Bybele Beginsels
Studie 3: Die Beloftes Van God.
Die Beloftes Van God : Inleiding | Die Belofte In Eden | Die Belofte Aan Noag | Die Belofte Aan Abraham | Die Belofte Aan Dawid | Inset (Die Vernietiging Van Die Hemele En Die Aarde, Die Aansprake Van "Britse Israelisme") | Vrae

3.4 Die Belofte Aan Abraham

Die Evangelie wat Jesus en die apostels geleer het, het basies nie verskil van wat Abraham verstaan het nie. God het "vooraf aan Abraham die evangelie verkondig" (GalasiŽrs 3:8). So belangrik is hierdie beloftes dat Petrus sy openbare proklamasie van die Evangelie begin en eindig met verwysings na hulle (Handelinge 3:13,25).

As ons kan verstaan wat vir Abraham geleer is, dan sal ons 'n baie goeie prentjie van die Evangelie hÍ. Daar is ander aanduidings dat "die evangelie" nie iets is wat net in die tyd van Jesus begin het nie :-

"En ons bring julle die goeie tyding (die Evangelie), van die belofte wat aan die vaders (Joodse) gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het . . . " (Handelinge 13:32,33).

". . . die evangelie van God, wat Hy tevore beloof het deur sy profete (byv. Abraham, Genesis 20:7) in die heilige Skrifte . . ." (Romeine 1:1,2).

"Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig" (1 Petrus 4:6) Ė d.i. gelowiges wat gelewe en gesterwe het voor die eerste eeu.

"Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle" (HebreŽrs 4:2) d.i. Israel in die woestyn.

Die beloftes aan Abraham het twee basiese temas:-

1. Abraham se saad ('n besondere afstammeling, of nasaat) en

2. Die land wat aan Abraham belowe is.

Hierdie beloftes word na verwys in die Nuwe Testament, en ons gaan soos ons beleid is, die Bybel homself laat verduidelik. Ons gaan die leerstellings van altwee Testamente kombineer om vir ons 'n volledige prentjie te gee van die verbond wat met Abraham gemaak is. Abraham het oorspronklik in Ur, 'n welvarende stad in wat vandag Irak is, gewoon. Moderne argeologie het aan die lig gebring dat daar reeds 'n hoŽ vlak van beskawing in Abraham se tyd was. Daar was 'n bankstelsel, 'n staatsdiens en 'n verwante infrastruktuur.

Abraham het in hierdie stad gewoon; so ver ons weet, 'n man van die wÍreld. Maar toe roep God hom Ė om daardie gesofistikeerde lewe te los en 'n reis aan te pak na 'n beloofde land. Presies waarheen is nie heeltemal duidelik gemaak nie. Op die ou end was dit 'n reis van 2200 kilometer. Die land was Kanašn Ė moderne Israel.

Van tyd tot tyd het God aan Abraham verskyn en het Hy Sy beloftes aan hom herhaal en daarop uitgebrei. Hierdie beloftes is die basis van Christus se Evangelie, en as ware Christene kom daardie selfde roeping na ons, soos dit na Abraham gekom het, om die verganklike dinge van hierdie lewe te laat vaar, en vorentoe te gaan in 'n lewe van geloof. Om God se beloftes te neem soos hulle is, en getrou aan Sy Woord te lewe. Ons kan ons goed voorstel hoe Abraham oor en oor aan hierdie beloftes gedink het op sy reise:

"Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is (van Ur), gehoorsaam weggetrek na die plek (Kanašn) wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom" (HebreŽrs 11:8).

Soos ons God se beloftes vir die eerste keer teŽkom, mag ons ook voel dat ons nie presies weet hoe die beloofde land van God se Koninkryk daaruit sien nie. Maar ons geloof in God se Woord moet van so 'n aard wees dat ons ook graag gehoorsaam wil wees.

Abraham was nie bloot 'n swerwer wat rondgetrek het met niks beter om te doen as om 'n kans te vat dat daar iets van die beloftes sou kom nie. Sy agtergrond was, in fundamentele terme, baie soos ons s'n. Die komplekse en pynlike besluite wat hy moes neem, is net soos die wat ons moontlik ook moet maak, wanneer ons kies om God se beloftes te aanvaar en daarop te reageer. Kollegas by die werk wat ons snaaks aankyk, die agteraf kyke van ons bure . . . dis alles dinge wat Abraham ook moes deurmaak. Abraham moes ontsettend gemotiveer gewees het om deur te druk met alles. Al wat daardie motivering deur die lang jare kon gee was die belofte. Hy moes daardie woorde uit sy kop uit geleer het en elke dag nagedink het oor wat hulle regtig vir hom beteken het.

