Bybele Beginsels
Studie 2: Die Gees Van God.
Die Gees Van God : Definisie | Inspirasie | Gawes Van Die Heilige Gees | Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees. | Die Bybel Die Enigste Gesag. | Inset (Is Die Heilige Gees 'N Persoon?, Die Beginsel Van Verpersoonliking., Calvinisme, "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38)., Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).) | Vrae

2.4 Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees.

Die wonderbaarlike gawes van God se gees sal weer deur gelowiges gebruik word om hierdie huidige wÍreld te verander na God se Koninkryk, wanneer Jesus weer kom. Die gawes word derhalwe die "kragte van die toekomstige wÍreld" genoem (HebreŽrs 6:4,5); en JoŽl 2:26-29 beskryf 'n groot uitstorting van die gawes na die berou van Israel. Die blote feit dat hierdie gawes aan gelowiges gegee sal word met Jesus se wederkoms, is bewys genoeg dat hulle nie nou besit word nie.

Daar is duidelike Bybel profesieŽ dat die gawes wat in die eerste eeu in besit was, op 'n sekere tyd, voor Jesus se koms, onttrek sou word : "Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieŽ--hulle sal tot niet gaan; of tale--hulle sal ophou; of kennis--dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan" (1 KorinthiŽrs 13:8-10).

Die gawes van die eerste eeu sou onttrek word wanneer "dit wat volmaak is" gekom het. Hierdie kan nie na die koms van Christus verwys nie aangesien die gawes op daardie tydstip weer uitgestort gaan word. Die Griekse woord vir "volmaak" beteken "dit wat vol of kompleet of volwasse is"; dit beteken nie noodwendig om sondeloos te wees nie.

Die volmaakte ding in 1 KorinthiŽrs 13 sou die gedeeltelike kennis wat die vroeŽ Christene gehad het (as gevolg van die gawe van profesieŽ), vervang. Onthou dat profesieŽ die gawe was om die geÔnspireerde woorde van God te spreek; dit is juis hierdie woorde wat neergeskryf was, wat nou die Bybel uitmaak. In die eerste eeu sou die gemiddelde gelowige slegs 'n klein gedeelte van die Nuwe Testament, soos ons dit vandag het, geken het. Hy sou sommige woorde van profesie oor verskeie praktiese kwessies van die ouderlinge gehoor het; hy sou in breŽ trekke van die lewe van Jesus geweet het; hy kon welliswaar miskien een of twee van die briewe van Paulus wat voorgelees was, gehoor het.

Toe die geskrewe woord van die profesieŽ egter voltooi en gesirkuleer was, was daar nie meer 'n nodigheid vir die gawe van profesie nie. Dit wat volledig was en dus die bediening in terme van die gawes van die gees vervang het, was dus die voltooide Nuwe Testament: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus" (1 TimotheŁs 3:16,17).

Dit wat "volkome" en "volmaak" is, is "die hele Skrif"; toe die hele Skrif geÔnspireer en geskryf was, het dit wat volmaak is gekom en was die gawes onttrek. EfesiŽrs 4:8-14 pas nou mooi in plek om die legkaart te voltooi:-

"Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy Ö.. gawes aan die mense gegee Ö.. tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieŽry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring." .

Die gawes van die eerste eeu was gegee totdat die perfekte (of volkome) man bereik is, en 2 TimotheŁs 3:16,17 sÍ "die man van God is volkome" deur die leiding van die "hele Skrif". Kolossense 1:28 leer ook dat "volmaaktheid" bereik word in reaksie tot God se Woord. Wanneer die hele Skriftuur beskikbaar is, is daar geen verskoning meer om verward te wees oor die menigte verskillende leerstellinge wat deur die verskillende kerke geleer word nie.

Daar is net een Bybel en siende dat "U woord die waarheid is" (Johannes 17:17), kan ons deur dit te bestudeer die "eenheid van die geloof", die een geloof waarvan EfesiŽrs 4:13 praat, vind. Ware gelowiges het dus die besit van daardie een geloof bereik; in die sin is hulle "volkome" as gevolg van dit wat "volmaak" is Ė die geskrewe voltooide Woord van God.

