Bybele Beginsels
Studie 2: Die Gees Van God.
Die Gees Van God : Definisie | Inspirasie | Gawes Van Die Heilige Gees | Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees. | Die Bybel Die Enigste Gesag. | Inset (Is Die Heilige Gees 'N Persoon?, Die Beginsel Van Verpersoonliking., Calvinisme, "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38)., Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).) | Vrae

2.3 Gawes Van Die Heilige Gees

God het met verskillende tye in Sy werke met die mens die gebruik van Sy krag (Heilige Gees) aan sekere mense gedelegeer. Dit was egter nooit in die vorm van 'n "blanko tjek" nie. Hulle kon dus nie net doen wat hulle wou nie. Die gebruik van die Heilige Gees was altyd vir 'n spesifieke doel.

Wanneer die doel dan bereik was, is die gawe van die Heilige Gees teruggetrek. Ons moet onthou dat God se gees handel op 'n wyse wat die doel wat Hy in gedagte het, sal bevorder. Baie "Christene" maak vandag daarop aanspraak dat hulle die gawes van die Heilige Gees besit. As hulle egter gevra word oor die doel van hierdie sogenaamde besit van die gawes, is hulle dikwels onseker. God het egter nog altyd Sy gees gegee om 'n spesifieke doel te bereik. Diegene wat dus die Heilige Gees se gawes ontvang het, het presies geweet wat die doel daarmee was, en het dus ten volle sukses gehad met die gebruik daarvan. In teenstelling hiermee vind ons dat baie van die sogenaamde wonderbaarlike genesing in vandag se tyd beperkend van aard is.

Die volgende voorbeelde dui almal op spesifieke redes en oogmerke vir die uitstorting van die Heilige Gees. In geeneen van hierdie gevalle was daar enige subjektiewe element ter sprake nie; en ook kon die besitters van die gawes nie die gawes na wille keur aanwend nie. Omdat ons hier met God se gees te doen het, is dit ondenkbaar dat die mens die gebruik daarvan kon beheer.

  • In Israel se vroeŽ geskiedenis was hulle beveel om 'n tabernakel te bou waarin die altaar en ander heilige items gehou was. Spesifieke instruksies ten opsigte van die items wat gemaak moes word, was gegee. Om hierdie oogmerk te bereik het God Sy gees aan sekere mense gegee. Hulle was, "met die gees van wysheid vervul dat hulle vir Aaron klere kon maak . . ." (Exodus 28:3).

  • Een van hierdie mans, BesŠleŽl, was "vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk . . ." (Exodus 31:3-5).

  • Numeri 11:14-17 teken aan hoe van die gees (krag) wat aan Moses gedelegeer was, van hom geneem is en aan die oudstes van Israel gegee is. Die spesifieke doel hiervoor was om hulle in staat te stel om oor die griewe van die Israeliete te oordeel, sodat daar minder druk op Moses sou wees. Kort voor sy dood is die gees van Moses oorgeplaas na Josua sodat hy ook God se volk behoorlik kon lei (Deuteronomium 34:9).

  • Vandat die Israeliete die beloofde land in-gegaan het, tot en met hul eerste koning, is hulle deur rigters regeer. Gedurende hierdie periode was hulle dikwels deur hulle vyande onderdruk. Die boek Rigters teken aan hoe die gees van God oor hierdie rigters uitgestort is om Israel wonderbaarlik van hulle vyande te red Ė Otniel (Rigters 3:10) ; Gideon (Rigters 6:34); en Jefta (Rigters 11:29) is voorbeelde hiervan.

  • 'n Ander rigter, Simson, het die gees ontvang ten einde 'n leeu dood te maak (Rigters 14:5,6) en om 30 mans dood te maak (Rigters 14:19). Hierdie "gees" was dus nie aaneenlopend deur Simson besit nie. Hy het dit ontvang op spesifieke tye om spesifieke doelwitte te bereik.

