Bybele Beginsels
Studie 7: Die Oorsprong Van Jesus
Ou Testamentiese Profesieë Oor Jesus | Die Maagdelike Geboorte | Christus Se Posisie In God Se Plan | "In Die Begin Was Die Woord" (Johannes 1:1-3) | Inset (Die Historiese Jesus, "Ek Het Uit Die Hemel Neergedaal", Het Jesus Die Aarde Geskape?, "Voordat Abraham Was, Is Ek.", Melgisedek) | Vrae

Inset 25: "Voordat Abraham Was, Is Ek."

"Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek " (Johannes 8:58).

Hierdie woorde word dikwels verkeerd geïnterpreteer om te leer dat Jesus voor Abraham bestaan het. Nadere ondersoek wys egter dat die teenoorgestelde waar is.

  1. Jesus het nie gesê "Voor Abraham was, was ek" nie. Hy was die beloofde nageslag van Abraham. Dit maak die beloftes van God aan Abraham onlogies as ons sê dat Jesus fisies voor Abraham se tyd bestaan het.

  2. Die konteks van Johannes 8:58 is Jesus se gesprek met die Jode oor Abraham. So ver dit hulle betref het, was Abraham die belangrikste man wat ooit geleef het. Jesus sê : "Ek is nou, soos ek hier staan, meer belangrik as Abraham". Soos hy daar gestaan het was Jesus die een wat vereer moes word – eerder as Abraham. Hy sê dus "Ek is NOU meer belangrik as wat Abraham ooit was". Dit is moontlik om "voordat", in terme van tyd te interpreteer in die sin dat Christus reeds in God se plan bestaan het, lank voordat Abraham bestaan het. Jesus was dus in terme van belangrikheid "voor" Abraham.

  3. Bewyse hiervoor word in Johannes 8:56 gevind :-

  4. "Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly." Die enigste tyd waar ons lees dat Abraham gelag het en bly was, was toe hy die belofte ontvang het dat hy 'n nageslag sou hê. Hy het verstaan dat die belofte uiteindelik na Jesus heen gewys het (Genesis 17:17). Hy het dus Jesus in die toekoms "gesien" in terme van die belofte wat aan hom gemaak is. Hy sê ook dan in Genesis 22:14 : " Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word. " Dit was in hierdie sin dat Jesus van Abraham praat asof hy (Abraham) vir hom (Christus) "gesien" het.

  5. Dit word dikwels beweer dat Jesus na die Heilige Naam van God verwys as hy sê "ek is". Ons het in Inset 3 verduidelik dat Jesus en gewone mense inderdaad God se naam kan dra sonder dat dit beteken dat hulle God self is. Dit kan egter ook wees dat Jesus eenvoudig die teenwoordige tyd van die werkwoord 'wees' gebruik. Dieselfde Griekse konstruksie kom 'n paar verse later voor. Die bure van 'n blinde man wat gewoonlik gesit en bedel het en toe genees is, wou van mekaar weet of hy inderdaad die blinde man was. Sommige sê toe:" Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek" (Johannes 9:9).


  Back
Home
Next