As ons dieselfde geloof wys, en daarvolgens lewe, kan ons dieselfde eer as Abraham hÍ Ė om vriende van God genoem te word (Jesaja 41:8), om die kennis van God te vind (Genesis 18:17) en om die sekere hoop van die ewige lewe in die Koninkryk te hÍ. Ons wil dit weer beklemtoon dat die Evangelie van Christus gebaseer is op hierdie beloftes aan Abraham. Om werklik in die Christenboodskap te glo, moet ons ook 'n goeie kennis van die beloftes aan Abraham hÍ. Sonder hulle is ons geloof nie geloof nie.

Ons moet dus hierdie dialoog tussen God en Abraham met ywer lees en weer lees.

DIE LAND.

1. "Gaan jy uit jou land . . . na die land wat ek jou sal wys" (Genesis 12:1).

2. Abraham het "van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el (in sentraal Israel). En die HERE sÍ vir Abraham . . . slaan tog jou oŽ op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid . . . trek die land deur in sy lengte en breedte, want Ek sal dit aan jou gee" (Genesis 13:3, 14-17).

3. "Op diť dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesÍ: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier" (Genesis 15:18).

4. "En Ek sal aan jou en jou nageslag nŠ jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanašn, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees" (Genesis 17:8).

5. Abraham het die belofte ontvang dat hy "erfgenaam van die wÍreld sou wees" (Romeine 4:13).

Ons sien hier 'n progressiewe openbaring aan Abraham :-

1.'Daar is 'n land waarheen ek wil hÍ jy moet gaan.'

2. 'Jy het nou in die area aangekom. Jy en jou kinders sal vir ewig hier lewe.' Let op hoe hierdie belofte van die ewige lewe sonder glans of nadruk gemaak word; 'n menslike skrywer sou sonder twyfel 'n bohaai daaroor gemaak het.

3. Die area van die beloofde land word meer spesifiek uitgewys.

4. Abraham moes nie verwag om die belofte in hierdie lewe te ontvang nie Ė hy sou 'n vreemdeling in die land wees, al sou hy later vir ewig daar bly. Die implikasie hiervan is dat hy sou sterf en dan later opgewek sou word sodat hy die belofte kan ontvang.

5. Paulus, onder inspirasie, het die beloftes aan Abraham gesien as sy erfenis van die hele wÍreld.

Die Skriftuur gaan uit sy pad uit om ons te herinner daaraan dat Abraham nie die vervulling van die beloftes in sy leeftyd ontvang het nie:- "Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon (dit impliseer iets tydelik) in die land van belofte soos in 'n vreemde land en in tente gewoon" (HebreŽrs 11:9). Hy het as 'n vreemdeling in die land gewoon, dalk met dieselfde heimlike gevoel van onsekerheid wat 'n vlugteling sal hÍ.

Hy het beslis nie met sy nageslag in sy eie land gewoon nie. Saam met sy nasate, Isak en Jakob (aan wie die beloftes herhaal is), het hy "in die geloof gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was" (HebreŽrs 11:13). Let op die vier stadiums:-

  • Bewus van die beloftes Ė soos ons nou is deur hierdie studie.

  • Hulle het die beloftes "geglo en begroet". Vir Abraham was dit 'n proses van oortuiging Ė hoeveel te meer moet dit vir ons wees?

  • Die beloftes aanneem Ė deur gedoop te word in Christus (GalasiŽrs 3:27-29).

  • Wys vir almal, deur ons manier van lewe, dat die wÍreld nie ons regte tuiste is nie, maar dat ons in die hoop lewe van daardie toekomstige era wat op die aarde sal kom.