  • Wanneer God 'n spesiale boodskap vir Sy volk gehad het, het die gees iemand geÔnspireer om God se woord te spreek. As die boodskap klaar was, was die gawe om direk namens God te praat teruggetrek, en die persoon se woorde was dan weer sy eie.

Hier volg een van baie voorbeelde . . .

  • "Toe het die Gees van God SagarŪa, die seun van die priester Jůjada, vervul, en diť het voor die volk gaan staan en aan hulle gesÍ: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die HERE en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle verlaat" (2 Kronieke 24:20) Sien ook 2 Kronieke 15:1,2 en Lukas 4:18,19 vir verdere voorbeelde.

Uit die bogenoemde behoort dit duidelik te wees dat die gawe van die gebruik van God se gees om 'n spesifieke doel te bereik nie

  • 'n waarborg vir verlossing was nie

  • vir 'n persoon se hele lewe teenwoordig gebly het nie

  • 'n "magiese" krag binne hulle was nie

  • iets was wat deur 'n "ekstatiese" ondervinding verkry is nie.

Daar bestaan die gevaar dat baie mense na 'n dramatiese emosionele ervaring, wat met godsdiens verband hou, 'n ommeswaai maak en dat dit hulle met 'n vreemde innerlike gevoel van vernuwing laat. Hulle verwar dit dan egter na aanleiding van sekere skrifture (wat verkeerd geÔnterpreteer word), met die ontvang van die Heilige Gees. Hul kerkleiers beaam hierdie gevolgtrekkings en hou dit dan voor as bewys om ander te oortuig om die Heilige Gees te ontvang. Die oorsaak van hierdie gebeure is gegrond op die gebrek aan Bybelse insig wat die persoon gehad het voor sy sogenaamde "ommeswaai" en "ontvangs van die Heilige Gees". Ons moet op ons hoede wees vir die gevaar van ons eie misleidende gevoelens (Jeremia 17:9), en ons voete stewig op die rots van die Bybel se leringe hou.

REDES VIR DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES IN DIE EERSTE EEU.

Met dit in gedagte wat ons alreeds geleer het oor die gawes van die gees, kyk ons nou na die gawes wat in die Nuwe Testament aan die vroeŽ kerk (die groepe gelowiges wat na Jesus se hemelvaart geleef het), gegee is. Christus se laaste opdrag was dat die dissipels moes heengaan en die Evangelie deur die hele wÍreld verkondig. Dit het hulle ook dan gedoen en die tema van Christus se dood en opstanding was die kern van hul boodskap.

Daar was egter nie toe 'n Nuwe Testament soos ons dit vandag ken nie. Hulle boodskap kon ietwat eienaardig klink as hulle vertel het van 'n skrynwerker wat in Israel gebly het, sondeloos gesterf het en toe opgewek was, presies in ooreenstemming met profesieŽ in die Ou Testament. Verder het hulle verkondig dat hierdie man (Jesus) verwag dat mense gedoop moet word en Sy voorbeeld volg. In daardie dae was daar ook ander mense wat volgelinge wou werf. Daar moes 'n manier wees om aan die wÍreld te bewys dat die boodskap wat deur die Christene verkondig is van God self was, eerder as die filosofie van 'n groep vissermanne uit Noord Israel.

Vandag wend ons ons na die Nuwe Testament om te bewys dat ons boodskap van God is. In die eerste eeu het God egter toegelaat dat die wat die woord verkondig het Sy Heilige Gees kon gebruik om die waarheid van hul boodskap te bevestig. Dit was die spesifieke rede vir die gebruik van die gawes in die eerste eeu. Die afwesigheid van die Nuwe Testament sou dit ook moeilik gemaak het vir die nuwe gelowiges om in hul geloof te groei.

