Bybele Beginsels
Studie 11: 'n Lewe in Christus
Inleiding | Heiligheid | Die gebruik van geweld | Die politiek | Węreldse plesier | Bybelstudie | Gebed | Verkondiging | Kerklewe | Die breek van brood - Nagmaal. | Die Huwelik | Gemeenskap | Vrae

11.2.3 Węreldse plesier

Omdat die węreld nie 'n ware verhouding met God het nie, en dus geen realistiese hoop vir die toekoms nie, het hy talle vorms van plesier-najaag bedink. Die wat streef daarna om die vlees te behaag, moet vermy word deur die wat probeer om 'n geestelike gesindheid te ontwikkel. "Die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees" (Galasiërs 5:17). As gevolg van hierdie fundamentele opposisie, is dit onmoontlik om te sę dat ons regmatiglik kan toegee aan die vlees, terwyl ons aanspraak maak daarop dat ons die Gees volg.

Die węreld strewe na "die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe" (1 Johannes 2:16).

"Weet julle nie dat die vriendskap van die węreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die węreld wil wees, word 'n vyand van God" (Jakobus 4:4). As ons węreldse vriende het, na węreldse films kyk, ens., dan is ons " 'n vriend van die węreld". Die begeertes van die węreld sal gou verby gaan, en die wat vriendskap met die węreld in hierdie lewe gehad het, sal met dit vergaan (1 Johannes 2:15-17). "Die węreld (met ander woorde die samelewing) van goddelose mense" sal vernietig word met die tweede koms (2 Petrus 2:5), omdat "die hele węreld in die mag van die Bose lę" (1 Johannes 5:19). As ons hierdie vernietiging wil vermy, moet ons "nie van die węreld wees nie" (Johannes 17:16 vergelyk Openbaring 18:4).

Baie dinge wat die węreld doen om die vlees te behaag is skadelik vir liggaamlike gesondheid: rook, dwelmmisbruik en drankmisbruik is voorbeelde hiervan. Ons fisiese gesondheid, ons geld, inderdaad alles wat ons besit, behoort eintlik aan God. Ons het dus nie die vryheid om hierdie dinge te gebruik net soos ons wil nie, maar het eerder 'n groot verantwoordelikheid teenoor dit wat God vir ons gegee het. Ons gaan gevra word om verantwoording te doen oor hoe ons hulle gebruik het, wanneer ons voor die regterstoel verskyn (Lukas 19:12-26). Gewoontes soos rook en alkoholmisbruik is sleg vir ons gesondheid en finansies.

" Ek vermaan julle dan, word my navolgers. Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer. . . Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort" (1 Korinthiërs 3:16,17; 6:19,20).

Misbruik van die liggaam, soos byvoorbeeld die rookgewoonte, is dus 'n ernstige saak. Dit word egter besef dat gewoontes soos hierdie wat voor bekering bestaan het, nie onmiddellik gebreek kan word nie. Wat verwag word is 'n erkenning van die feit dat die gewoonte sleg is, en dat 'n realistiese poging gemaak word om dit te stop.

Die stremming van die lewe moet al hoe meer oorkom word deur toevlug tot die Woord van God en gebed, eerder as om ons te wend na dinge soos rook, drank of dwelms.


  Back
Home
Next