As ons hierdie dinge waardeer, word Abraham ons groot held en voorbeeld. Die uiteindelike besef dat die vervulling van die beloftes in die toekoms lÍ, het tot die moeŽ ou man gekom toe sy vrou dood is; hy moes inderwaarheid 'n stuk van die beloofde land koop om haar te begrawe (Handelinge 7:16). God het hom waarlik "geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie 'n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag nŠ hom as eiendom te gee" (Handelinge 7:5). Die huidige nageslag van Abraham mag dalk net soos hy voel as hulle eiendom koop of huur Ė op 'n aarde wat beloof is aan hulle vir hulle persoonlike, ewige erfenis!

God hou Sy beloftes. Daar moet 'n dag kom wanneer Abraham en almal aan wie daardie beloftes gemaak is, beloon sal word.

HebreŽrs 11:13, 39, 40 beklemtoon die punt:-"In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry; God het iets beters oor ons beskik, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie." Alle ware gelowiges sal dus op dieselfde tyd beloon word, by die troon van oordeel op die laaste dag (2 TimotheŁs 4:1,8; MattheŁs 25:31-34; 1 Petrus 5:4). Dit volg dan dat, om te bestaan om geoordeel te kan word, Abraham en ander wat geweet het van daardie beloftes, opgewek moet word net voor die oordeel.

As hulle nie nou die beloftes ontvang het nie maar dit eers sal kry nadat hulle opgewek en geoordeel is met Jesus se terugkoms, dan is daar geen alternatief as om te aanvaar dat mense soos Abraham nou sonder bewussyn is en wag op die koms van Christus. Tog word Abraham uitgebeeld in kleur glas mosaÔek, in kerke regdeur Europa, asof hy nou in die hemel is waar hy die beloofde beloning vir 'n gelowige lewe ervaar. Duisende mense het al vir honderde jare verby sulke voorstellings gestap en hierdie idees aanvaar. Sal u die Bybel-gebaseerde moed hÍ om hulle te verwerp?

DIE SAAD

Soos verduidelik in Studie 3.2 is die belofte van 'n saad in die eerste plek van toepassing op Jesus en, in die tweede plek, aan die wat "in Christus" is en dus ook as Abraham se saad of nageslag, getel kan word:

  1. "En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seŽn . . . en in jou sal al die geslagte van die aarde geseŽn word" (Genesis 12:2,3).

  2. " want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid, En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word" (Genesis 13:15,16).

  3. "Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel . . . so sal jou nageslag wees . . . aan jou nageslag gee Ek hierdie land" (Genesis 15:5,18).

  4. "En Ek sal aan jou en jou nageslag nŠ jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanašn, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees" (Genesis 17:8).

  5. ". . . dat Ek jou ryklik sal seŽn en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseŽn word, omdat jy na my stem geluister het" (Genesis 22:17,18).

Weereens het Abraham se begrip van die "saad" of nageslag met die tyd ontwikkel:-

  1. Hy was eers net gesÍ dat hy op een of ander manier 'n baie groot getal nakomelinge sou hÍ , en dat deur sy "saad" die hele wÍreld geseŽn sal word.

  2. Later is aan hom gesÍ dat hy 'n saad sou hÍ wat baie mense sou insluit. Hierdie mense sou die ewige lewe met hom deurbring in die land waar hy pas aangekom het, d.i. Kanašn.

  3. Hy is gesÍ dat sy saad, of nageslag, so veel soos die sterre in die hemel sou wees.

  4. Die vorige beloftes het ook die versekering gegee dat die vele mense wat deel van die saad sou word ook 'n persoonlike verhouding met God kan hÍ.

  5. Die saad sou sy vyande oorwin.

Let daarop dat die saad "seŽninge" sou bring wat beskikbaar sou wees vir mense van oor die hele wÍreld. In die Bybel word die idee van seŽninge dikwels verbind met die vergifnis van sonde. Per slot van sake is dit die grootste seŽn wat iemand wat vir God liefhet ooit kan wil hÍ. So lees ons: "Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is" (Psalm 32:1), en "die beker van danksegging" (1 KorinthiŽrs 10:16), die beker wyn wat Christus se bloed verteenwoordig, waardeur vergifnis moontlik gemaak is.

Die enigste afstammeling van Abraham wat vergifnis in die wÍreld gebring het, is natuurlik Jesus, en die Nuwe Testament se kommentaar oor die beloftes aan Abraham bekragtig dit:-

"Hy (God) sÍ nie : En aan die sade, asof dit op baie sien nie (d.i. in die meervoud), maar op een (in die enkelvoud): En aan jou saad, dit is Christus" (GalasiŽrs 3:16).

