Bybele Beginsels
Studie 1: God
God Se Bestaan | God Se Persoonlikheid | God Se Naam En Karakter | Die Engele | Inset ("God Is Gees" (Johannes 4:24), Die Gebruik Van God Se Naam., God Manifestasie.) | Vrae

1.3 God Se Naam En Karakter

As daar 'n God is, is dit redelik om te aanvaar dat Hy 'n manier bedink het om vir ons van Homself te vertel. Ons glo dat die Bybel God se openbaring aan die mensdom is en dat Hy Sy karakter daarin bekend maak . Dit is hoekom die woord van God beskryf word as Sy "saad", (1 Petrus1:23), want as dit op ons verstand inwerk, word 'n nuwe mens van binne gevorm wat dan die karaktertrekke van God het (Jakobus 1:18; 2 Korinthiërs 5:17).

Dus, hoe meer ons God se woord in ons lewens toepas en die lesse daarin aanwend , hoe meer sal ons "gelykvormig wees aan die beeld van sy Seun"( Romeine 8:29), wat in karakter die perfekte beeld van God was (Kolossense 1:15). Hierin lê die waarde daarvan om die historiese gedeeltes van die Bybel te bestudeer; daar is vele voorbeelde van hoe God met mense en nasies werk. In Hebreeus het 'n persoon se naam dikwels hulle karakter, of informasie oor hulle, weerspieël. Hier is goeie voorbeelde:

Jesus = Verlosser - "want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" (Mattheüs 1:21).

Abraham = Vader van 'n groot menigte -"want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies "(Genesis 17:5).

Eva = Lewe -"omdat sy moeder geword het van alles wat lewe"(Genesis 3:20).

Simeon = Hoor -" die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee" (Genesis 29:33).

In die Psalms is daar dikwels die parallel met God self, Sy Naam, Sy woord en dade (Psalm 103:1;105:1;106:1,2,12,13). Dit kan derhalwe verwag word dat God se name en titels vir ons baie informasie oor Hom kan gee. Omdat daar so baie aspekte van God se karakter en doel is, het Hy eintlik meer as een naam.'n Dieper studie van die name van God is raadsaam na die doop; wat volg is bloot 'n bekendstelling.

Toe Moses 'n groter kennis van God wou hê om Sy geloof tydens 'n baie traumatise periode in sy lewe te versterk , het 'n Engel geroep: "HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie"(Eksodus 34:5-7).

Hier is 'n duidelike bewys dat God se name Sy karaktertrekke behels. Die feit dat Hy hierdie name het, is bewys dat God 'n persoonlike wese is - dit is onlogies om te redeneer dat 'n geesdamp hierdie eienskappe kan hê. God het een spesifieke naam gekies waarby Hy bekend wou wees en onthou wou word deur Sy mense; dit is 'n opsomming ,'n samevatting van Sy doel met die mensdom.

Die Israeliete was slawe in Egipte, en moes herinner word aan God se doel met hulle . Aan Moses is opdrag gegee om vir hulle te sê wat God se naam is, sodat dit sou help om hulle te motiveer om Egipte te verlaat en die reis na die beloofde land te begin (vergelyk 1 Korinthiërs 10:1). Ons moet ook die basiese beginsels van God se naam verstaan voordat ons gedoop word en ons reis na God se Koninkryk begin.

God het vir Israel gesê dat Sy Naam YAHWEH is. Dit beteken " Ek is wat Ek is"of , meer korrek vertaal, "Ek sal wees wie Ek sal wees"( Eksodus.3:13-15). Hierdie naam is toe verder uitgebrei:"Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel; Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag" (Eksodus 3:15). God se volle naam is dus "Die HERE God".

Die Ou Testament is hoofsaaklik in Hebreeus geskryf, en dit is onvermydelik dat ons Afrikaanse vertaling baie detail verloor wanneer die Hebreeuse woorde vir "God"vertaal word. Een van die algemene Hebreeuse woorde wat as "God" vertaal word,is "Elohim". Dit beteken "magtiges". God se gedenknaam, die naam waarby Hy wil hê ons Hom moet onthou, is derhalwe YAHWEH ELOHIM wat beteken HY WAT OPENBAAR SAL WORD IN 'N GROEP MAGTIGES. Dit is dus God se doel om Sy karakter en Sy wesenlike bestaan in 'n groot groep mense te openbaar. Deur gehoorsaamheid aan Sy woord kan ons nou van God se karaktertrekke in onsself ontwikkel.

So kan God homself, in 'n baie beperkte sin, openbaar in die ware gelowiges in hierdie lewe. God se naam is ook 'n voorspelling van die tyd wat kom wanneer die aarde gevul sal word met mense wat soos Hy is, beide in karakter en natuur (vergelyk .2 Petrus1:4). As ons vereenselwig wil wees met God se doel en soos Hy wil word en nie meer sterf nie; as ons vir ewig wil lewe in algehele morele volmaaktheid, dan moet ons onsself vereenselwig met Sy Naam.

Ons doen dit deur gedoop te word in die Naam - Yahweh Elohim (Mattheüs 28:19).Dit maak ons ook afstammelinge ("saad") van Abraham (Galasiërs 3:27-29) aan wie die ewige erfenis van die aarde gemaak is (Genesis 17:8; Romeine 4:13) - die groep "magtiges" (Elohim) in wie die voorspelling van God se naam vervul sal word. Dit word meer volledig verduidelik in Studie 3.4.


  Back
Home
Next