Bybele Beginsels
Studie 8: Die Natuur Van Jesus
Die Natuur Van Jesus: Inleiding | Verskille Tussen God En Jesus | Jesus Se Natuur | Die Menslikheid Van Jesus | Die Verwantskap Van God Met Jesus | Inset ("Wat In Die Gestalte Van God Was") | Vrae

8.4 Die Menslikheid Van Jesus

Die Bybel gee vir ons talle voorbeelde van hoe Jesus algehele menslike natuur gehad het. Ons lees dat hy moeg was en by 'n fontein moes gaan sit om water te drink (Johannes 4:6). "Jesus het geween" met Lasarus se dood (Johannes 11:35). Maar die grootste bewys van sy menslikheid vind ons in sy laaste ure van lyding : "Nou is my siel ontsteld", het hy erken, terwyl hy vir God gebid het dat hy nie hierdie dood aan die kruis hoef deur te maak nie (Johannes 12:27). In MattheŁs. 26:39 het hy gebid en gesÍ: "My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by my verbygaan; nogtans nie soos ek wil nie, maar soos U wil." Dit is 'n aanduiding dat Christus se "wil", of begeertes, in sommige maniere verskil het van die van God.

Sy hele lewe deur het Christus sy wil aan die van God onderwerp, ter voorbereiding vir hierdie finale toets aan die kruis: "Ek kan uit myself niks doen nie. Soos ek hoor, oordeel ek; en my oordeel is regverdig, omdat ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat my gestuur het" (Johannes 5:30). Hierdie verskil tussen Christus se wil en die van God is bewys genoeg dat Jesus nie God was nie.

Dit word van ons verwag om ons hele lewe lank te groei in ons kennis van God, terwyl ons leer deur ons lewenservaringe en beproewinge. Hierin was Jesus ons groot voorbeeld. Hy het nie sy kennis van God met een slag op een of ander tower manier gekry nie, net so min soos dit met ons kan gebeur. Van kinds af het hy "toegeneem in wysheid en grootte (dit is geestelike volwassenheid, sien EfesiŽrs 4:13), en in genade by God en die mense" (Lukas 2:52). "En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid" (Lukas 2:40).

Hierdie twee verse wys dat Christus se fisiese groei parallel met sy geestelike ontwikkeling was; die groei proses het beide natuurlik en geestelik in hom plaasgevind. As die Seun God is, soos die Athanasiaanse Formulier verklaar, sou dit nie moontlik wees nie. Selfs teen die einde van sy lewe het Christus erken dat hy nie presies weet wanneer sy tweede koms sal plaasvind nie, alhoewel die Vader wel weet (Markus 13:32).

Gehoorsaamheid aan God se wil is iets wat ons almal moet leer oor 'n periode van tyd. Christus moes hierdie proses, waarin hy gehoosaamheid aan sy Vader geleer het, ook deurmaak, net soos enige seun dit moet doen. "Al was hy die seun, het hy gehoorsaamheid (dit is gehoorsaamheid aan God) geleer uit wat hy gely het; en nadat hy volmaak is (dit is geestelik volwasse gemaak is), . . . het hy 'n bewerker van ewige saligheid geword" as gevolg van sy voltooide en algehele geestelike groei (HebreŽrs 5:8,9). Filippense 2:7,8 (wat ons verder behandel in Inset 27) praat van hierdie selfde proses van geestelike groei in Jesus, wat 'n hoogtepunt bereik met sy dood aan die kruis. Hy "het homself ontledig deur die gestalte (gedrag) van 'n dienskneg aan te neem . . . het homself verneder deur gehoorsaam te word . . . tot die dood van die kruis."

Die taal wat hier gebruik word illustreer hoe Jesus bewustelik vorentoe gebeur het in sy geestelike ontwikkeling. Hy het homself meer en meer onderdanig gemaak, totdat hy uiteindelik gehoorsaam geword het aan God se wens dat hy aan die kruis moes sterf. Hy het dus volmaak geword deur sy lyding op die korrekte manier te hanteer.

