Bybele Beginsels Studie 8: Die Natuur Van Jesus Die Natuur Van Jesus: Inleiding | Verskille Tussen God En Jesus | Jesus Se Natuur | Die Menslikheid Van Jesus | Die Verwantskap Van God Met Jesus | Inset ("Wat In Die Gestalte Van God Was") | Vrae |
8.4 Die Menslikheid Van JesusDie Bybel gee vir ons talle voorbeelde van hoe Jesus algehele menslike natuur gehad het. Ons lees dat hy moeg was en by 'n fontein moes gaan sit om water te drink (Johannes 4:6). "Jesus het geween" met Lasarus se dood (Johannes 11:35). Maar die grootste bewys van sy menslikheid vind ons in sy laaste ure van lyding : "Nou is my siel ontsteld", het hy erken, terwyl hy vir God gebid het dat hy nie hierdie dood aan die kruis hoef deur te maak nie (Johannes 12:27). In Mattheüs. 26:39 het hy gebid en gesê: "My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by my verbygaan; nogtans nie soos ek wil nie, maar soos U wil." Dit is 'n aanduiding dat Christus se "wil", of begeertes, in sommige maniere verskil het van die van God. Sy hele lewe deur het Christus sy wil aan die van God onderwerp, ter voorbereiding vir hierdie finale toets aan die kruis: "Ek kan uit myself niks doen nie. Soos ek hoor, oordeel ek; en my oordeel is regverdig, omdat ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat my gestuur het" (Johannes 5:30). Hierdie verskil tussen Christus se wil en die van God is bewys genoeg dat Jesus nie God was nie. Dit word van ons verwag om ons hele lewe lank te groei in ons kennis van God, terwyl ons leer deur ons lewenservaringe en beproewinge. Hierin was Jesus ons groot voorbeeld. Hy het nie sy kennis van God met een slag op een of ander tower manier gekry nie, net so min soos dit met ons kan gebeur. Van kinds af het hy "toegeneem in wysheid en grootte (dit is geestelike volwassenheid, sien Efesiërs 4:13), en in genade by God en die mense" (Lukas 2:52). "En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid" (Lukas 2:40). Hierdie twee verse wys dat Christus se fisiese groei parallel met sy geestelike ontwikkeling was; die groei proses het beide natuurlik en geestelik in hom plaasgevind. As die Seun God is, soos die Athanasiaanse Formulier verklaar, sou dit nie moontlik wees nie. Selfs teen die einde van sy lewe het Christus erken dat hy nie presies weet wanneer sy tweede koms sal plaasvind nie, alhoewel die Vader wel weet (Markus 13:32). Gehoorsaamheid aan God se wil is iets wat ons almal moet leer oor 'n periode van tyd. Christus moes hierdie proses, waarin hy gehoosaamheid aan sy Vader geleer het, ook deurmaak, net soos enige seun dit moet doen. "Al was hy die seun, het hy gehoorsaamheid (dit is gehoorsaamheid aan God) geleer uit wat hy gely het; en nadat hy volmaak is (dit is geestelik volwasse gemaak is), . . . het hy 'n bewerker van ewige saligheid geword" as gevolg van sy voltooide en algehele geestelike groei (Hebreërs 5:8,9). Filippense 2:7,8 (wat ons verder behandel in Inset 27) praat van hierdie selfde proses van geestelike groei in Jesus, wat 'n hoogtepunt bereik met sy dood aan die kruis. Hy "het homself ontledig deur die gestalte (gedrag) van 'n dienskneg aan te neem . . . het homself verneder deur gehoorsaam te word . . . tot die dood van die kruis." Die taal wat hier gebruik word illustreer hoe Jesus bewustelik vorentoe gebeur het in sy geestelike ontwikkeling. Hy het homself meer en meer onderdanig gemaak, totdat hy uiteindelik gehoorsaam geword het aan God se wens dat hy aan die kruis moes sterf. Hy het dus volmaak geword deur sy lyding op die korrekte manier te hanteer. Hiervan is dit duidelik dat Jesus 'n bewustelike, persoonlike poging moes maak om regverdig te wees; God het hom nie gedwing om dit te doen nie want dan sou hy bloot 'n marionet wees. Jesus het ons werklik lief gehad, en het vir die rede sy lewe op die kruis gegee. Die gedurige klem op die liefde wat Christus vir ons gehad het sou nie eg wees as God him forseer het om aan die kruis te sterf nie (Efesiërs 5:2,25 ; Openbaring 1:5 ; Galasiërs 2:20). As Jesus God was, sou hy geen keuse gehad het as om volmaak te wees en dan aan die kruis te sterf nie. Dat Jesus wel hierdie keuses gehad het, maak dat ons sy liefde kan waardeer en 'n persoonlike verhouding met hom kan hê. Dit was omdat Christus gewillig was om sy lewe uit vrye wil te gee, dat God so 'n behae in hom gehad het. "Daarom het die Vader my lief, omdat Ek my lewe aflê . . . Niemand neem dit van my af nie maar Ek lê dit uit Myself af" (Johannes 10:17,18). Dit is moeilik om te verstaan hoe God soveel behae in Christus se vrywillige gehoorsaamheid kon hê as Jesus God was, en gelewe het in menslike vorm as een of ander simbool van die sondige mens (Mattheüs. 3:17; 12:18; 17:5). Hierdie gedeeltes wat God se behae in Sy Seun se gehoorsaamheid beskryf , is genoeg bewys dat Christus die moontlikheid gehad het om ongehoorsaam te wees, maar bewustelik gekies het om gehoorsaam te wees. Christus moes ook gered word. Weens sy menslike natuur, het Jesus, net soos ons, siekte, moegheid, ens. ervaar. Dit volg dus dat as hy nie aan die kruis gesterf het nie, hy in elk geval sou moes sterf (van ouderdom bv.). In die lig hiervan, moes Jesus deur God van die dood gered word. Omdat Jesus so intens bewus was hiervan, het hy "gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hom (God) geoffer, wat Hom uit die dood kon red" (Hebreërs 5:7). Die feit dat Jesus by God moes pleit om hom van die dood te red, skakel die moontlikheid dat hy God in persoon was, heeltemal uit. Na Christus se opstanding, kon hy "nie meer sterf nie en het die dood nie oor hom geheers nie" (Romeine 6:9), wat impliseer dat dit tevore wel die geval was. Baie van die Psalms is profeties van Jesus. In hulle is daar heelwat gevalle waar Christus se behoefte aan redding, deur God, beklemtoon word :-
|