Bybele Beginsels
Bylae
1: Opsomming van Basiese Bybelse Leerstellings | 2: Ons houding teenoor die aanleer van die Bybelse waarheid | 3: Die Nabyheid van Christus Se wederkoms | 4: Die Geregtigheid van God

Bylae 2: Ons houding teenoor die aanleer van die Bybelse waarheid

Dit is heel moontlik om al die basiese Bybel leerstellings te bestudeer maar nog steeds nie die persoonlike realiteit daarvan te besef nie. Hierdie feit kan baie ontmoedigend wees vir die wat 'n boek soos die gebruik om ander te onderrig wat dan nie die beginsels begryp nie. Daar was vele opregte reaksie op die verkondiging van die Evangelie in die eerste eeu. Mense het die Evangelie gretig ontvang en was derhalwe gedoop (Handelinge 2:41). Sonder 'n opregte aanvaarding van die boodskap in 'n liefdevolle geloof is daar geen sin in die doop nie. Die wat gedoop word as gevolg van druk van 'n eggenoot of ouers sal heel waarskynlik nie op die noue weg bly nie.

Ons wil mense tot redding bring; dit gaan nie oor die aantal wat gedoop word nie. Dit is dus die moeite werd om tyd af te staan in ons verkondiging van die Evangelie om te verseker dat bekeerlinge die doop met die regte gesindheid benader. Die mense van Berea het "die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was" (Handelinge 17:11). Hierdie boek – inderdaad, enige menslike literatuur – is slegs 'n poging om die Bybel se lering akkuraat weer te gee. Vir 'n opregte reaksie op die Evangelie, moet daar 'n sensitiewe denke met betrekking tot God se woord wees; 'n opregte begeerte om die Bybel op 'n persoonlike vlak te ondersoek.

Hierdie perspektief kan nie noodwendig deur die verkondiger van die Evangelie aangewakker word nie; ons kan slegs die Bybelverse uitwys en verklaar. Die gelowiges in Rome het "van harte gehoorsaam geword aan die voorbeeld van die leer wat aan hulle oorgelewer is, " voor hulle gedoop was (Romeine 6:17) Diegene wat hardkoppig volhou in die weë van die vlees sal nooit in staat wees om die ware boodskap van die Evangelie te begryp nie. Hulle sal "mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. . . . wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie" (2 Timotheüs 3:1-7). Mense sal nooit dit verstaan wat hulle nie wil verstaan nie.

As 'n mens geen liefde vir geregtigheid het nie, geen ware begeerte om sy lewe onder God se beheer te plaas nie, sal hy nooit in staat wees om "tot die kennis van die waarheid te kom nie". Ten spyte van al ons Bybellees sal ons Bybelstudie net 'n akademiese oefening bly.

Daar is verskeie voorbeelde van persone wat die Skrif lees maar dit eintlik nie lees nie. Ons almal loop gevaar om in hierdie strik te trap. Die Jode ten tye van Christus se bediening het 'n groot ywer vir God se woord gehad. Hulle het die Ou Testament as geïnspireerd vertrou (Johannes 5:45; Handelinge 6:11). Hulle het geweet dat hulle 'n hoop op die ewige lewe kon hê deur die Skrif te bestudeer (Johannes 5:39), en hulle het elke week die Skrif in die openbaar gelees (Handelinge 15:21).

Verder het sommige van hulle die Skrifture met ywer bestudeer gedurende die week. Hulle het egter totaal gefaal om die werklike beduidenis van hierdie skrifte te begryp, veral in terme van hoe dit vooruit gewys het na Christus. Jesus het hulle duidelik aangespreek: "Ondersoek die Skrifte . . . as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?" (Johannes 5:39, 46, 47 ; Lukas 16:29-31).

Ons kan ons die Jode se onstokenheid voorstel: "Maar ons lees wel die Bybel! Ons glo dit!" Hul 'oogklap' houding het egter tot gevolg gehad dat hulle gelees het maar nie verstaan het nie. Hulle het gekyk maar nie gesien nie. Daar is werklik niemand so blind as die wat nie wil sien nie. Ons moet in alle stadiums van ons geestelike groei waak teen so 'n gesindheid.


  Back
Home
Next