Bybele Beginsels
Studie 2: Die Gees Van God.
Die Gees Van God : Definisie | Inspirasie | Gawes Van Die Heilige Gees | Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees. | Die Bybel Die Enigste Gesag. | Inset (Is Die Heilige Gees 'N Persoon?, Die Beginsel Van Verpersoonliking., Calvinisme, "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38)., Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).) | Vrae

Inset 4: Is Die Heilige Gees 'N Persoon?

Studie 2.1 en 2.2 het genoeg bewys gegee dat God se gees na Sy krag, wat Sy denke openbaar (in die breŽ sin van die woord), verwys. Sommige sÍ egter dat God se gees ook 'n persoon en deel van 'n drie-enige God is. Dit is egter nie die geval nie. Elektrisiteit is 'n onsigbare krag wat resultate kan lewer vir die persoon wat dit beheer en aanwend, maar dit is nie 'n persoon nie. Liefde is deel van 'n persoon se karakter, maar dit is nie die persoon self nie. God se gees sluit Sy liefde, as deel van Sy karakter in, en verwys ook na Sy krag, maar dit verwys nooit na 'n persoon wat afsonderlik van God is nie.

Daar is goeie rede om te glo dat die "drie-enigheid" fundamenteel 'n heidense idee was wat die Christendom binnegedring het Ė derhalwe verskyn die woord "drie-enig" nooit eers in die Bybel nie. Met die aanvaarding van die idee dat God drie-enig is, word Christene dan gedwing om 'n eienaardige gevolgtrekking te bereik dat God se gees / krag op een of ander manier 'n persoon is, wat ook God is.

Wanneer hulle gekonfronteer word met die onlogiese posisie van hul leerstelling, is die gewone ontsnappings-roete die verklaring dat God 'n verborgenheid is, en dat ons sulke "onverstaanbare" dinge in geloof moet aanvaar sonder om 'n logiese verduideliking te vereis.

Hierdie argument ignoreer die verwysings in die Nuwe Testament wat wys dat die verborgenheid van God geopenbaar is deur die Woord en die werk van Christus:

  • "Want ek wil nie hÍ, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie,Ö" (Romeine 11:25).

  • "Ö..die prediking van Jesus Christus, Ö.die openbaring van die verborgenheid Ö..," (Romeine 16:25).

  • "Kyk, ek deel (verduidelik) julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word," (1 KorinthiŽrs 15:51).

  • ". . . deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het" (EfesiŽrs 1:9 ; 3:3).

  • Paulus het gepreek om die " Ö. verborgenheid van die evangelie bekend te maak,Ö.." (EfesiŽrs 6:19 ; Kolossense 4:3).

  • " naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid" (Kolossense 1:26,27).

Met al die bogenoemde beklemtoning dat daar nou geen meer verborgenheid verbonde aan fundamentele leerstellings is nie, kan net 'n persoon wat dit nie wil sien nie, nog daarop aandring. Sulke vae redenasies is natuurlik te wagte van diegene wat hulle insig van God op subjektiewe dinge soos menslike ervaringe, of op die ongeÔdentifiseerde aktiwiteit van 'n eksterne geestelike krag wat op hulle denke inwerk, baseer. As daar van ons verwag word om waarlik nederig te wees ten opsigte van die leringe van God se Woord, volg dit dat daar ook van ons verwag word om basiese kragte van redenasie en afleiding te gebruik ten einde die boodskap daarvan te ontdek.

Nooit het enige preker van die Evangelie in die Bybel nodig gehad om te sÍ "hierdie is 'n totale raaisel, jy kan nie begin om dit te verstaan nie!". Ons lees eerder dat hulle die mense geleer het deur redenering, en deur logiese gevolgtrekkings uit die Skrif.

Met sy prediking van die Evangelie beginsels soos wat ons in hierdie studies oorweeg, het Paulus " met hulle gespreek uit die Skrifte en dit uitgelÍ en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesÍ: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus" (Handelinge 17:2,3). Hier vind ons sistematiese, logiese Bybel-redenasie uit die boonste rakke, en verder sÍ die woorde voor hierdie vers nog boonop "volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek."

