Bybele Beginsels

Inleiding

Dit is die doel van Bybel Beginsels om die boodskap van die Bybel sistimaties te analiseer . Die boek is so geskryf dat dit heeltemal deurgelees kan word, of as 'n korrespondensie kursus gebruik kan word. Vrae aan die einde van elke hoofstuk kan beantwoord word en aan die adres hieronder vermeld gestuur word. Enige ander vrae of kommentaar wat die leser mag hê kan ook aan die adres hieronder gerig word.

As ons die ware boodskap van die Evanglie verstaan, sal dit alle aspekte van ons lewens raak en mense dwars oor die wêreld lei om God te verheerlik soos dit Sy bedoeling was. Elkeen wat die waarheid vind ontdek 'n pêrel van groot waarde en sal soos Jeremia van ouds voel wanneer hy sê: "Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!" Om hierdie seëning te bekom moet ons seker maak dat ons tot God bid vir Sy hulp voor ons elkeen van hierdie studies aanpak. "En nou, …. dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle 'n erfdeel te gee onder al die geheiligdes" (Handelinge 20:32).DH

U kan U antwoorde aan die adres in die vierkant hieronder stuur. Sou daar geen adres verskyn nie stuur dan U antwoorde aan : Posbus 10238, Aston Manor, 1630

  Back
Home
Next