". . . die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesÍ het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseŽn word. God het, nadat hy sy Kind Jesus (d.i. die saad) opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seŽn deur elkeen van sy booshede te bekeer" (Handelinge 3:25,26).

Kyk hoe Petrus Genesis 22:18 aanhaal en vertolk:-

Die saad = Jesus

Die seŽning = vergifnis van sondes.

Die belofte dat Jesus, die saad, oorwinning oor sy vyande sou hÍ, val nou mooi in plek as dit gelees word met verwysing na sy oorwinning oor die sonde - die grootste vyand van God se mense, en derhalwe ook van Jesus.

VERBIND MET DIE SAAD.

Dit behoort nou duidelik te wees dat Abraham 'n goeie begrip gehad het van die basiese elemente van die Christen Evangelie. Maar hierdie belangrike beloftes is aan Abraham en sy saad, Jesus, gemaak. Wat van al die ander? Selfs fisiese herkoms van Abraham sou nie vir iemand outomaties laat deel wees van daardie een spesifieke saad nie (Johannes 8:39; Romeine 9:7). Ons moet op een of ander manier intiem deel word van Christus sodat ons ook kan deel in die beloftes wat aan die saad gemaak is. Dit word gedoen deur in Jesus gedoop te word (Romeine 6:3-5); ons lees dikwels van die doop in sy naam (Handelinge 2:38; 8:16; 10:48; 19:5). GalasiŽrs 3:27-29 is so duidelik as wat kan kom:- "Want julle almal wat in Christus gedoop is (d.i. net julle en geen ander nie!), het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek (nie-Jood) nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus (deur in hom gedoop te wees). En as julle aan Christus behoort (deur die doop), dan is julle die nageslag (of saad) van Abraham en volgens die beloftes erfgename."

Die belofte is om die ewige lewe op aarde, deur die seŽning van vergifnis deur Jesus, te ontvang. Dit is deur gedoop te word in Christus, die saad, dat ons deel in die beloftes wat aan hom gemaak is; so noem Romeine 8:17 ons "mede-erfgename van Christus". Ons kan die twee aspekte van die beloftes wat aan Abraham gemaak is, so opsom:-

1. Die land

Abraham en sy saad, Jesus, en die wat in Hom is, sou die land Kanašn beŽrf en deur verlenging, die hele aarde, en sou daar vir ewig lewe. In hierdie lewe sou hulle dit nie ontvang nie, maar wel in die laaste dag, wanneer Jesus terugkom.

2. Die saad

Dit was in die eerste plek Jesus. Deur Hom sou die sondes (vyand) van die mensdom oorwin word, sodat die seŽninge van vergifnis wÍreldwyd beskikbaar sou wees. Deur gedoop te word in die naam van Jesus word ons deel van die saad.

Hierdie selfde twee aspekte kom voor in die Nuwe Testament, en, nie verbasend nie, lees ons dikwels van mense wat gedoop word sodra hulle dit hoor en aanvaar. Dit was, en is, die weg waardeur hierdie beloftes aan ons gemaak kan word. Ons kan nou verstaan waarom Paulus, toe hy oud was en die dood in die gesig gestaar het, van sy hoop kon praat as "die hoop van Israel" (Handelinge 28:20): die ware Christen hoop is die oorspronklike Joodse hoop.

Christus se woorde: "die saligheid is uit die Jode" (Johannes 4:22), moet ook verwys na die noodsaaklikheid daarvan om geestelike Jode te word, sodat ons kan baat vind by die beloftes van saligheid deur Christus wat aan die Joodse vaders gemaak is.

Ons lees dat die vroeŽ Christene as volg gepreek het:-

  1. "Die evangelie aangaande die Koninkryk van God en

  2. die Naam van Jesus Christus" (Handelinge 8:12).

