Bybele Beginsels
Bylae
1: Opsomming van Basiese Bybelse Leerstellings | 2: Ons houding teenoor die aanleer van die Bybelse waarheid | 3: Die Nabyheid van Christus Se wederkoms | 4: Die Geregtigheid van God

Bylae 4: Die Geregtigheid van God

Daar is gewoonlik 'n aantal verwante vrae wat na vore kom by studente wanneer hulle 'n kursus van hierdie aard voltooi het. Hierdie vrae hou almal verband met die geregtigheid van God. Die volgende is 'n paar voorbeelde:

  1. "Dit is nie regverdig dat nie almal deur God geroep word om die Evangelie te ken nie."

  2. "Hoekom het God Adam en Eva toegelaat om te sondig en sodoende lyding en moeilikheid in die lewe van miljoene van hulle nakomelinge te bring?"

  3. "Hoekom het God Israel as Sy mense in die Ou Testament verkies, eerder as om almal 'n kans te gee?"

Sulke strydvrae sal by ons almal ontstaan, watter stadium ons verhouding met God ook al is. Al vind ons al hierdie dinge moeilik om te verstaan, moet ons nogtans positief op God se roeping reageer. Voor Jesus se wederkoms sal ons nooit 'n punt van totale insig t.o.v. hierdie moeilike kwessies bereik nie. Twee duisend jaar gelede het 'n man uitgeroep "Here ek glo. Help my ongeloof" (Markus 9:24). Ons het almal hierdie dilemma; een deel van ons wat glo en 'n ander wat ongelowig is en die Here se hulp nodig het. In die dae of weke voor die doop is dit 'n baie algemene emosie en sal dit ook later weer met tye te voorskyn kom.

Ons ongeloof sal dikwels die vorm aanneem van hierdie tipe vrae soos bo gelys. Die fundamentele ding om te besef is dat dit ondenkbaar is dat ons God sal beskuldig dat Hy onregverdig is. As ons dit wel doen oordeel ons die Almagtige God in terme van ons perspektiewe. Ons sÍ eintlik dat ons anders sou optree as ons God was. Dit is een van die mens se grootste mislukkings om nie te besef hoe geweldig sondig hy is nie en dat God absoluut geregtig is nie. As God nie absoluut reg is nie, dan is daar geen morele standaard vir die mens nie. Daar sal dan geen ware konsep van reg en verkeerd wees nie. Die hele idee van Godsdiens (om met God versoen te word), word dan sinneloos. Soos kinders net met hulle ouers in terme van hulle beperkte insig en verwysingsraamwerk kan redeneer, net so redeneer die kinders van God met hulle Vader.

Jeremia het God se weŽ bevraagteken maar dit was in 'n poging om God, wat Hy as absoluut reg beskou het, beter te leer ken: "Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek:" (Jeremia 12:1 vergelyk Psalms 89:19,34,39,52). Die voorstel dat God onregverdig is, impliseer dat ons sekere regte het wat God op een of ander wyse skend. Die feit dat God ons geskep het en vir ons deurentyd onderhou, beteken dat ons geen regte het nie. Ons lewe voortdurend in Sy genade, selfs wanneer ons nie sondig nie. "Mense regte" is 'n menslike konsep, deur mense geskep om hulself te regverdig. Ons kom hierdie wÍreld met niks binne en ons sal dit weer met niks verlaat. Alles wat ons is en het is 'n gawe, gegee vir 'n kort tydjie sodat God kan sien hoe ons daarteenoor reageer. As God ons roep om 'n nouer verhouding met Hom te hÍ, behoort ons met blydskap te reageer. Om te weier om dit te doen omdat ander nie die uitnodiging ontvang het nie, is om God op een van die lelikste maniere moontlik seer te maak.

Ons is almal van nature diere (Prediker 3:18-20). Ons kan vra "hoekom was die mens gekies om 'n verhouding met God te hÍ eerder as enige ander dier?" Die presiese redes sou ons nie kon begryp nie, al het God ons vertel. Dieselfde geld vir die Genesis verhaal van die skepping. Die wetenskaplike verduideliking van hoe God materie geskep en georganiseer het in die oneindige wonders van ons heelal, is ver verby die moontlikheid vir die menslike wetenskap om ooit te begryp. God het dus Sy skeppingsdade in 'n taal beskryf wat net 'n kinderlike geloof kan aanvaar. Dieselfde is waar van die morele dilemmas wat ons aan die begin van die bylae gelys het. Ons denke is nie van nature nederig tot God se Woord nie; ons het probleme om sommige van hierdie dinge te aanvaar soos die Bybel dit uitdruk. Ons moet egter besef dat die probleem ons s'n en nie God s'n is nie. Ons ontbreek grootliks die selfkennis om te besef en te aanvaar dat ons denke basies foutief is. Ons moet berus by die feit dat ons intellektueel minderwaardig aan God is. Ons denkwyse is nie net bloot een vlak laer as God s'n nie; dit is 'n fundamentele verskillende denkproses as God s'n.

Dit is hieroor dat ons gemaan word om Christus se denke aan te neem (1 Petrus 4:1); van God se Woord te leer om Sy denke te waardeer, en te poog om dit ons eie te maak.

Ons sal almal toegee dat daar baie elemente van God se Skepping is wat duidelik baie goed is; daar is 'n mate van geregtigheid wat van die Skepper in Sy skepping uitstraal. Die probleem is egter dat daar ander dinge in ons menslike ervaring is wat duidelik euwel en negatief is. Dit is hier waar verwarring m.b.t. die geregtigheid van God soms ontstaan. Menige gaan dan tragies heen en betwyfel God se regverdigheid. Dit is egter baie beter om te sÍ dat ons glo dat God fundamenteel goed en reg is, soos Hy dit in Sy Woord verklaar, maar dat ons probleme het om die euwel en ongeregtigheid in Sy skepping te verstaan. "Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir " (Deuteronomium 29:29). Die Evangelie word genoem " (dit) wat van God geken kan word" (Romeine 1:19), wat impliseer dat daar baie dinge is wat nog nie verstaan kan word nie. Daar is beslis ware beginsels wat ons duidelik in God se Woord kan sien, en daar is baie ander fasette van God se karaktetrekke wat hieruit duidelik word. Daar is egter ook talle "geheime dinge" oor God se weŽ wat ons nie toegang tot het in hierdie lewe nie.

Paulus kon dus sÍ dat hy in 'n sekere sin Christus en God geken het, soos ons ook kan (2 Timotheus 1:12; 2 KorinthiŽrs 5:16; GalasiŽrs 4:9; HebreŽrs 10:30; 1 Johannes 2:13), veral deur die persoonlike ervaring van God se liefde en om daarop te reageer (1 Johannes 4:7,8); maar in 'n ander sin sÍ Paulus dat hy net "ten dele" verstaan (1 KorinthiŽrs 13:9,12), en verlang hy na die wederkoms van Jesus Christus, "sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding " (Filippense 3:10).

Soos ons toenemend aan God se geregtigheid blootgestel word deur die bestudering van Sy Woord, sal ons meer en meer die koms van Sy Koninkryk begeer. Dit is dan wanneer Sy geregtige karaktertrekke uiteindelik duidelik en fisies openbaar sal word op 'n manier wat al Sy mense vreugdevol sal verstaan en liefhÍ.

Dit is dan wat al die traumas wat God se kinders nou belewe vir ewig opgelos sal word Ė intellektueel, moreel en fisies Ė "Want nou sien ons deur 'n spieŽl in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop, liefde--hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde" (1 KorinthiŽrs 13:12,13).


  Back
Home