Bybele Beginsels
Studie 1: God
God Se Bestaan | God Se Persoonlikheid | God Se Naam En Karakter | Die Engele | Inset ("God Is Gees" (Johannes 4:24), Die Gebruik Van God Se Naam., God Manifestasie.) | Vrae

Inset 1: "God Is Gees" (Johannes 4:24)

In Studie 2 kyk ons dieper na wat God se Gees is.Let op die verskil : God is Gees, nie God is 'n Gees nie; want Sy Gees weerspieël Sy persoonlikheid. God word as verskillende dinge beskryf, byvoorbeeld:

  • "Onse God is 'n verterende vuur (Hebreërs 12:29)

  • "God is lig" (1 Johannes 1:5)

  • "God is liefde" (I Johannes 4:8)

  • "Die woord (Grieks "logos"- plan, doel, gedagte) was God (Johannes 1:1).

Dus, God is Sy karaktertrekke. Dit is duidelik verkeerd om te redeneer dat God die abstrakte kwaliteit, liefde is, net omdat ons lees "God is liefde".Ons kan van iemand praat as die "goedheid self", maar dit beteken nie dat hulle fisies nie bestaan nie- dit is die gedrag van hulle letterlike bestaan wat goedheid openbaar.

Omdat die Gees God se krag is, lees ons dikwels dat God Sy Gees stuur of gebruik om Sy wil te doen. Om te sê dat God Sy Gees is, in 'n blote letterlike sin, is verkeerd- dit ontken God se bestaan. Voorbeelde van hoe God Sy Gees gebruik is baie, en dit wys dat God se Gees deel van Hom is.

  • "Waar is Hy (God) wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?" (Jesaja 63:11)

  • "Ek (God) sal my Gees op Hom (Jesus) lê "(Mattheüs 12:18)

  • "Hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?"(Lukas 11:13)

  • "Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal" (Johannes 1:32)

  • "Ek (God) sal van my Gees uitstort op alle vlees"(Handelinge 2:17).

Die talle verwysings na "die Gees van God" moet opsig self genoeg bewys wees dat die Gees nie God persoonlik is nie.Hierdie verskille tussen God en Sy Gees is 'n ander probleem vir die wat glo dat God 'n "drie-eenheid" is, wat God die Vader gelyk maak met Jesus en die Heilige Gees. As dit waar sou wees, en God dan nie-persoonlik is, dan moet dit volg dat Jesus ook nie 'n letterlike wese was of is nie.

'n Baie belangrike punt is ook dat 'n nie-persoonlike God gebed sinneloos maak. Dit sal van gebed 'n dialoog maak tussen ons bewustheid en 'n konsep van God wat net in ons eie gedagtes bestaan.

Ons word aanhoudend daaraan herinner dat ons tot 'n God bid wat 'n fisiese plek in die Hemel het (Prediker 5:1; Mattheüs 6:9; 5:16;1 Konings 8:30) ; dat Jesus nou aan God se regterhand is om vir ons in God se teenwoordigheid te verskyn (1 Petrus 3:22; Hebreërs 9:24) As God nie persoonlik is nie, dan is hierdie skrifgedeeltes sonder betekenis. As ons eers verstaan dat God 'n fisiese, liefdevolle Vader is, dan word ons gebede na Hom iets werkliks- ons praat dan letterlik met 'n ander Wese wat gewillig, en in staat is, om te reageer.


  Back
Home
Next