Die verskeie aantal praktiese probleme wat tussen hulle ontstaan het, sou geen duidelike oplossing gehad het nie. Dit is dus vir hierdie redes dat die gawes van die Heilige Gees beskikbaar gestel is ten einde leiding te gee aan die eerste eeu se gelowiges, totdat die Nuwe Testament geskryf en versprei was.

Soos altyd is die redes vir die uitstorting van die Heilige Gees baie duidelik uitgespel: "Toe Hy (Jesus) opgevaar het in die hoogte (hemel toe), het HyÖ. gawes aan die mense gegee . . . om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van ChristusÖ" (EfesiŽrs 4:8,12).So het Paulus aan die gelowiges in Rome geskryf ". . . want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel (oordra in Nuwe Vertaling), sodat julle versterk kan word;" (Romeine 1:11).

Oor die gebruik van die gawes om die verkondiging van die Evangelie te bevestig, lees ons die volgende:

" Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, (1 Thessalonicense 1:5) vergelyk met

"dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle," (I KorinthiŽrs 1:5,6).

Paulus kon praat van " dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en (wonderbaarlike) daad, deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by IllŪrikum;" (Romeine 15:18,19).

Wat betref die verkondigers van die Evangelie, lees ons: "terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedťlinge (gawes in die Nuwe Vertaling) van die Heilige Gees volgens sy wil" (HebreŽrs 2:4).

'n Evangelie verkondigings veldtog in Ciprus is gesteun deur wonderwerke en "toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo" (Handelinge 13:12). Die wonderwerke het hom (die goewerneur) dus oortuig om die leerstellinge wat verkondig is te respekteer. So ook by Ikonium het " die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het (deur te) beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind" (Handelinge 14:3). Dit alles word opgesom deur die kommentaar oor die apostels se gehoorsaamheid aan die bevel om te verkondig: "Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het." (Markus 16:20).

SPESIFIEKE DINGE OP SPESIFIEKE TYE

Die gawes was dus gegee om spesifieke dinge op spesifieke tye uit te voer. Die idee dat die besit van 'n gawe van die Heilige Gees 'n permanente ervaring in 'n persoon se lewe is, is dus foutief. Die apostels, insluitend Petrus, was "gevul met die Heilige Gees" op Pinksterdag, kort na Jesus se hemelvaart (Handelinge 2:4).

Hulle was derhalwe in staat om in vreemde tale te praat ten einde die verkondiging van die Christen Evangelie op 'n skouspelagtige manier te begin. Toe die owerhede hulle wou keer, is Petrus "gevul met die Heilige Gees" en kon hy hulle oortuigend antwoord (Handelinge 4:8). Na hul vrylating uit die gevangenis was hulle in staat gestel, deur die gawes, om voort te gaan met hulle verkondiging ", en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek" (Handelinge 4:31).

Let op dat dit nie sÍ dat hulle alreeds gevul was met die Heilige Gees, en toe hierdie dinge gedoen het nie. Hulle was deur die gees gevul om sekere dinge te doen, maar moes weer "gevul" word om die volgende doelwit van God te bereik. So was Paulus ook gevul met die Heilige Gees ten tye van sy doop, maar moes jare later weer "gevul word met die Heilige Gees" om 'n slegte man met blindheid te straf (Handelinge 9:17; 13:9). Wanneer Paulus van die wonderbaarlike gawes praat, skryf hy dat die vroeŽ gelowiges hulle besit het "volgens die mate van die gawe van Christus" (EfesiŽrs 4:7).

Die Griekse woord vir "mate" beteken "'n beperkte gedeelte of graad" (Strongs konkordansie). Net Jesus het die gawes sonder beperking gehad Ė m.a.w. met die totale vryheid om dit te kon gebruik soos hy wou (Johannes 3:34). Ons sal nou die gawes van die gees wat die meeste "in besit" was tydens die eerste eeu, van nader bekyk.

DIE EERSTE EEUSE GAWES VAN DIE GEES

Profesie.

