die hemel sou gaan met sy dood. Die implikasie hiervan is dat Paulus geglo het dat die enigste vorm van beloning die opstanding van die liggaam is. Christus spoor die wat leef aan met die verwagting dat die enigste beloning vir die gelowiges sal plaasvind met "die opstanding" (Lukas 14:14).

Weereens moet dit beklemtoon word dat die Bybel geen vorm van bestaan buite 'n liggaamlike vorm leer nie Ė dit geld vir God, Christus, die Engele en die mens. Van Christus is geskryf dat hy met sy wederkoms "ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam" (Filippense 3:20,21).

Soos Christus tans in 'n letterlike liggaamlike vorm bestaan, suiwer bekrag met die Gees eerder as met bloed, sal ons ook 'n soortgelyke beloning ontvang. Met die oordeel sal ons 'n beloning ontvang, gebaseer op hoe ons gelewe het in hierdie liggaamlike vorm (2 KorinthiŽrs 5:10). Die wat 'n vleeslike lewe leef sal gelaat word met hul bestaande sterflike liggaam, wat uiteindelik sal vergaan tot stof, terwyl die wat tydens hul lewe voortdurend daarna streef om die denke van die vlees te oorkom met die denke van die Gees " uit die Gees die ewige lewe sal maai" (GalasiŽrs 6:8), in die vorm van 'n Gees-vervulde liggaam.

Daar is verder genoeg bewys dat die beloning van die geregtiges in 'n liggaamlike vorm sal wees. Sodra dit aanvaar word, word die noodsaaklikheid van die opstanding duidelik. Dit is duidelik dat ons huidige liggaam ophou om te bestaan met die dood; indien ons die ewige lewe en onsterflikheid slegs in 'n liggaamlike vorm kan ervaar, volg dit dat die dood 'n toestand van onbewustheid is, totdat ons liggame herskep word en 'n Goddelike natuur gegee word.

Die hele 1 KorintiŽrs 15 bespreek die opstanding in detail. 'n Aandagtige lees hiervan sal die leser grootliks baat. 1 KorinthiŽrs 15:35-44 verduidelik dat net soos 'n saadjie gesaai word en uit die grond verrys en deur God beliggaam word, net so sal die dooies verrys en beloon word met 'n liggaam. Soos Christus opgestaan het uit die graf en sy sterflike liggaam verander is na 'n onsterflike liggaam, net so sal die ware gelowige beloon word (Filippense 3:21). Deur die doop assosieer ons onsself met Christus se dood en sy opstanding; hierdeur wys ons dat ons glo dat ons sal deel in die beloning wat hy ontvang het met sy opstanding (Romeine 6:3-5). Deur nou in sy leiding te deel, sal ons ook deel in sy beloning: "Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word" (2 KorinthiŽrs 4:10).

"En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon" (Romeine 8:11). Met hierdie hoop wag ons dus op die "verlossing van ons liggaam" (Romeine 8:23), deurdat daardie liggaam onsterflik gemaak sal word.

Hierdie hoop van 'n letterlike liggaamlike beloning is deur die mense van God verstaan sedert die vroegste tye. Aan Abraham is belowe dat hy, persoonlik, die land Kanašn vir ewig sou beŽrwe, so seker as wat hy dit deurtrek het (Genesis 13:17; sien Studie 3.4). Sy geloof in daardie belofte moes noodwendig vereis dat hy geglo het dat sy liggaam, op 'n tyd in die toekoms, opgewek sou word en onsterflik gemaak sal word sodat die belofte aan hom gestand gedoen kan word.

Job stel uitdruklik sy begrip van hoe, ten spyte van die feit dat sy liggaam deur wurms in die graf geŽet word, hy in 'n letterlike liggaam sy beloning sou ontvang: " Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; Hom wat ťk sal aanskou my ten goede, en my oŽ--en geen vreemde nie--sal sien" (Job 19:25-27). Net so was ook Jesaja se hoop: "U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan" (Jesaja 26:19).

Soortgelyke woorde word gevind in die beskrywing van Lasarus,'n persoonlike vriend van Jesus, se dood. In plaas daarvan om die man se susters te troos deur te sÍ dat sy siel na die hemel opgevaar het, praat die Here Jesus van die dag van die opstanding: "Jou broer sal opstaan". Die reaksie van Lasarus se suster, Martha, wys die waarde wat die vroeŽ Christene aan die opstanding geheg het: "Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag" (Johannes 11:23,24). Soos Job, het sy nie geglo dat die dood 'n deur is na die saligheid in die hemel nie; sy het eerder vooruit gekyk na die opstanding "in die laaste dag". Die Here Jesus belowe: "Ek sal hom opwek in die laaste dag. Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het" (Johannes 6:44:45).


  Back
Home
Next