Bybele Beginsels
Studie 7: Die Oorsprong Van Jesus
Ou Testamentiese Profesieë Oor Jesus | Die Maagdelike Geboorte | Christus Se Posisie In God Se Plan | "In Die Begin Was Die Woord" (Johannes 1:1-3) | Inset (Die Historiese Jesus, "Ek Het Uit Die Hemel Neergedaal", Het Jesus Die Aarde Geskape?, "Voordat Abraham Was, Is Ek.", Melgisedek) | Vrae

Inset 24: Het Jesus Die Aarde Geskape?

" Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte--alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees " (Kolossense 1:15 – 18).

Hierdie is 'n voorbeeld van skrifgedeeltes wat die indruk kan skep dat Jesus die aarde geskep het.

  1. As dit waar is dan is daar baie ander teenstrydige verse wat duidelik leer dat Jesus nie voor sy geboorte bestaan het nie. Die Genesis verhaal wys duidelik dat God die Skepper was. Jesus is die "eersgeborene" – dit impliseer 'n begin. Daar is geen bewys dat Jesus God se eersgeborene was voor die skepping nie. Verse soos 2 Samuel 7:14 en Psalm 89:27 het voorspel dat 'n letterlike nageslag van Dawid die eersgeborene van God sou word. Hy het duidelik nie bestaan toe hierdie verse geskryf was nie.

    Jesus het "die Seun van God geword met krag" met sy opstanding uit die dood (Romeine 1:4). God het " dit aan ons, hulle kinders, vervul deur Jesus op te wek, soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer " (Handelinge 13: 32,33).

  2. Jesus het dus God se eersgeborene geword met sy opstanding. Let ook op dat 'n seun wat aan sy vader se regterhand staan verband hou met sy eersgeborenheid (Genesis 48:13-16) en dat Jesus tot God se regterhand verhewe is na sy opstanding (Handelinge 2:32,33 en Hebreërs 1:3).

  1. Dit is in hierdie sin dat Jesus beskryf word as die eersgeborene uit die dood (Kolosense 1:18), 'n term wat gelyk is aan "die Eersgeborene van die hele skepping" (Kolosense 1:15). Hy praat derhalwe van homself as "die eersgeborene uit die dode . . . die begin van die skepping van God" (Openbaring 1:5 ; 3:14). Jesus was die eerste van 'n nuwe skepping van onsterflike mans en vrouens wie se opstanding en volle geboorte as onsterflike seuns en dogters van God, moontlik gemaak is deur die dood en opstanding van Jesus (Efesiërs 2:10; 4:23,24 ; 2 Korinthiërs 5:17).

    " Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms " (1 Korinthiërs 15:22,23).

    Dit is dieselfde idee as Kolossense 1. Jesus was die eerste persoon wat uit die dood opgestaan het en onsterflikheid verkry het. Hy was die eerste van die nuwe skepping en die ware gelowiges sal sy voorbeeld volg met sy wederkoms.

  2. Die skepping waarvan in Kolosense 1 gepraat word, verwys na die nuwe skepping, eerder as die van Genesis. Deur die werk van Jesus "was alle dinge geskep . . .trone, heerskappye, owerhede, magte…" ens. Paulus gee nie riviere, berge, voëls ens. as voorbeelde van Jesus se skepping nie. Die elemente van die nuwe skepping verwys na dit wat die gelowige in God se Koninkryk sal besit. "Trone . . . heerskappye " ens. verwys na hoe die onsterflike gelowiges "konings en priesters" sal wees en "op die aarde (sal) heers" (Openbaring 5:10). Hierdie dinge is moontlik gemaak deur die werk van Jesus. " want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte--alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape " (Kolosense 1:16).

In Efesiërs 2:6 lees ons van die gelowiges in Christus wat "in hemelse plekke" sit. Hierdie verse spreek van die verhewe geestelike posisie wat hulle nou het en ook in die toekoms sal ondervind, wat alles deur Jesus moontlik gemaak is. Die "hemele en aarde" bevat "al die dinge wat versoening deur die bloed van Christus se kruis nodig gehad het" (Kolosense 1:16,20). Dit wys dat die "alle dinge . . . in die hemel" verwys na die gelowiges wat nou "in die hemelse plekke in Jesus Christus sit", eerder as alle fisiese dinge wat God in die begin geskep het.


  Back
Home
Next