Bybele Beginsels
Studie 1: God
God Se Bestaan | God Se Persoonlikheid | God Se Naam En Karakter | Die Engele | Inset ("God Is Gees" (Johannes 4:24), Die Gebruik Van God Se Naam., God Manifestasie.) | Vrae

Inset 2: Die Gebruik Van God Se Naam.

Ons het gesien dat God se Naam en dié van Sy Seun Jesus, 'n baie diep betekenis het.Wanneer ons van "God" praat, raak ons aan elke aspek van Sy wonderlike doel van liefde en waarheid. Om dan God se Naam ydelik te gebruik, as 'n kragwoord of as 'n uiting van ergernis, is dus een van die beledigendste dinge wat 'n mens aan sy Skepper kan doen. Vir hierdie rede sal elkeen wat God wil behaag en eer sorg dat God se Naam nooit ligtelik gebruik word nie.

In so baie gemeenskappe regoor die wêreld is hierdie soort godslastering 'n normale deel van moderne taalgebruik, en om weg te breek van wat dalk 'n ou gewoonte geword het, is nooit maklik nie. As ons vir God opreg vra om ons hiermee te help, sal Hy dit sekerlik doen. Mense binne ons gesag en invloed, (bv. kinders), moet herinner word aan die erns van godslastering: "Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydelik gebruik nie, want die HERE sal die een wat Sy Naam ydelik gebruik nie ongestraf laat bly nie"(Deuteronomium 5:11).

Aan die ander kant is daar die mense wat daarop aandring, dat, tensy ons te alle tye die Hebreeuse woorde Yahweh of Jehovah gebruik(verskillende maniere waarop dieselfde woord uitgepreek kan word), wanneer van God gepraat word, ons ernstig fouteer.

Aan die voorpunt van sulkes is die "Watchtower Society", wat aandring daarop dat 'n Christen homself 'n "Jehovah se Getuie" noem, anders kan hy geen verhouding met God hê nie. Deur dit te doen gebruik hierdie mense God se heilige en wonderbaarlike Naam om te wys dat hulle 'n soort geestelike elite is, en sien hulle neer op ander. Daar is geen spesifieke bevel in die Nuwe Testament oor wat gelowiges hulleself as 'n gemeenskap moet noem nie. Petrus praat van 'n gelowige as 'n "Christen" eerder as 'n "Jehovah - man" of iets dergeliks (1 Petrus 4:16).

Ander name wat die vroeë gemeenskap van Christen gelowiges hulself genoem het, sluit nie die "Jehovah" naam in nie:

  • "Die burgerskap van Israel" (Efesiërs 2:12)

  • "Die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes" (Hebreërs 12:23)

  • "Die gemeente van God " (Handelinge 20:28)

  • "Die gemeente van die lewende God, 'n pilaar en grondslag van die waarheid" (1 Timotheüs 3.:15)

  • "Die huis van God" (1Timotheüs 3:15).

Dit kan terloops genoem word dat die gelowiges hulleself nie "Christene" genoem het nie; dit was 'n neerhalende term wat deur hulle vyande aan hulle gegee is, en wat "Hierdie Christus-mense" beteken.


  Back
Home
Next