Bybele Beginsels
Study 9: Die Oorwinning Van Jesus
Die Oorwinning Van Jesus | Die Bloed Van Jesus | 'N Offerande Vir Ons En Homself | Jesus As Ons Verteenwoordiger | Jesus En Die Wet Van Moses | Die Sabbat | Inset (Die Kruis, Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?) | Vrae

9.3 'N Offerande Vir Ons En Homself

Die Joodse hoë priester moes 'n offerande maak - eerstens vir sy eie sondes en daarna vir die sondes van die volk (Hebreërs 5:1-3). Jesus se offerande het dieselfde tweedledige doel gehad. Alhoewel Jesus self geen sondes gehad het nie, het hy nogtans 'n menslike natuur gehad, en moes hy van die dood gered word. Hierdie redding was deur God voorsien op grond van Jesus se eie offerande. Jesus het dus gesterf, beide om sy eie redding te bewerkstellig, en ook om ons redding moontlik te maak.

Vele skrifgedeeltes verwys hierna. Die volgende is 'n lys verse wat bewys dat Christus se offer vir sy eie ontwil, en ook ons ontwil was. Die lys is veel langer as wat nodig is om die punt te bewys, maar dit is baie belangrik om Jesus se menslikheid reg te verstaan : Die Hoëpriester moes " net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer …... So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer" (Hebreërs 5:3,5).

" wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het " (Hebreërs 7:27).

" Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, " (Hebreërs 13:20).

Dit moet in ag geneem word dat al die verwysings na die stort van bloed deur diere offerandes op een of ander manier verband hou met Christus se offer.

Die altaar, 'n simbool van Christus, was een keer 'n jaar versoen deur bloed (Eksodus 30:10) - dit wys hoe Jesus homself deur sy eie offer afgesonder het. Inderdaad, die hele tabernakel het Christus verteenwoordig en moes deur bloed gereinig word (Hebreërs 9:22). Die fisiese meubels in die tabernakel het geen sonde gedoen nie, maar het reiniging nodig gehad vanweë hulle assosiasie met sonde. So is dit ook met Jesus.

Die Hoëpriester self moes sy bediening begin deur met bloed besprinkel te word en so het Jesus ook sy eie offer nodig gehad ten einde sy bediening in die hemel vir ons te begin (Levitikus 8:23). Dat Jesus vir homself versoening moes bring beteken nie dat hy persoonlik gesondig het nie. Om 'n persoonlike sonde offer te bring het nie altyd impliseer dat die persoon wat die offer bring gesondig het nie (in Levitikus 12 byvoorbeeld moes 'n vrou na geboorte 'n sondeoffer bring).