Dit was presies hierdie twee dinge wat aan Abraham verduidelik is onder effens ander opskrifte:-

  1. Beloftes oor die land en

  2. Beloftes oor die saad.

Let terloops daarop dat die evangelie oor die Koninkryk en Jesus opgesom word as "Christus verkondig" (Handelinge 8:5 vgl. V. 12). Dit word so dikwels gesÍ dat dit beteken "Jesus het jou lief! SÍ net dat jy glo dat Hy vir jou gesterf het en jy's gered!". Maar die uitdrukking "Christus" is duidelik 'n samevatting van heelwat dinge oor hom en sy toekomstige Koninkryk. Die goeie nuus oor hierdie Koninkryk wat aan Abraham verkondig is, het 'n groot deel uitgemaak van die vroeŽ verkondiging van die Evangelie.

In Korinthe het Paulus "drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan" (Handelinge 19:8); in Efese het hy "rondgegaan en die koninkryk van God verkondig" (Handelinge 20:25), en in Rome was dit dieselfde, "in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelÍ; en van die more vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus" (Handelinge 28:23,31). Dat daar so baie was om oor te praat wys dat die basiese Evangelieboodskap oor die Koninkryk en Jesus nie net 'n geval was van "glo in Jesus" nie. God se openbaring aan Abraham het baie meer besonderhede as net dit gehad, en die dinge wat aan hom belowe is, is die basis van die ware Christen Evangelie.

Ons het gewys dat wanneer ons in Jesus gedoop word, maak dit ons 'n deel van die saad en kan ons dus die beloftes erf (GalasiŽrs 3:27-29); maar die doop alleen is nie genoeg vir verlossing nie. Ons moet in die saad bly, in Christus, as ons die beloftes wat aan die saad gemaak is wil ontvang. Die doop is dus net 'n begin; ons het vir 'n wedren ingeskryf wat ons nou moet hardloop. Moenie vergeet dat om net tegnies Abraham se saad te wees beteken nie dat ons aanvaarbaar is vir God nie. Die Israeliete is Abraham se saad in 'n sin, maar dit beteken nie dat hulle gered kan word sonder om gedoop te word en hulle lewes te laat ooreenkom met die van Christus nie (Romeine 9:7,8; 4:13,14).

Jesus het vir die Jode gesÍ: "Ek weet dat julle die geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring . . . As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen" (Johannes 8:37,39), en dit was om 'n lewe van geloof in God en Christus, die beloofde saad, te leef (Johannes 6:29).

Die "saad" moet die karakter-eienskappe van die vader hÍ. As ons die ware saad van Abraham gaan wees moet ons nie alleen gedoop word nie, maar ons moet 'n werklike geloof in God se beloftes hÍ, net soos hy gehad het. Van Abraham word dit gesÍ, "dat hy die vader sou wees van almal wat glo . . . wat wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham" (Romeine 4:11,12). "Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham" (GalasiŽrs 3:7).

Ware geloof moet in een of ander vorm van aksie gewys word, anders, in God se oŽ, is dit nie geloof nie (Jakobus 2:17). Ons wys ons geloof in hierdie beloftes wat ons bestudeer het deur eers gedoop te word, sodat hulle op ons persoonlik van toepassing kan wees (GalasiŽrs 3:27-29). "Glo ek regtig God se beloftes?" Die vraag moet ons onsself aanhoudend moet vra.

DIE OU EN DIE NUWE VERBOND

Dit behoort teen die tyd duidelik te wees dat die beloftes aan Abraham 'n opsomming is van die Evangelie van Christus.

Die ander belangrike stel beloftes wat God gemaak het was met die Jode, in die konteks van die wet van Moses. Hierdie het gesÍ dat as die Jode gehoorsaam sou wees aan die wet, dan sou hulle fisies geseŽn word in hierdie lewe (Deuteronomium 28). Daar was geen direkte belofte van die ewige lewe in hierdie reeks beloftes, of "verbond" nie. So sien ons dat daar twee "verbonde" gemaak is:-

  1. Aan Abraham en sy saad, met die belofte van vergifnis en die ewige lewe in God se Koninkryk wanneer Christus terugkom. Hierdie belofte is ook in Eden gemaak, en aan Dawid.

  2. Aan die Joodse mense in Moses se tyd, met die belofte van vrede en geluk in die huidige lewe, as hulle die wet wat God vir Moses gegee het, gehoorsaam.

