Bybele Beginsels
Studie 3: Die Beloftes Van God.
Die Beloftes Van God : Inleiding | Die Belofte In Eden | Die Belofte Aan Noag | Die Belofte Aan Abraham | Die Belofte Aan Dawid | Inset (Die Vernietiging Van Die Hemele En Die Aarde, Die Aansprake Van "Britse Israelisme") | Vrae

Inset 9: Die Vernietiging Van Die Hemele En Die Aarde (Openbaring 21:1; 2 Petrus 3:6-12).

Omdat dit God se doel is om Sy Koninkryk hier op aarde te vestig (sien Studie 5), is dit ondenkbaar dat Hy hierdie letterlike planeet sal vernietig, en Studie 3.3 het gewys dat Hy oor en oor belowe om nie so iets te doen nie. Bogenoemde verwysings na die vernietiging van die hemele en die aarde moet dus figuurlik gesien word.

Die gedeelte in Petrus wys die ooreenstemming tussen die oordeel wat in Noag se tyd op die aarde gevel is, en dit wat in die toekoms, in "die dag van die Here" sal gebeur.". . . waardeur die toenmalige wÍreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as 'n skat weggelÍ en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense" (2 Petrus 3:6,7).

Petrus wys hier na die teenstelling tussen water, wat die middel van vernietiging in Noag se tyd was, en vuur wat met die tweede koms gebruik sal word. "Die hemele en die aarde" van Noag se tyd is nie letterlik vernietig nie Ė "alle vlees" wat sondig was is vernietig (Genesis 7:21 vgl. 6:5,12). "Hemele en aarde" verwys dus na 'n stelsel van dinge of van menslike organisasie. Mense wat hierdie gedeelte misverstaan, sien ook nie die vernietiging van die "hemele" wat genoem word, raak nie. Dit kan nie letterlik geneem word nie Ė hulle is waar God woon (Psalm 123:1), waar daar geen sonde is nie (Habakkuk 1:13; Psalm 65:4,5), en hulle verklaar Sy heerlikheid (Psalm 19:1). As hulle na iets figuurlik verwys, dan moet "die aarde" ook.

Die volgende Skrifgedeeltes is 'n demonstrasie van hoe "hemele en aarde" in ander plekke in die Bybel nie letterlik geneem moet word nie, maar dat hulle eerder verwys na 'n stelsel van dinge op die aarde:-

  • "Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie . . . Want so sÍ die HERE: die hele land (Israel) sal 'n wildernis word . . . Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra" (Jeremia 4:23-28).

Hierdie is 'n profesie van die oordeel wat gaan kom op die "hemele en aarde" van die land en die mense van Israel, waaroor hulle (nie die letterlike hemel en aarde nie) sal rou.

  • Moses het vroeŽr met die hele Israel gepraat: "Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond" (Deuteronomium 32:1). Dit word beklemtoon dat daar twee kategorieŽ van mense was met wie hy gepraat het:

1. "Die oudstes van julle stamme" en

2. "die hele vergadering van Israel" (Deuteronomium 31:28,30).

Die oudstes sou dan vergelyk word met die "hemele" en die gewone mense met die "aarde".

  • Jesaja het sy profesie op 'n soortgelyke manier begin: "Hoor, o hemele, en luister, o aarde . . . Hoor die woord van die HERE, owerstes . . . Luister na die wet van onse God, volk," (Jesaja 1:2,10). Weer is daar 'n parallel tussen die hemele en die owerstes; en tussen die aarde en die volk.

  • "Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel" (Psalm 50:4). Dis baie duidelik waaroor dit gaan.

  • "Ek sal ook al die nasies laat bewe . . . Ek sal die hemel en die aarde laat bewe" (Haggai 2:7,21). Weereens is dit 'n goeie voorbeeld van waaroor ons praat.

  • "Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom . . . Die swaard van die HERE is vol bloed . . . want die HERE het . . . 'n groot slagting in die land Edom" (Jesaja 34:5,6).

"Hemel" word hier gelykgestel aan Edom; die vorige profesie dat "al die leŽrskare van die hemel (sal) vergaan" (Jesaja 34:4) verwys dus na die vernietiging van Edom.

  • Die hemel en die aarde wat sal vergaan in Jesaja 13 verwys na die mense van Babilon. In 'n reeks verklarings oor Babilon lees ons dat God "die hemel (sal) laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek . . . soos 'n gemsbok wat gejaag word . . . sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe" (Jesaja 13:13,14). Die vlug van die hemele en die aarde is dus parallel met die van die mense. HebreŽrs 9:26 praat van die "voleinding van die eeue" wat in die eerste eeu N.C. gebeur het Ė in die sin dat die Joodse wÍreld toe geŽindig het.

As ons nou hierdie alles in gedagte hou, dan is dit te verstane dat Nuwe Testament verwysings na 'n nuwe hemel en aarde met Jesus se wederkoms, op 'n nuwe stelsel van dinge dui wat gesien sal word wanneer die Koninkryk van God gevestig word.

Nadere ondersoek van 2 Petrus 3 bevestig dit. Na 'n beskrywing van hoe die huidige "hemel en aarde" tot 'n einde sal kom, gaan vers 13 voort: "Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon." Hierdie is 'n aanhaling van God se belofte in Jesaja 65:17: "Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde".

Die res van Jesaja 65 beskryf hierdie nuwe stelsel as 'n perfekte toestand hier op aarde: "Ek skep Jerusalem om te juig . . . hulle sal nie bou dat 'n ander dit bewoon nie . . . 'n seun sal sterwe honderd jaar oud (d.i. lewensverwagtinge sal veel groter wees) . . . die wolf en die lam sal saam wei" (Jesaja 65;18-25).

Hierdie seŽninge het duidelik te doen met God se komende Koninkryk op aarde Ė die nuwe "hemele en aarde" wat die ellendige toestand soos dit nou is, sal vervang.


  Back
Home
Next