Die Griekse woord vir "profeet" beteken iemand wat God se woord spreek. Met ander woorde 'n persoon wat geÔnspireer is om God se woord te spreek. Dit het soms die voorspelling van toekomstige gebeure behels (sien 2 Petrus 1:19-21). So dan het "profete" (die met die gawe van profesie) van Jerusalem na AntiochŪŽ gegaan. " En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wÍreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius. En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoŽ iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judťa woon " (Handelinge 11:27-29).

Hierdie soort spesifieke profesie, wat 'n duidelike vervulling binne 'n paar jaar gehad het, is merkbaar ontbrekend by diegene wat vandag beweer dat hulle die gawe van profesie besit. Inteendeel, die vroeŽ gelowiges was so seker dat hierdie gawe regtig deur hulle in besit was, dat hulle van hulle tyd en geld gegee het om die moeilike tye wat voorspel was, te help verlig. Min sulke voorbeelde kan in vandag se sogenaamde "gees gevulde" kerke gevind word.

Genesing.

Aangesien die apostels die goeie nuus (Evangelie) van God se komende Koninkryk verkondig het, is dit gepas dat hulle hul boodskap met wonderwerke sou bevestig. Sodoende het hulle 'n voorsmakie gegee van die tye wat nog gaan kom wanneer "Ö. die oŽ van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit sal word. Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis" (Jesaja 35:5,6).

Sien Studie 6 vir meer detail oor die Koninkryk van God. Wanneer God se Koninkryk op aarde gevestig gaan word, sal beloftes soos in Jesaja hierbo genoem, nie net gedeeltelik vervul word nie en sal daar ook nie onduidelikheid bestaan of God se Koninkryk wel gekom het of nie.

Net so was God se wonderbaarlike bevestiging van die boodskap van die komende Koninkryk op 'n definitiewe wyse, wat nie weerspreek kon word nie Ė derhalwe was die wondertekens van genesing deur die eerste eeu se gelowiges in die teenwoordigheid van baie mense gedoen. 'n Goeie voorbeeld is waar Petrus die verlamde bedelaar, wat elke more by die tempel se hekke neergelÍ is, genees. Handelinge 3:2 noem dat hy elke dag daar neergelÍ was. Hy moes dus 'n bekende gesig gewees het.

Nadat Petrus hom genees het deur die gebruik van die gawe, "Ö. gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys. En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys. En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het. En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s'n genoem word" (Handelinge 3:7-11). Petrus het daarna onmiddellik met 'n toespraak oor die wederopstanding van Christus begin.

Ons kan seker wees dat hulle, met die onbetwisbare bewyse van die gesonde bedelaar voor hulle, Petrus se woorde as van God af aanvaar het. Die hek van die tempel moes tydens die gebedsuur (Handelinge 3:1) vol mense gewees het. Dit was in so 'n besige plek dat God besluit het om die verkondiging van Sy woord deur so 'n duidelike wonderwerk te bevestig. Net so lees ons in Handelinge 5:12 dat " deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind."

Die aansprake wat gewoonlik deur "charismatiese" genesers gemaak word, het gewoonlik betrekking op dinge wat binne kerke gebeur en dan nog tussen 'n gehoor van "gelowiges" wat opgesweep word om in 'n gees van ekstase 'n "wonderwerk" te verwag, eerder as tussen die moeilik oortuigbare publiek.

Die ortodokse Jode van die eerste eeu wou nie glo dat die Christene God se gawes van die Heilige Gees besit het nie. Maar selfs hulle moes dit erken:

" En die owerpriesters en die FariseŽrs het die Raad byeengeroep en gesÍ: Wat sal ons doen? --want hierdie man doen baie tekens" (Johannes 11:47).

en

"Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie. En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oŽ stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van 'n engel was" (Handelinge 4:16).

