Bybele Beginsels
Studie 3: Die Beloftes Van God.
Die Beloftes Van God : Inleiding | Die Belofte In Eden | Die Belofte Aan Noag | Die Belofte Aan Abraham | Die Belofte Aan Dawid | Inset (Die Vernietiging Van Die Hemele En Die Aarde, Die Aansprake Van "Britse Israelisme") | Vrae

3.1 Die Beloftes Van God : Inleiding

In hierdie stadium van ons studies het ons 'n breŽ begrip bereik van wie God is en hoe Hy werk. Ons het hopelik teen die tyd 'n paar algemene misverstande oor hierdie dinge opgeklaar. Nou wil ons meer positief kyk na die dinge wat God "beloof het aan die wat Hom liefhet" (Jakobus 1:12; 2:5) en wat Sy gebooie onderhou (Johannes 14:15).

Die beloftes van God in die Ou Testament behels die ware Christen hoop. Toe Paulus tereg gestaan het vir sy lewe, het hy van 'n toekomstige beloning gepraat waarvoor hy bereid was om alles te verloor: "En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is . . . oor hierdie hoop . . . word ek beskuldig" (Handelinge 26:6,7). Hy het 'n groot deel van sy lewe gewy aan die prediking van "die goeie tyding (die Evangelie) van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit . . . vervul het deur Jesus op te wek" (Handelinge 13:32). Paulus het verduidelik dat geloof in daardie beloftes hoop gegee het in 'n wederopstanding uit die dood (Handelinge 26:6-8 vgl. 23:8), die wete dat Jesus 'n tweede keer gaan kom om te oordeel, en van God se komende Koninkryk (Handelinge 24:25 ; 28:20,31).

Dit alles wys baie duidelik dat die Ou Testament nie net 'n verhaal van Israel se geskiedenis is wat niks oor die ewige lewe sÍ nie. God het nie 2000 jaar gelede skielik besluit dat Hy vir ons die ewige lewe deur Jesus gaan offer nie. Nee, hierdie voorneme was met Hom van die begin af:

" . . . in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is" (Titus 1:2,3).

". . . en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is" (1 Johannes 1:2).

Aangesien dit van die begin van die Skepping af God se doel was om vir Sy mense die ewige lewe te gee, is dit onwaarskynlik dat Hy niks daaroor sou sÍ in die 4000 jaar van Sy omgang met die mens, soos in die Ou Testament aangeteken is nie. Feit is dat die Ou Testament vol profesieŽ en beloftes is wat praat van hierdie hoop wat God voorberei het vir Sy mense.

Dit is hieroor dat 'n begrip van God se beloftes aan die Joodse vaders so belangrik is vir ons saligheid: so veel so dat Paulus die gelowiges in Efese herinner daaraan dat, voordat hulle geweet het van hierdie dinge, hulle "sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wÍreld" (EfesiŽrs 2:12). Dit beklemtoon die erns daarvan om te weet van die Ou Testament beloftes van God Ė soos Paulus sÍ "sonder hoop en sonder God in die wÍreld." Onthou hoe Paulus die Christelike hoop beskryf het as "die hoop op die belofte wat aan die (Joodse) vaders deur God gedoen is" (Handelinge 26:6).

Dit is tragies dat so baie kerke hierdie gedeeltes van die Ou Testament afskeep. Die "Christendom" het verval in 'n godsdiens gebasseer op die Nuwe Testament Ė en dan gebruik hulle ook net sekere uitgesoekte gedeeltes. Jesus het baie duidelik die belangrikheid van die Ou Testament beklemtoon: "As hulle na Moses (d.i. die eerste vyf boeke in die Bybel wat hy geskryf het) en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan" (Lukas 16:31).

Ons natuurlike denke mag dalk redeneer dat geloof in die wederopstanding van Jesus genoeg is (vgl. Lukas 16:30), maar Jesus het gesÍ dat sonder 'n goeie begrip van die Ou Testament, dit nie moontlik is nie.

Die gebrek aan geloof wat die dissipels na die kruisiging ondervind het, het Jesus toegeskryf aan hulle gebrek om noukeurige aandag aan die Ou Testament te gee:-" En Hy sÍ vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelÍ in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het" (Lukas 24:25-27).

Let op hoe Jesus beklemtoon het dat die hele Ou Testament van hom gepraat het. Dit is nie dat die dissipels nooit die Ou Testament gelees of gehoor het nie. Hulle het net nie behoorlik verstaan nie, en kon gevolglik nie werklik glo nie. Dus is 'n korrekte begrip van God se Woord noodsaaklik om 'n ware geloof te ontwikkel en help dit nie om dit net te lees nie. Die Jode was fanaties in hulle lees van die Ou Testament (Handelinge 15:21), maar omdat hulle nie die verwysings na die dinge van Jesus en Sy Evangelie verstaan het nie, het hulle dit nie regtig geglo nie, en so het Jesus vir hulle gesÍ: " Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?" (Johannes 5:46,47).

Ten spyte van al hulle Bybel-lees, kon hulle nie die ware boodskap oor Jesus sien nie. Tog het hulle gedink dat hulle saligheid 'n sekerheid was. Jesus moes vir hulle sÍ: "Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is diť wat van My getuig" (Johannes 5:39).

So kan dit ook met baie mense gaan wat 'n bietjie weet oor sommige van die gebeure en leerstellings van die Ou Testament: - kennis wat hulle toevallig deur die jare bekom het. Die wonderlike boodskap van Christus en die Evangelie van God se Koninkryk ontwyk hulle steeds. Dit is die doel van hierdie studie om vir u die regte betekenis van die hoof beloftes in die Ou Testament te gee:-

  • IN DIE TUIN VAN EDEN

  • AAN NOAG

  • AAN ABRAHAM

  • AAN DAWID

Besonderhede oor hulle word in die eerste vyf boeke van die Bybel (Genesis Ė Deuteronomium) wat deur Moses geskryf is, gevind en ook in die Ou Testament profete. Al die elemente van die Christen Evangelie word hier gevind. Paulus het gesÍ: "Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesÍ het dat sou gebeur nie: dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig" (Handelinge 26:22,23),

en in sy laaste dae was dit dieselfde: "En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelÍ; en van die mŰre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus" (Handelinge 28:23).

Paulus, die uitstaande Christen, se hoop moet ook die hoop wees wat ons motiveer; soos dit vir hom 'n wonderlike lig regdeur sy lewe was, so moet dit vir elke ernstige Christen wees. Deur hierdie motivering aangevuur, kan ons nou die "Skrifte ondersoek".


  Back
Home
Next