Bybele Beginsels
Studie 2: Die Gees Van God.
Die Gees Van God : Definisie | Inspirasie | Gawes Van Die Heilige Gees | Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees. | Die Bybel Die Enigste Gesag. | Inset (Is Die Heilige Gees 'N Persoon?, Die Beginsel Van Verpersoonliking., Calvinisme, "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38)., Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).) | Vrae

Inset 8: Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).

Hierdie vers laat mense die stelling maak dat enige ware gelowige die wonderbaarlike gawes moet ontvang. Dit bewys egter te veel – " En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word" (Markus 16:17,18). Hierdie is nie beloftes van dinge wat dalk teoreties sal gebeur as 'n gelowige genoeg geloof het nie; hierdie was sekere beloftes wat definitief deur gelowiges gedoen sou word. Indien wonderwerke van hierdie omvang nie duidelik gedoen word nie, kan die belofte van hierdie vers nie op ons vandag van toepassing wees nie.

Ons sien byvoorbeeld dat Paulus in Handelinge 28:3-7 deur 'n giftige slang gepik word sonder om enige iets oor te kom, as bevestiging dat sy prediking van God is. Tussen al die charismatiese Christene wat aanspraak gemaak het op die gawes van die Heilige Gees oor die afgelope 100 jaar, was daar geen realistiese bewys van sulke wonderbaarlike kragte wat teenwoordig was nie. Dit laat ons met die gevolgtrekking wat ons reeds vroeër gemaak het van wat die Bybel leer oor die Heilige Gees. Hierdie wonderbaarlike gawes is deur die vroeë Christene in die eerste eeu besit, maar het ophou bestaan nadat die Nuwe Testament voltooi was.

Die finale vers in Markus 16 gee die indruk dat die wonderwerke, wat die wat geglo het "gevolg" het, ten doel gehad het om die woord wat hulle verkondig het te bevestig: "En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, . . . Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen" (Markus 16:17,20). Later, toe hierdie gesproke woord volledig neergeskryf is, soos ons dit nou in die Nuwe Testament het, was daar nie meer die nodigheid vir wonderwerke om die wat glo te volg nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat daar 'n onderskeid tussen die vrug van die Gees en die gawes van die Heilige Gees is. Die vrug van die Gees is "liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing" (Galasiërs 5:22) - almal karaktereienskappe van 'n mens wat deur jou optrede en gedrag gewys word.

Die gawes van die Heilige Gees is "'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale " (1 Korinthiërs 12:8-10) - almal bevoegdhede wat 'n mens in staat stel om sekere aksies uit te voer.

1 Korinthiërs 13:1-4 maak dit duidelik dat as 'n mens die GAWES het, maar nie die vrug van die liefde nie, dit niks sal baat nie. Daar is dus 'n verskil tussen die gawes en die vrug van die Heilige Gees. Verder wys verse 8 en 9 dat die gawes sou vergaan maar die liefde ('n vrug) nooit nie. Die vraag is nou: "wanneer sou die gawes vergaan ?"

Die gawes van die Heilige Gees is vir 'n spesifieke doel gegee en is "teruggetrek" toe díe doel bereik was. Die doel was om:

(a) die geldigheid van die Apostels te bewys,

(b) die kerk te vestig op die ware boodskap en wyse van aanbidding (Efesiërs 4:11-14),

(c) die ware gelowiges 'n voorsmakie te gee van die Heilige Gees van God wat ten volle in die komende Koninkryk op aarde (na Jesus se wederkoms) uitgestort sal word. " Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak het en die HEILIGE GEES DEELAGTIG GEWORD HET, en die goeie woord van God gesmaak het en DIE KRAGTE VAN DIE TOEKOMSTIGE WÊRELD ………" (Hebreërs 6:4,5)

Met die voltooiing van die Nuwe Testament is hierdie doel bereik, en het die gawes geleidelik verdwyn soos wat diegene wat dit besit het (en dit nie kon oordra nie), en die Apostels ( wat alleenlik dit met handoplegging kon oordra), gesterf het.

Die Heilige Gees werk vandag op 'n meer indirekte metode as 'n krag in mense, nl. deur die Woord van God - die Bybel. In God se woord is die Gees (krag) opgesluit wat mense die ewige lewe kan gee, as hulle toelaat dat dit op hulle denke inwerk en hulle lewens verander. (Romeine 1:12 ; Johannes 6:63; 1 Timotheüs 3:16). Let op dat ons nie ontken dat God nog deur Sy krag wonderwerke doen nie. Hy kan en sal, as ons Hom vra en dit Sy wil is. Dus kan mense nog wonderbaarlik genees word deur gebed.

Mense wat egter aanspraak maak daarop dat hulle die gawes besit soos die Apostels dit besit het verstaan die Bybel verkeerd in hierdie verband. Gewoonlik word daar ook klem gelê op hulle vermoëns om in tale te praat en die genesings wat gedoen word. Hierdie genesings is of

1. moontlik gemaak deur positiewe denke, "mind over matter", of

2. onder twyfelagtige omstandighede gedoen.

Verder was die gawes in die Apostels se tyd onbeperk en is dooies opgewek en mense bv. genees selfs al was hulle net in Petrus se skaduwee. Ons sien nie vandag sulke resultate by mense wat aanspraak maak op die besit van die gawes nie. Hoekom nie?

Omdat die Bybel leer dat die gawes sou ophou bestaan nadat die doel waarvoor hulle gegee was, bereik is. Ons moet twee dinge hier teen mekaar opweeg - die ware en korrekte interpretasie van die Woord, teenoor die ervaringe van mense wat die Woord verkeerd verstaan en daarvolgens "oortuig" is dat hulle sekere dinge kan doen. Dit is egter hier waar 'n mens nie versigtig genoeg kan wees nie, aangesien die mens se verbeelding besonder kragtig (soms gevaarlik so) kan wees.

Die profeet Joël praat van die Heilige Gees se uitstorting as die vroeë en laat reëns. Die vroeë reëns was met Christus se eerste koms. Die laat reëns (uitstorting van die Heilige Gees) is wanneer Christus weer kom. Tussen die vroeë en laat reëns is daar ‘n droogte periode. (Joël 2:23, vergelyk Petrus se interpretasie daarvan in Handelinge 2:16-19).

Die Woord is volledig genoeg om ons te help in alle situasies en te oortuig van die Evangelie (2 Timotheüs 3:16,17). God soek mense wat Hom op grond van Sy Woord - nie op grond van tekens nie - glo (Mattheüs 12:39 ; Lukas 16:31). Verder is God en Sy almag ( Sy Gees = Sy krag) altyd daar om ons op wonderbaarlike maniere te red en te help na gelang van wat omstandighede vereis. Dit word egter nie nou meer aan spesifieke individue gegee nie.


   Back
Home
Back