Net so was diegene wat die apostels in tale hoor praat het, verstom (Handelinge 2:6). Dieselfde is nie vandag die geval met betrekking tot die "gebabbel" wat in die charismatiese kerke aangaan nie. Hulle verwag egter dat die wÍreld die volgende "bewyse" moet aanvaar:

  • Genesing (uiteindelik) van maagswere. Die proses van genesing is veronderstel om na 'n gebeds-byeenkoms te begin.

  • Misvormde ledemate wat reguit gemaak word.

  • Gesig en gehoor probleme wat verbeter, maar dikwels weer versleg.

  • Depressie wat genees word.

Tog is publisiteit vir sulke byeenkomste dikwels: "Kom en verwag 'n wonderwerk!". Sielkundig word 'n atmosfeer geskep vir allerhande outo-suggestie en so meer. NÍrens in die Nuwe Testament is daar die geringste aanduiding dat so 'n grootskaalse psigologiese "sagmaak" proses nodig was voor 'n wonderwerk gebeur het nie. Verder nog word mense se psige "bestook" deur herhaaldelike gebed, ritmiese dromme en opswepende musiek. Daar is geen twyfel daaraan nie dat enige rasionale bewustheid van God deur al hierdie tegnieke tot niet gemaak word.

Dit is duidelik dat van die mense wat in die eerste eeu genees is nie eers geloof gehad het nie Ė een het selfs nie geweet wie Jesus was nie (Johannes 5:13; 9:36). Petrus was, in teenstelling met vandag se sogenaamde "wonderwerke", in staat om die ware gawe van wonderwerke te gebruik om mense wat in die strate gelÍ het, te genees (Handelinge 5:15).

Paulus se gebruik van die wonderbaarlike gawes was persoonlik gesien deur 'n ongelowige regerings-amptenaar (Handelinge 13:12,13), sowel as deur baie heidene wat in Listre gewoon het (Handelinge 14:8-13). Hierdie dinge is alles in die openbaar gedoen, en niemand kon daarvan wegskram met enige ander verklaring as om te erken dat dit God se krag was wat openlik deur Sy diensknegte ge-openbaar is nie.

TALE

Die apostels, waarvan sommige growwe vissermanne was, het die opdrag ontvang om die hele wÍreld in te gaan en die Evangelie te verkondig (Markus 16:15,16). Dit was duidelik dat hulle ongeletterde manne was (Handelinge 4:13). Taal sou dus 'n baie groot probleem gewees het as dit by die verkondiging van die woord aan vreemdelinge gekom het. Om dit te oorkom het God aan hulle die gawe van tale gegee Ė die vermoŽ om in vreemde tale te praat asook om vreemde tale te verstaan.

Daar is 'n groot verskil tussen hierdie praat van vreemde tale, en die siening wat baie "wedergebore" Christene het - dat hulle ekstatiese "brabbel" geluide die praat in tale is. Die Bybel wys duidelik dat die gawe van tale 'n gawe was om vreemde tale van ander persone met 'n ander nasionaliteit te kon verstaan en praat. Met Pinkster, kort na Jesus se hemelvaart, was die apostels gevul met die Heilige Gees en het hulle in ander tale begin praat. Die "menigte het saamgestroom" (weer 'n openbare tentoonstelling van die gawes) en was in die war. "Hulle was almal verbaas en verwonderd en sÍ vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie GalileŽrs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?" (Handelinge 2:4-12).

Dit is onwaarskynlik dat daar so klem gelÍ sou word op die menigte se verbasing as die apostels net "brabbel-taal" gepraat het. Dan sou die menigte hulle eerder gespot het of sarkasties gewees het. 1 KorinthiŽrs 14 is die hoofstuk waarin Paulus die misbruik van die gawes wat in die vroeŽ kerk plaasgevind het, kritiseer. Dit gee vir ons 'n goeie insig oor die gawes van tale en profesieŽ. Ons sal nou poog om kortliks kommentaar daarop te lewer.

Vers 37 is 'n sleutel vers:-

"As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is."

