Bybele Beginsels
Studie 8: Die Natuur Van Jesus
Die Natuur Van Jesus: Inleiding | Verskille Tussen God En Jesus | Jesus Se Natuur | Die Menslikheid Van Jesus | Die Verwantskap Van God Met Jesus | Inset ("Wat In Die Gestalte Van God Was") | Vrae

8.1 Die Natuur Van Jesus: Inleiding

Dit moet een van die grootste tragedies in Christen denke wees dat die Here Jesus Christus nie die respek en verheerliking wat hom toekom, as gevolg van sy oorwinning oor die sonde, ontvang het nie. Die algemene leerstelling van die "drie-enigheid" stel dit dat Jesus God is. Aangesien God nie kan versoek word nie (Jakobus 1:13) en daar geen moontlikheid is dat Hy ooit kan sondig nie, beteken dit dat Christus nie regtig teen die sonde moes veg nie. Sy lewe op aarde was dus 'n skyn - hy het menswees ervaar, maar sonder die ware gevoel vir die geestelike en fisiese dilemma van die mensdom, siende dat hy nie persoonlik daardeur geraak is nie.

Met die ander uiterste, kan groepe soos die Mormone en die Jehovah Getuies nie die wonder van Christus, as die eniggebore Seun van God, behoorlik waardeer nie. As sulks kon hy nie 'n engel of die natuurlike Seun van Josef wees nie. Party mense sê dat Christus in sy leeftyd die natuur van Adam voor die sondeval gehad het. Behalwe dat daar geen Bybelse bewys vir hierdie siening is nie, is daar geen waardering vir die feit dat Adam deur God van stof geskape is, terwyl Jesus "geskape" is deurdat God hom in Maria se baarmoeder verwek het.

Alhoewel Jesus nie 'n menslike vader gehad het nie, is hy gebore en was hy net soos ons in alle ander opsigte. Baie mense kan nie aanvaar dat 'n man van ons sondige natuur 'n volmaakte karakter gehad het nie. Dit is hierdie feit wat 'n struikelblok vir 'n ware geloof in Christus is. Om te glo dat Jesus van ons natuur was, maar sondeloos in karakter, en dat hy altyd sy versoekinge oorwin het, is nie maklik nie. Dit vat baie nadenke oor die Evangelie vertellings van sy volmaakte lewe, en die vele Skrifgedeeltes wat ontken dat hy God was, om 'n goeie begrip en 'n sterk geloof in die ware Christus te ontwikkel. Dit is veel makliker om te glo dat hy God en dus outomaties volmaak was. Hierdie siening ontneem Jesus egter die grootheid van sy oorwinning teen die sonde en die menslike natuur.

Hy het 'n menslike natuur gehad; hy het in al ons sondige neigings gedeel (Hebreërs 4:15), tog het hy hulle oorwin deur sy totale verbintenis tot God se weë.

Hy het God aanhoudend gevra vir hulp om die sonde te oorwin, en dit het God graag gegee, in so 'n mate dat "God in Christus die wêreld met Homself versoen het" deur sy eie Seun (2 Korinthiërs. 5:19).


  Back
Home
Next