Bybele Beginsels
Studie 1: God
God Se Bestaan | God Se Persoonlikheid | God Se Naam En Karakter | Die Engele | Inset ("God Is Gees" (Johannes 4:24), Die Gebruik Van God Se Naam., God Manifestasie.) | Vrae

Inset 3: God Manifestasie.

Wat volg sal nie maklik wees om tenvolle te begryp wanneer dit vir die eerste keer gelees word nie, maar die belangrikheid van die onderwerp sal besef word namate u studies vorder. Ons sluit dit hier in sodat u 'n beter insig kan hę oor die Bybel se openbaring van God.

God se naam kan gedra word deur enigiemand wat Hy kies om Homself te verteenwoordig (manifesteer), of te openbaar. So kan mense en Engele, so wel as Jesus, God se Naam dra. Hierdie is 'n belangrike beginsel wat so veel van die Bybel vir ons ontsluit. 'n Seun mag sy vader se naam dra; hy kan sekere ooreenkomste met sy vader hę en kan selfs dieselfde voornaam hę- maar hy is nie een en dieselfde persoon as sy vader nie. Net so kan die verteenwoordiger van 'n maatskappy namens die maatskappy praat. Hy kan iemand skakel en sę, "Hallo, Toyota hier"; hy is nie Mnr. Toyota nie, maar hy dra die naam omdat hy namens hulle werk.

ENGELE WAT GOD SE NAAM DRA

Ons lees in Eksodus 23:20,21 dat God vir die mense van Israel gesę het dat 'n Engel hulle sou vooruitgaan; "My Naam is in Hom" het Hy gesę. Die persoonlike naam van God is "Yahweh". Die Engel het dus die naam van "Yahweh" gedra, en kon derhalwe "Yahweh" genoem word ( "die HERE", in hoofletters, soos die woord "Yahweh" in ons Afrikaanse Bybel vertaal word.) Ons word vertel in Eksodus. 33:20 dat geen mens God se aangesig kan sien en bly lewe nie; maar in Eksodus 33:11 lees ons dat "Die HERE (Yahweh) met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek" -m.a.w. op 'n ontspanne, vriendelike manier.

Dit kon nie die HERE, Yahweh, self in persoon gewees het nie, want geen mens kan vir God self sien nie. Dit was 'n Engel wat God se naam gedra het. En so lees ons van die HERE wat met Moses van aangesig tot aangesig gepraat het, toe dit in werklikheid 'n Engel was (Handelinge 7:30-33).Daar is baie ander voorbeelde van waar die woorde "God" en "HERE" na die Engele verwys, en nie na God self nie. Een goeie voorbeeld is Genesis 1:26: "En God het gesę:Laat Ons mense maak na ons beeld. "

MANS MET GOD SE NAAM

Een van die Skrifgedeeltes wat baie help om dit te verstaan is Johannes 10:34-36.Hier het die Jode dieselfde fout gemaak as wat baie Christene vandag maak. Hulle het gedink Jesus sę hy is God self. Maar Jesus het hulle tereggewys deur te sę, "Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesę, julle is gode nie? As dit hulle gode noem…..sę julle vir Hom (Jesus)…….U spreek godslasterlik - omdat Ek gesę het: Ek is die Seun van God?"

Wat Jesus eintlik gesę het, was :"In die Ou Testament word mense "gode" genoem; al wat ek sę is dat ek die Seun van God is; waarom is julle so ontstel?" Jesus het in werklikheid aangehaal uit Psalm 82, waar die leiers van Israel "gode" genoem is.

JESUS EN DIE NAAM VAN GOD

Dit is nie verbasend nie dat Jesus, die Seun van God en Sy hoogste openbaring aan die mens, ook God se Naam dra. Hy kon sę :"Ek het gekom in die Naam van my Vader" (Johannes 5:43). As gevolg van sy gehoorsaamheid, het Jesus opgevaar na die Hemel en het God "Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is", - die naam Yahweh (Fillippense 2:9). Dit is hoekom ons in Openbaring 3:12 lees dat Jesus sę, "Ek sal op Hom (die gelowige) die Naam van my God skrywe…. En my nuwe Naam".

Met die oordeel sal Jesus vir ons God se naam gee: dan sal ons die Naam van God ten volle dra. Hy noem hierdie naam, "My nuwe Naam". Onthou, Jesus het die boek Openbaring gegee 'n aantal jare na sy hemelvaart, en nadat hy God se Naam, soos verduidelik in Fillippense 2:9, ontvang het. Hy kan dus van God se naam praat as "My nuwe Naam"; die naam wat hy toe net ontvang het. Nou kan ons Jesaja 9:5 behoorlik verstaan, waar ons die volgende vertel word van Jesus : "Hy word genoem : Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors….."

Hierdie is 'n voorspelling dat Jesus al God se name sal dra - dat hy die totale manifestasie of openbaring van God aan ons sal wees. Dit is in die lig hiervan dat hy Emmanuel, (wat "God is met ons" beteken) genoem word, ofskoon hy nie persoonlik God was nie.


  Back
Home
Next