God het vir Abraham vergifnis en die ewige lewe belowe, in die Koninkryk, maar dit was slegs moontlik deur die offerande van Jesus. Vir hierdie rede lees ons dat Christus se dood aan die kruis die beloftes aan Abraham bevestig het (GalasiŽrs 3:17; Romeine 15:8; DaniŽl 9:27; 2 KorinthiŽrs 1:20), derhalwe word van sy bloed gepraat as "die bloed van die nuwe testament" (verbond - MattheŁs 26:28).

Jesus het vir ons gesÍ om die beker wyn gereeld te neem, 'n simbool van sy bloed, om ons aan hierdie dinge te herinner (sien 1 KorinthiŽrs 11:25): "Hierdie beker is die nuwe testament (verbond) in my bloed" (Lukas 22:20). Dit help nie dat ons "brood breek" ter herinnering van Jesus en sy werk, as ons hierdie dinge nie verstaan nie.

Jesus se offerande het vergifnis en die ewige lewe in God se Koninkryk moontlik gemaak; hy het gemaak dat die beloftes aan Abraham 'n sekerheid word; hy het "van 'n beter verbond borg geword" (HebreŽrs 7:22). HebreŽrs 10:9 praat van Jesus wat "die eerste (verbond) wegneem om die tweede te stel". Dit wys dat toe Jesus die beloftes aan Abraham bevestig het, hy weg gedoen het met 'n ander verbond, dit was die verbond deur Moses gegee. Die verse wat reeds aangehaal is van Jesus wat 'n nuwe verbond bevestig deur sy dood, impliseer dat daar 'n ou verbond was wat hy mee weg gedoen het (HebreŽrs 8:13).

Dit beteken dat alhoewel die verbond wat betrekking gehad het op Christus eerste gemaak is, dit eers ten volle in werking gekom het met sy dood, en daarom word dit die "nuwe" verbond genoem.

Die doel van die "ou" verbond wat deur Moses gemaak is, was om vorentoe te wys na die werk van Jesus, en om die belangrikheid van geloof in die beloftes aangaande Christus te beklemtoon (GalasiŽrs 3:19, 21). Aan die ander kant bevestig geloof in Christus die waarheid van die wet wat aan Moses gegee is (Romeine 3:31). Paulus som dit so op: "Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof" (GalasiŽrs 3:24). Dit is vir hierdie doel dat die wet van Moses bewaar is, en nog vir ons voordelig is om te bestudeer.

As 'n mens hierdie dinge vir die eerste keer lees, is dit nie maklik om te verstaan nie. Ons kan dit so opsom:-

  • Beloftes oor Christus wat aan Abraham gemaak is Ė Die Nuwe Verbond.

  • Beloftes aan Israel met betrekking tot die wet wat aan Moses gegee is Ė Die Ou Verbond.

  • Christus se dood Ė die einde van die Ou Verbond (Kolossense. 2:14-17). Die Nuwe Verbond begin.

Vir hierdie rede is dinge soos die tiende, Sabbatsonderhouding ens, wat deel uitgemaak het van die Ou Verbond, nie nou nodig nie Ė sien Studie 9.5. Die Nuwe Verbond sal met natuurlike Israel gemaak word wanneer hulle berou het en vir Christus aanvaar (Jeremia 31:31,32; Romeine 9:26,27; EsegiŽl 16:62; 37:26), maar natuurlik kan enige Jood wat dit nou doen en in Jesus gedoop word, onmiddellik deel hÍ aan die Nuwe Verbond (waarin daar geen Jood / Nie-Jood onderskeid is nie Ė GalasiŽrs 3:27-29).

As ons regtig hierdie dinge waardeer, sal ons die sekerheid van God se beloftes besef. Skeptiese mense het die vroeŽ Christen predikers onregverdig daarvan beskuldig dat hulle nie 'n positiewe boodskap gegee het nie. Paulus het geantwoord deur te sÍ dat, as gevolg van God se bevestiging van Sy beloftes deur Christus se dood, die hoop waarvan hulle gepraat het nie iets onseker was nie, maar inteendeel 'n besliste aanbod: "Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor na die vlees sodat by my tegelyk is: ja ja, en nee nee? So waar as God getrou is--ons woord tot julle was nie ja en nee nie! Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en SilvŠnus en TimůtheŁs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom. Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons." (2 KorinthiŽrs 1:17-20)

Hoe kan daar dan nog 'n houding wees van, "Wel, moontlik steek daar tog iets hierin?"


  Back
Home
Next