Hiervan is dit duidelik dat Jesus 'n bewustelike, persoonlike poging moes maak om regverdig te wees; God het hom nie gedwing om dit te doen nie want dan sou hy bloot 'n marionet wees. Jesus het ons werklik lief gehad, en het vir die rede sy lewe op die kruis gegee. Die gedurige klem op die liefde wat Christus vir ons gehad het sou nie eg wees as God him forseer het om aan die kruis te sterf nie (EfesiŽrs 5:2,25 ; Openbaring 1:5 ; GalasiŽrs 2:20). As Jesus God was, sou hy geen keuse gehad het as om volmaak te wees en dan aan die kruis te sterf nie. Dat Jesus wel hierdie keuses gehad het, maak dat ons sy liefde kan waardeer en 'n persoonlike verhouding met hom kan hÍ.

Dit was omdat Christus gewillig was om sy lewe uit vrye wil te gee, dat God so 'n behae in hom gehad het. "Daarom het die Vader my lief, omdat Ek my lewe aflÍ . . . Niemand neem dit van my af nie maar Ek lÍ dit uit Myself af" (Johannes 10:17,18). Dit is moeilik om te verstaan hoe God soveel behae in Christus se vrywillige gehoorsaamheid kon hÍ as Jesus God was, en gelewe het in menslike vorm as een of ander simbool van die sondige mens (MattheŁs. 3:17; 12:18; 17:5). Hierdie gedeeltes wat God se behae in Sy Seun se gehoorsaamheid beskryf , is genoeg bewys dat Christus die moontlikheid gehad het om ongehoorsaam te wees, maar bewustelik gekies het om gehoorsaam te wees.

Christus moes ook gered word.

Weens sy menslike natuur, het Jesus, net soos ons, siekte, moegheid, ens. ervaar. Dit volg dus dat as hy nie aan die kruis gesterf het nie, hy in elk geval sou moes sterf (van ouderdom bv.). In die lig hiervan, moes Jesus deur God van die dood gered word.

Omdat Jesus so intens bewus was hiervan, het hy "gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hom (God) geoffer, wat Hom uit die dood kon red" (HebreŽrs 5:7). Die feit dat Jesus by God moes pleit om hom van die dood te red, skakel die moontlikheid dat hy God in persoon was, heeltemal uit. Na Christus se opstanding, kon hy "nie meer sterf nie en het die dood nie oor hom geheers nie" (Romeine 6:9), wat impliseer dat dit tevore wel die geval was.

Baie van die Psalms is profeties van Jesus. In hulle is daar heelwat gevalle waar Christus se behoefte aan redding, deur God, beklemtoon word :-

  • Psalm 91:11,12 word aangehaal in MattheŁs. 4:6. Vers 16 van hierdie Psalm voorspel hoe God vir Jesus saligheid sal gee: "Met lengte van dae (dit is die ewige lewe) sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien."

  • Psalm 69:22 verwys na Christus se kruisiging (MattheŁs. 27:34); die hele Psalm beskryf Christus se gedagtes aan die kruis "Verlos my, O God . . . kom nader na my siel, verlos dit . . . laat u hulp, O God, my beskerm" (verse 2,19,30).

  • Psalm 89 vertel van God se beloftes aan Dawid wat betrekking het op Jesus. Aangaande Jesus, voorspel Psalm 89:27 "Hy is dit wat My (God) sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil (redding)." Christus se gebede aan God om hom te red, is verhoor; God het hom gehoor as gevolg van sy persoonlike geestelikheid, nie oor sy plek in 'n "drie-eenheid" nie (HebreŽrs 5:7). Dat God vir Jesus uit die dood laat opstaan het, en hom verheerlik het met onsterflikheid, is 'n belangrike tema in die Nuwe Testament :-

  • "God . . . het Jesus opgewek . . . Hom het God as leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog" (Handelinge 5:30,31).

  • "God . . . het sy kind Jesus verheerlik . . . God het hom uit die dode opgewek" (Handelinge 3:13,15).

  • "Hierdie Jesus het God opgewek" (Handelinge 2:24,32,33).

  • Jesus self was bewus van al hierdie dinge toe hy vir God gevra het om hom te verheerlik (Johannes 17:5 vergelyk 13:32; 8:54).

  • As Jesus God Homself was, dan sou al hierdie klem onnodig wees, siende dat God nie kan sterf nie. Dit sou nie nodig wees vir Jesus om gered te word as hy God was nie. Dat dit God was wat vir Jesus verhewe het, is bewys van God se gesag oor hom, en die feit dat God en Jesus nie gelykes is nie. Daar is geen manier wat Christus "ewige God" is, soos so baie kerke leer nie. Ons stel dit aan die leser dat die bewyse oorweldigend is dat Christus ons menslike natuur gehad het.


  Back
Home
Next