Terloops, let op hoe EfesiŽrs 4:14 die bediening met behulp van die gawes van die gees, vergelyk word met die van kind wees; en dat die gawes, in konteks van profesie, weggeneem sou word. 1 KorinthiŽrs 13:11 sÍ dieselfde. Om dus so 'n bohaai te maak oor die besit van die gawes is dus nie 'n teken van geestelike volwassenheid nie. Die vordering wat elke leser van hierdie woorde nou moet maak is na 'n dieper waardering van die geskrewe Woord van God, en om verheug te wees in die volmaaktheid van God se basiese openbaring van Homself aan ons deur die Woord, en dan in nederige gehoorsaamheid daarop te reageer.

HEDENDAAGSE AANSPRAKE VAN GAWE-BESIT.

Laastens 'n aantal ander punte aangaande die herhaaldelike aansprake van diegene wat dink dat hulle nou die gawes van die Heilige Gees besit:-

  • Huidige "praat in tale" neig om dieselfde kort lettergrepe oor en oor te herhaal bv. "lala, lala, lala, shama, shama, Jesus, Jesus, . . .". Sintakties het dit geen verbintenis met enige taal nie. Wanneer iemand in 'n vreemde taal praat kan mens gewoonlik uitmaak dat hulle iets kommunikeer as gevolg van die patroon van die woorde wat hulle gebruik, al kan jy nie daardie woorde verstaan nie. Hedendaagse "praat in tale" het egter nie hierdie kenmerk nie, en dit onderstreep weereens dat dit geestelik nie opbou nie - iets wat juis die doel van die gawes in die eerste eeu was.

  • Sommige beweer dat die "praat in tale" 'n teken is dat hulle "gered" is, en dat dit dus elke ware "bekering" sal vergesel. Hierdie aanspraak lei tot ernstige probleme waar die vroeŽ kerke as 'n liggaam beskryf word en waar diegene wat verskillende gawes besit het, aan verskillende dele van die liggaam gelyk gestel word. Nie elkeen was 'n arm of 'n been nie en as sodanig het nie elkeen een spesifieke gawe besit nie.

1 KorinthiŽrs 12:17, 27-30 maak dit duidelik :-"As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?. . . Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regerings, allerhande tale. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlÍ? ;"

Dieselfde punt word ook vroeŽr in die hoofstuk gemaak:- "Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweŽ dieselfde Gees; aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus" (1 KorinthiŽrs 12:8-12).

Sulke beklemtoning kan nie net eenvoudig geÔgnoreer word nie.

Nog 'n probleem vir die "Pentecostals" is dat Filippus baie mense in Samaria tot bekering gebring het Ė met ander woorde, hulle was gedoop in water nadat hulle die Evangelie verstaan het, maar hulle het nie die gawes van die Heilige Gees ontvang nie. Petrus en Johannes moes later na hulle toe gaan:

" ÖÖ Hulle het hul toe die hande opgelÍ, en hulle het die Heilige Gees ontvang. En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied" ( Handelinge 8:4-18).

Dit is duidelik dat die oordrag van die gawes van die Heilige Gees net deur middel van handoplegging geskied het Ė iets wat nie met hedendaagse aanspraakmakers beoefen word nie. Ander charismatiese kerke sÍ weer dat die gawe van tale nie 'n bewys is dat 'n mens gered is nie.

Dit beklemtoon die feit dat daar groot doktrinale verskille is tussen diegene wat aanspraak maak daarop dat hulle die gawes van die Heilige Gees besit. So kry ons dat sommige glo dat God se Koninkryk op aarde gaan wees, terwyl ander glo hulle gaan hemel toe. Katolieke "charismate" beweer dat die Heilige Gees hulle leer om Maria en die Pous te aanbid, terwyl sommige Pinkster charismate sÍ dat hulle besit van die gawes hulle leer om die Pous as anti-Chris te verklaar en die Katolieke se leerstellings te verdoem.

