Bybele Beginsels
Studie 10: Die Doop
Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop | Hoe Moet Ons Gedoop Word ? | Die Betekenis Van Die Doop. | Die Doop En Saligheid | Inset (Her-Doop, Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop, Die Dief Aan Die Kruis, 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens) | Vrae

10.3 Die Betekenis Van Die Doop.

Een van die redes vir die doop deur middel van onderdompeling, is dat dit ons begrawing simboliseer - dit hou verband met die dood van Christus en wys ons is "dood" m.b.t. ons vorige lewe van sonde en onkunde.

Deur uit die water op te kom word ons verbind aan die opstanding van Christus en die opstanding wanneer Christus terug kom, asook 'n nuwe lewe wat volg na die doop. Geestelik triomfeer ons oor die sonde, deur Christus wat vir ons gesterf en opgestaan het. "Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormingheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur die aan sy opstanding" (Romeine 6:3-5).

Omdat die saligheid alleenlik moontlik gemaak is deur Christus se dood en opstanding, is dit lewensbelangrik dat ons onsself daarmee assosieer as ons gered wil word. Die simboliese dood en opstanding in Christus, wat die doop bied, is die enigste manier om dit te bewerkstellig. Aandag moet gevestig word daarop dat ons nie in hierdie doel gaan slaag met besprinkeling nie. Met die doop word die ou mens gekruisig (ons ou manier vn lewe), saam met Christus aan die kruis (Romeine 6:6); God het ons lewend gemaak saam met Christus (Efesiërs 2:5). Maar steeds het ons 'n sondige natuur na die doop, en daarom sal die vleeslike manier van lewe altyd na vore kom. Die "kruisiging" van die vlees is dus 'n proses wat aanhou, en slegs begin by die doop. Derhalwe het Jesus vir die wat glo gesê om elke dag sy kruis op te neem en Hom te volg, soos dit was in die optog na Golgota (Lukas 9:23 ; 14:27).

Alhoewel 'n lewe van ware kruisiging met Christus nie maklik is nie, is daar 'n wonderlike vertroosting en blydskap deur ons verbintenis met Christus se opstanding. Chistus het vrede gebring "..deur die bloed van sy kruis .." (Kolossense 1:20), "..die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan..." (Filippense 4:7). Met dit in gedagte, het Jesus belowe: "Vrede laat Ek julle na, my vrede gee Ek julle: nie soos die wêreld (vrede) gee (nie), gee Ek aan julle" (Johannes 14:27). Hierdie vrede en ware geestelike geluk balanseer die pyn en moeilikhede van openlike assosiasie met die gekruisigde Christus: "want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus" (2 Korinthiërs 1:5).

Daar is ook vryheid in die wete dat ons natuurlike self regtig dood is, en daarom leef Jesus aktief in ons deur elke beproewing. Die apostel Paulus kon uit sy lang lewe vol ondervinding getuig: "Ek is met Christus gekruisig en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God" (Galasiërs 2:20)

"Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red,...deur die opstanding van Jesus Christus" (1 Petrus 3:21). Omdat ons assosiasie met Christus se opstanding in die ewige lewe ons toegang gee tot dieselfde, by sy wederkoms. Dit is in hierdie opstanding waarin ons gered sal word. Jesus het dit baie eenvoudig gestel: "Omdat Ek lewe en julle sal lewe" (Johannes 14:19). Paulus sê ook: "Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is" (Romeine 5:10). Keer op keer word dit beklemtoon dat, deur met Christus se dood geassosieer te word deur middel van die doop, en ons daaropvolgende lewenswyse, ons sal deel in die glorie van die opstanding.


  Back
Home
Next