As iemand dus aanspraak maak daarop dat hy die gawes besit moet hy die voorafgaande bevele oor die gebruik van die gawes aanvaar. Die wat dit nie doen nie (soos so baie vandag), verklaar daarmee openlik dat hulle God se Woord minag.

In 1 KorinthiŽrs 14 : 11-17 lees ons:-

"As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees. So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. Daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlÍ. Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van 'n onkundige inneem, amen sÍ op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sÍ nie? Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

Om dus in 'n taal te praat wat vir die wat teenwoordig is, onverstaanbaar is, is sinneloos. Om "brabbeltaal" te gebruik is nie toelaatbaar nie aangesien 'n ware "amen" nie 'n gebed wat uit onverstaanbare taal geuiter word, kan beaam nie. Onthou dat "amen", "dit is so" of "ek stem saam" beteken. Paulus sÍ dat om in 'n taal te praat wat ander nie verstaan nie, die hoorders nie geestelik kan opbou nie.

"Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;" (vers 18).

As gevolg van sy vele reise om die Evangelie te verkondig, het Paulus die gawe van tale meer as enige iemand anders nodig gehad.

" maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in 'n taal" (vers 19).

Die les hier is eenvoudig. EEN kort sinnetjie oor Christus in Afrikaans sal meer bereik as ure se "verkondiging" in 'n onverstaanbare brabbeltaal.

"Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges" (vers 22).

Die gawes van tale was dus hoofsaaklik gebruik om die woord van God na buite te verkondig. Tog vind ons vandag dat die meeste aansprake oor die besit van die gawe van tale, dŪe is wat geskied tussen die "gelowiges", of wanneer hulle alleen is. Daar is egter 'n kenmerkende ontbreking van mense vandag wat in staat is om wonderbaarlik in ander tale te praat om die Evangelie te versprei. In die vroeŽ 1990's was die deure vir verkondiging oopgegooi in Oos Europa. Die sogenaamde "evangeliese" kerke moes egter hul literatuur in Engels versprei as gevolg van die taal probleem. Sekerlik sou hierdie die ideale geleentheid wees om die gawes van tale aan te wend.

"As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sÍ dat julle kranksinnig is nie?" (vers 23).

Dit is presies wat gebeur het. Moslems sowel as heidene het gespot met die aardige optrede van die wat aanspraak maak op die Heilige Gees se gawes gedurende hulle "verkondiging" in Wes Afrika. Selfs 'n nugter denkende Christen wat 'n charismatiese byeenkoms bywoon en na hulle brabbeltaal luister, sal neig om te dink hulle is mal.

"En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlÍ" (vers 27).

Slegs twee of drie mense was nodig om in tale te praat gedurende 'n byeenkoms. Dit is onwaarskynlik dat daar meer as drie verskillende taalgroepe in 'n gehoor sou wees. 'n Diens sou gou samehorigheid verloor as elke sin van 'n spreker meer as twee maal vertolk moes word. As die gawe van tale bv. in 'n kerk in Suid Afrika teenwoordig was en Afrikaanse, Engelse, en Zulu sprekende mense was teenwoordig, sou die volgende gedoen moes word:

Prediker :Goeie naand Eerste taal spreker: Good evening (Engels). Tweede taal spreker : Sajabona (Zulu). Heel natuurlik moet albei na mekaar volg. Verwarring sal ontstaan as albei "tolke" gelyk praat. Dit is egter wat gebeur in vandag se kerke wat aanspraak maak op die gawes van tale. Sodra een persoon in "tale begin praat", word ander gou beÔnvloed om ook te begin en wat dan volg is ver verwyderd van wat in die eerste eeu plaasgevind het.

Gestel nou verder dat in 'n byeenkoms in Suid Afrika, waar daar ook Zulu sprekendes teenwoordig is, praat een Afrikaanse persoon Zulu as gevolg van die gawes van tale. 'n Ander persoon met die gawe van interpretasie moet dan teenwoordig wees om aan die Afrikaans-sprekendes duidelik te maak wat gesÍ word. As die gawe van interpretasie egter nie teenwoordig was nie sou die gawe van tale nie gebruik word nie.

