Bybele Beginsels
Bylae
1: Opsomming van Basiese Bybelse Leerstellings | 2: Ons houding teenoor die aanleer van die Bybelse waarheid | 3: Die Nabyheid van Christus Se wederkoms | 4: Die Geregtigheid van God

Bylae 3: Die Nabyheid van Christus Se wederkoms

Christus se woorde in Mattheüs 24:36 stel dit duidelik dat ons nooit die presiese tyd van sy terugkeer sal weet nie: "Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen" (vergelyk Handelinge 1:7). Toe die dissipels egter vir Jesus vra "Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" (Mattheüs 24:3), het hy nie gesê dat hulle vraag onmoontlik was om te antwoord nie. Hy het hulle inderdaad tekens gegee wat in die wêreld gesien sou word net voor sy wederkoms. Jesus sou nie hierdie tekens gegee het as hy nie bedoel het dat die geslag wat kort voor sy wederkoms leef, hierdie tekens sou kon herken nie, en dus kon weet dat hulle in die laaste dae leef. Daar is goeie redes om te hoop en te glo dat ons in hierdie "laaste dae" tyd leef.

Die tekens van Jesus se koms.

In Mattheüs 24 en Lukas 21 praat Jesus van 'n tyd wanneer:

  1. Daar vals profete sou wees wat aanspraak maak daarop dat hulle die Christus is

  2. Oorlog en geweld die aarde sou vul

  3. Daar droogtes, hongersnood en aardbewings sou wees

  4. Daar dwaling van die waarheid sou wees

  5. Mense se harte sal beswyk van vrees oor die desperate toestand van die wêreld en wat oor die wêreld sal kom.

Dit is waar dat die wêreld nog altyd gebuk gegaan het onder 'n toenemende vlak van probleme. Jesus was duidelik bewus hiervan. Dit kan dus afgelei word dat hy gepraat het van 'n tyd wat hierdie probleme so groot sou wees dat hulle sou dreig om die planeet te vernietig. Daar kan geen twyfel wees by enige denkende wêreld beskouer dat ons tans juis in so 'n tyd leef nie.

Die ongelooflike optimisme van die menslike natuur en sy onwilligheid om realisties die waarheid te aanvaar, maak dit vir ons moeilik om regtig die toestand van die wêreld te sien vir wat dit werklik is. Die volgende is net 'n breukdeel van die bewyse beskikbaar wat aantoon hoe Christus se woorde nou tot vervulling kom:

  1. In byna elke kontinent is daar 'n konstante stroom charismatiese leiers wat mense agter hulle aan lei. Die volgende statistiek demonstreer hoe dramaties die probleem van oorlog toegeneem het – ten spyte van die vele pogings van die mens om dit te beperk:

  2. Eeu

    Oorlogslagoffers
    (miljoene)

    Aantal groot oorloë

    17de

    3.3

    ?

    18de

    5.0

    ?

    19de

    5.5

    ?

    1900 – 1945

    40.5

    19

    1945 – 1975

    50.7

    119

    (Bron: Instituut van Konflik Studies, Universiteit van Londen)

  3. Die massiewe probleme van droogtes en plae is wel bekend by ons almal. Vigs is by verre die grootste wêreldwye epidemie wat nog geken is. Dit dreig om die wêreld se bevolking op die lang termyn drasties te verminder. Behalwe Christus se woorde in Mattheus 24 en Lukas 21, is daar verskeie ander versgedeeltes wat aardbewings met die wederkoms van Christus verbind: Jesaja 2:19-22; Esegiël 38:20; Joël 3:16; Haggai 2:7; Sagaria 14:3,4.

Die relatiewe onlangse verskynsel van aardbewings wat op onverwagte plekke plaasvind met ongehoorde lewensverliese, is 'n aanwysing dat ons die vervulling van die aardbewings as teken van Jesus se koms sien. Die volgende statistiek rakende aardbewings, verskaf deur die VSA Departement van Binnelandse sake, is ook beduidend:

Jaar

Aantal aardbewings aangeteken

1948

620

1949

1152

1950

2023

1964

5154

1965

6686

1976

7180

4. Die afname in die beklemtoning van die belangrikheid om die Bybel fundamenteel te volg, ten einde die regte leringe te glo, het gelei tot 'n grootskaalse dwaling in die Christendom self. Die filosofie van eenheid onder die mens (en sy Godsdiens) het hierdie proses nog verder versnel.