Jesus het egter sonder enige twyfel verklaar dat die Trooster (die Heilige Gees), diegene wat dit besit het " in die hele waarheid (sou) lei; Ö.. En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Ö. Die Trooster Ö. Sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat ek vir julle gesÍ het" (Johannes 16:13, 23; 14:26.) Daar kan dus nie enige verdeeldheid ten opsigte van fundamentele leerstellings wees onder die wat die "Trooster" besit nie Ė die feit dat daar wel is, wys dat die wat daarop aanspraak maak eenvoudig nie ernstig opgeneem kan word nie.

Die kenmerkende onbevoegdheid van sommige van die aanspraakmakers om hulle geloof met die Bybel te boekstaaf, toon verder dat hulle nie in alle waarheid tot 'n volkome kennis deur die "Trooster" gelei is nie.

  • Die groot belangrikheid wat sommige aan die praat in tale gee, is onskriftuurlik. Die lys van geestelike gawes in EfesiŽrs 4:11 noem dit nie eers nie, en dit verskyn heel onder aan 'n soortgelyke lys in 1 KorinthiŽrs 12:28-30. Inteendeel, daar word net drie keer in die Nuwe Testament verwys na die gebruik van die gawe, naamlik Handelinge 2:4 ; 10:46; 19:6.

Dit is egter redelik om 'n verduideliking te verwag oor die verskynsel van gedeeltelike genesings en "tale" (in die sin van brabbel taal). Dit word algemeen erken dat die mens net 'n breukdeel van sy breinkrag Ė so laag as 1% volgens sekere studies, gebruik.

Dit word ook erken dat die mens se denke 'n amper "fisiese" beheer oor die liggaam kan hÍ. So kry ons byvoorbeeld dat mense, deur hulself psigies voor te berei, glo dat vuur hulle nie kan brand nie; Hindus loop kaalvoet oor vurige kole sonder om te brand. In tye van stimuli is dit vir ons moontlik om 'n groter persentasie van ons breinkrag as gewoonlik te gebruik en dus fisiese effekte met of op ons liggame te bereik wat buite ons normale ervaringe lÍ. So byvoorbeeld vind ons dat in die opwinding van die stryd, 'n soldaat heel onbewus kan wees dat sy hand deur 'n bom afgeskiet is, selfs tot etlike ure nadat dit gebeur het.

In toestande van vurige godsdienstige "geloof"; die stimulasie van sekere musiek, en die invloed van 'n charismatiese leier, is dit heel moontlik dat dinge buite die grense van normale menslike ervaringe kan plaasvind. Die "wonderwerke" wat deur "Christene" van vandag beweer word, val in dieselfde kategorie van die abnormale as die ervaringe van ander godsdienste. So byvoorbeeld ervaar "voodoo" aanbidders dieselfde verskynsel van "brabbel" taal en kan hulle ook getuig van "wonderwerke", soortgelyk aan die wat die Christendom op aanspraak maak.

Tog was die hele doel van die gawes van die gees in die eerste eeu om die ooglopende gesag van die ware Christendom oor alle ander godsdienste uit te wys. Die feit dat die "wonderwerke" van die hedendaagse Christendom soortgelyk aan die van ander gelowe is, bewys dat die gawes van die Heilige Gees van die eerste eeu nie vandag in besit is nie.

Baie beduidende informasie met betrekking tot hierdie onderwerp word in William Campbell se "Pentecostalism" (The Churches of Christ, 1967) weergegee. Hy wys dat baie heidense gelowe hierdie kenmerk van "praat in tale" het. So byvoorbeeld openbaar die priesters in Kawaii hul sogenaamde god, Oro, se wil met onherkenbare klanke wat dan deur ander priesters geÔnterpreteer word. Presies dieselfde gebeur in charismatiese byeenkomste.


   Back
Home
Next