"En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlÍ. Maar as daar geen uitlÍer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek" (1 KorinthiŽrs 14:27,28).

Die feit dat so baie hedendaagse kerke wat aanspraak maak op die gawes van tale, in 'n "taal" praat wat deur niemand verstaan en geÔnterpreteer kan word nie, is sekerlik 'n geval van 'n uit en uit ongehoorsaamheid aan die duidelike opdragte van die Skrif.

" En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges" (vers 32,33).

Die besit van die gawes van die Heilig Gees moet dus nie verbind word met 'n ervaring wat 'n mens buite die grense van normale bewustelikheid neem nie. Die gees was onderworpe aan die beheer van die gebruiker, eerder as 'n krag wat hulle oorneem sodat hulle dan onwillekeurig handel. Dit word dikwels verkeerdelik beweer dat duiwels of "bose geeste" die ongelowiges in besit neem (sien studie 6:3), en dat die Heilige Gees die gelowiges vul.

Die gees (krag) waarna in 1 KorinthiŽrs 14:32 verwys word was egter onderworpe aan die beheer van die besitter daarvan vir 'n spesifieke doel. Die pleidooi dat die besitters van die gawes dit moes gebruik op 'n manier wat pas by God se liefde vir vrede en Sy afkeur van wanorde (Vers 33), blyk op dowe ore te val in so verre dit die charismatiese kerke van vandag betref.

"Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sÍ" (vers 34).

Hier word dit onweerspreekbaar neergelÍ dat vrouens nie hierdie gawes gedurende 'n kerkdiens moet gebruik nie. Die feit dat vroue wat in sogenaamde tale praat en "profeteer" so prominent in sekere kerke vandag is, kan net eenvoudig nie met hierdie vers vereenselwig word nie.

Die belaglike en desperate argument dat Paulus 'n vroue-hater was, word 'n paar verse later verkeerd bewys: "As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is" (vers 37) - nie van Paulus persoonlik nie.

Enige gelowige wat die Bybel as geÔnspireerd aanvaar, moet dus erken dat hierdie bevele van Paulus ernstig opgeneem moet word; om hulle openlik te minag toon net aan dat daar 'n leemte is met betrekking tot 'n geloof in die inspirasie van die volle woord Ė of 'n verklaring dat jy nie die geestelike gawes het nie, aangesien niemand wat die gawes wel het sal ontken dat die bevele van 1 KorinthiŽrs 14 van die Here Jesus is nie. Die logika van hierdie argument is veelseggend.

As 'n voetnota stel hierdie afdeling die volgende: Dit is hoogs beduidend dat dit wetenskaplik bewys is dat die denominasies wat aanspraak maak op die gawes van tale, hoŽr vlakke van depressie toon as diegene van ander denominasies. Kieth Meador, Professor in Sielkunde by die Vanderbilt Universiteit, VSA, het 'n indringende studie gedoen om die verhouding tussen depressie en godsdienstige agtergrond vas te stel. Hy het gevind dat die koers van ernstige depressie tussen charismatiese kerke 5.4 % was teenoor 1.7 % vir die totale groep wat ondersoek was.

Die resultate van sy werk word in 'n verslag in die "Hospital and Community Psychiatry" (Des. 1992) joernaal weergegee. 'n Interessante artikel wat dieselfde gevolgtrekking maak, het in die "International Herald Tribune" (Feb 11, 1993) verskyn. Die titel spreek boekdele: nl : "Pentacostals top charts when it comes to the blues."

Hoekom is dit so? Sekerlik moet dit verband hou met die feit dat die "ervaring" van "gawe besit" waarop aanspraak gemaak word niks meer as 'n pynvolle psigologiese foefie is nie.


   Back
Home
Back