Bybele Beginsels
Studie 2: Die Gees Van God.
Die Gees Van God : Definisie | Inspirasie | Gawes Van Die Heilige Gees | Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees. | Die Bybel Die Enigste Gesag. | Inset (Is Die Heilige Gees 'N Persoon?, Die Beginsel Van Verpersoonliking., Calvinisme, "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38)., Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).) | Vrae

2.5 Die Bybel Die Enigste Gesag.

Ons het sover in hierdie studie gesien dat God se gees verwys na Sy denke, Sy doel en die krag waardeur Hy dit tot uitvoer bring. Ons het beklemtoon dat hierdie gees uitdruklik aan ons openbaar word in die bladsye van God se Woord, die Bybel. Die menigte probleme van die Christendom van vandag is hoofsaaklik as gevolg van die feit dat hierdie beginsel nie waardeer word nie. Omdat dit moeilik is om te glo dat soveel krag in een boek, waarvan sommige dele nog moeilik is om te verstaan, opgesluit is, bestaan die versoeking om te glo dat daar 'n ander vorm van God se openbaring, behalwe die Bybel, moet wees.

As gevolg van ons fundamentele sondige menslike natuur (Jeremia 17:9), vind ons die heilige waarheid van God se Woord (Johannes 17:17) moeilik om te sluk, en gevolglik gee baie dan in tot die versoeking om aanspraak te maak op ander vorme van openbaringe, wat meer aantreklik vir die denke van die vlees (mens) is. Hier volg 'n paar voorbeelde:-

GODS-DIENS

Ander vorm van openbaring waarop aanspraak gemaak word

Menslike gewin / Aantreklikheid daarvan

Jehova Getuies

Publikasies van die "Watchtower Society" wat as geïnspireer aanvaar word

Geen persoonlike moeite nodig om die korrekte interpretasie van die Bybel te ondersoek nie. 'n Antwoord vir alles word deur die "owerhede" gegee.

Rooms Katolieke

Die aankondigings van die Pous, en opinies van Priesters, word geglo as outomaties die ware weerspieëling van God se denke te wees.

Geen nodigheid vir persoonlike Bybelstudie of die lees daarvan nie. In die verlede het die Katolieke kerk dit ontmoedig en selfs verbied. Die mens word vertrou, eerder as om die belangrike kwessies rakende die ewige lewe self te verifieer.

Mormone

Die boek van Mormoon

Neem die nodigheid daarvan om in die leerstellings van die Bybel, wat moeilik is om te aanvaar, te glo, uit die weg. Die boek van die Mormone bied 'n universieële redding aan, terwyl die Bybel leer dat daar 'n menigte mense is wat leef en sterf sonder hoop omdat hulle nooit tot 'n kennis van die Evangelie gekom het nie.

Charis-matiese Christene

'n "Innerlike lig" wat hulle beweer die Heilige Gees is.

Hulle glo wat ook al hulle voel is reg, omdat hulle glo dat God se gees hulle lei en inspireer op 'n wyse wat losstaan van die Bybel.

Dit alles onderstreep die noodsaaklikheid van 'n fundamentele aanvaarding van die Bybel as God se Woord, en om dan die inhoud daarvan te ondersoek ten einde die ware boodskap te glo. Die vraag "Een Bybel – 'n menigte kerke – hoekom?" word grootliks beantwoord wanneer dit besef word dat elke kerk tot 'n sekere mate 'n ander vorm van openbaring van God se gees (met ander woorde Sy wil, leerstellings, denke) bykomstig tot die Bybel aanvaar het. As U begerig is om die een ware kerk, die een ware geloof en die een ware doop (Efesiërs 4:4-6) te vind, moet die oproep helder en duidelik tot U kom – "Terug Bybel Toe!"


   Back
Home
Next