Dit was dus sy gewone styl (sien ook Handelinge 18:19). Gepaardgaande hiermee sien ons dat Paulus tydens 'n groot veldtog in Korinthe " elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig het. En toe Silas en TimůtheŁs van MacedůniŽ afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is. Maar toe hulle aanhou om teŽstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesÍ: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan" (Handelinge 18:4-6).

Die wat bekeer is het deur 'n proses van oortuiging gegaan, die gevolg van Paulus se Bybel-gebaseerde redenasie. Hier was geen visie van "Jesus in my slaapkamer"; of "'n onbeskryflike gevoel het oor my gekom"; of "Ek het die Here een aand ontmoet" nie.

So ook in AntiochiŽ het Paulus en Barnabas mense oortuig deur met hulle te praat oor die woord van God (Handelinge 13:43). Hulle volgende besoek was aan Ikonium waar hulle ook gepreek het "Ö., dat 'n groot menigte gelowig geword het" (Handelinge 14:1). Met sy verhoor 'n ruk later, het dieselfde gesonde logika aangehou om Paulus se sekere hoop vir die toekoms te inspireer: "maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel,Ö..";.

Dit was met sulke indringende helderheid dat selfs sy siniese, traak-my-nie-agtige regter "gebewe" het (Handelinge 24:25). Omdat ons bekering op so 'n proses van redenasie gebaseer moet wees, behoort ons in staat te wees om 'n logiese Bybelse weergawe van ons hoop en leerstellings te kan gee. "Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;" (1 Petrus 3:15).

Om net van 'n mens se eie, persoonlike ervarings te praat, is nie om 'n rede van die hoop van die Evangelie te gee nie. Die volgehoue afhanklikheid op "persoonlike getuienis" as 'n metode van prediking deur baie "evangeliese" Christene beklemtoon die leemte aan 'n "beredenerende antwoord" van hulle "hoop".

In die lig van al hierdie dinge behoort dit duidelik te wees dat dit onlogies is om te glo dat die gees van God 'n persoonlike wese is. Om dit te probeer omseil agter die idee dat dit 'n "raaisel" is en dat logika nie ter sprake is nie, strook ook nie met die Bybel nie. As ons nie logiese gevolgtrekkings uit die Skrif kan maak nie dan is alle Bybelstudie nutteloos. Daar is dan nie 'n nodigheid vir 'n Bybel nie en dit kan dan gesien word as 'n stuk fasinerende literatuur of goeie filosofie. Dit is al wat dit blyk te wees in baie Christene se boekrakke.

Ons moet egter tot die krediet van sommige wat glo dat Heilige Gees 'n persoon is, sÍ dat hulle wel probeer om Bybelse redes te gee. Die verse wat hulle gewoonlik aanhaal praat van God se gees asof dit 'n persoon is, bv. "die trooster" in Johannes 14-16, of verse wat sÍ dat die gees "gegrief" word. Ons wys in Studie 4.3 dat 'n mens se "gees" opstandig kan word (Handelinge 17:16), bly gemaak kan word (Lukas 10:21) of onrustig kan wees (Genesis 41:8).

Die mens se "gees", met ander woorde sy wese, sy denke of doelwitte, wat aanleiding gee tot sy aksies, word van gepraat asof dit 'n aparte persoon is, maar dit is natuurlik nie letterlik so nie. So kan daar ook na God se gees op dieselfde manier verwys word. Dit moet ook in ag geneem word dat die Bybel gereeld die konsep van verpersoonliking gebruik wanneer dit na sekere abstrakte dinge verwys. So bv. word daar na wysheid as 'n vrou verwys in Spreuke 9:1. Sien Inset 5, "Die beginsel van verpersoonliking" vir meer besonderhede in die verband.


   Back
Home
Next