5. Wetenskaplikes, ekonome en ekoloë stem almal saam dat die wêreld nie veel langer op die huidige trant kan aangaan nie. Die uitputting en verderwing van natuurlike hulpbronne, besoedeling van die lug, see en osoonlaag, gekoppel met die bedreiging van epidemies en kernoorlog, wys alles heen op die vernietiging van die huidige wêreld. God het egter belowe dat dit nooit sal gebeur nie (sien Inset 9). Om die belofte te hou sal God binnekort vir Jesus moet stuur om hierdie planeet drasties te verander deur die vestiging van God se Koninkryk daarop.

DIE HERLEWING VAN ISRAEL

Jesus het sy lys van tekens met die volgende woorde afgesluit

"En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid" (Lukas 21:27).

Die volgende vers bied aanmoediging aan diegene wie gedoop is en met 'n goeie gewete voor God leef:

"En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is" (Lukas 21:28).

Jesus voeg dan 'n voetnota by hierdie profesieë van sy tweede koms in die vorm van 'n gelykenis oor die vye boom: "Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie" (Lukas 21:29-32).

Die vye boom is 'n Bybelse simbool vir die nasie van Israel (Joël 1:7; Hosea 9:10; Jeremia 24:2 vergelyk Esegiël 36:8). Hierdie spesiale teken van Jesus se wederkoms verwys derhalwe na die herlewing ("bot") van Israel op een of ander wyse.

Die dramatiese gebeure ten opsigte van die groei van Israel sedert die Jode se hervestiging as 'n nasie in 1948 moet sekerlik hier van groot beduidenis wees.

'n TOEKOMSTIGE INVAL VAN ISRAEL

Baie Bybel profesieë beskryf 'n groot inval van Israel wat ten tye van Jesus se terugkoms sal plaasvind. Psalm 83 beskryf sekere nasies wat saamspan en Israel omsingel en sê: "Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie. . . . Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!" (Psalm 83:3-12).

Let op dat hierdie inval gebeur wanneer Israel 'n volk is. Die huidige herlewing van Israel as 'n volk is dus noodsaaklik as 'n voorloper tot die groot inval. Bybel studente het Israel se herlewing as 'n nasie reeds baie jare voor dit gebeur het voorspel. Die houding van Israel se invallers soos beskryf in Psalm 83 word presies gesien in die houding van Israel se Arabiese "bure" van vandag. Die Arabiere verklaar gereeld hulle absolute haat teenoor Israel en dring daarop aan dat Jerusalem hulle eiendom, as 'n heilige stad, is. Die Psalm beskryf verder hoe hierdie aggresie beëindig sal word deur God se dramatiese intrede met die gevolg dat Sy Koninkryk wêreldwyd gevestig sal word (Psalm 83:13-18).

Baie ander profesieë beskryf dieselfde volgorde van gebeure. Israel word ingeval deur haar Arabiese, Noordelike en ander vyande; God tree tussenbeide deur Jesus se wederkoms om die Koninkryk te vestig (bv. Esegiël hoofstukke 38 – 40; Daniël 11:40 – 45). 'n In diepte studie van hierdie profesieë vorm 'n belangrike deel van ons geestelike groei nadat ons gedoop is.

Sagaria 14:2 – 4 is van die duidelikste van hierdie profesieë:

"Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide."

Hierdie groot inval van Israel kan nou enige tyd plaasvind as 'n mens die toename van oorlog en politieke aktiwiteit in ag neem. Dit help nie om te wag totdat die inval plaasvind en dan op die Evangelie te reageer nie. Paulus se woorde is hier van belang: "Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid--dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie" (1 Thessalonicense 5:1-3).

Ons moet gebalanseerd wees in ons waardering vir die nabyheid van Jesus se koms. Die profesieë oor wêreldgebeure met Jesus se wederkoms, is grootliks gegee om die geloof van die wat hulle alreeds aan God toegewy het, te versterk. Die verband tussen hierdie profesieë en die huidige toestand van die wêreld moet egter fasinerend wees vir diegene wat die eerste stap van die doop oorweeg, en dit sal hulle geloof in die betroubaarheid van God se geïnspireerde Woord versterk.

Ons moet nie gemotiveer word om gehoorsaam aan God te wees uit vrees dat Jesus se wederkoms naby is nie. Net die wat waarlik "sy verskyning lief het" (2 Timotheus 4:8) sal 'n beloning ontvang. Die dringendheid van ons posisie – dat ons in die heel laaste dae lewe – moet nooit ophou om ons elke dag aan te spoor nie.


  Back
Home
Next